• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

As die buffel storm

Arno Janse van Vuuren, Tegniese redakteur

15 May 2024
in Tegniek
Arno Janse van Vuuren
Share on Facebook

Die meeste landbouprodusente is dankbaar dat die ongunstige weerstoestande van die afgelope somerseisoen nou uiteindelik iets van die verlede is. Die El Niño-klimaatsverskynsel was besonder straf en dit het tot uiters min reën, met gepaardgaande hoë temperature, gelei. Heelwat aanplantings het onder hierdie klimaatsdruk geswig en in talle gevalle is die oeste heeltemal vernietig.

Die plaaslike oesverwagting moes gevolglik sterk afwaarts aangepas word en daar bestaan kommer dat voedselsekerheid in die 2024-graanbemarkingsjaar moontlik in gedrang kan kom. Uiteraard het hierdie ongunstige toestande ook ’n betekenisvolle impak op die veebedryf en produsente moet dus baie deeglik beplan om voldoende ruvoer deur die winter vir hulle diere beskikbaar te hê.

Die uitwerking van hierdie ongure weerverskynsel het die hele Suider-Afrika getref. Die Verenigde Nasies is volgens ’n onlangse verslag van mening dat sowat 13 miljoen mense alreeds nie kos op die tafel kan sit nie en dat die situasie as gevolg van die ongunstige weer van die afgelope maande nog verder kan versleg.

Zimbabwe, wat tradisioneel GM- (geneties gemodifiseerde) vrye mielies van Zambië aangekoop het, koop sedert 2020 GM-mielies by Suid-Afrika aan omdat Zambië en selfs ook Malawi weens droogtes nie meer GM-vrye mielies kan lewer nie. Zambië het reeds in Februarie 2024 die droogte as ’n nasionale ramp verklaar.

Sowat 38% van Suid-Afrika se landbou-uitvoere is na Afrika-lande en sowat 28% na Asië. Veral Europa, die Verenigde State van Amerika (VSA) en die Verenigde Koninkryk (VK) maak grootliks die res van die uitvoere uit. Dit is veral baie positief dat plaaslike uitvoere in 2023 met 3% verhoog het teenoor die vorige jaar.

Volgens Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, het die groot verskeidenheid produkte wat uitgevoer is hoofsaaklik weens positiewe prysbewegings en groter volumes hierdie verbetering getoon. Hierdie prestasie is die resultaat van grootskaalse samewerking tussen belanghebbendes, wat hard moes werk om hierdie rekord-handelsurplus moontlik te maak.

Die afgelope seisoen se uitdagende omstandighede het nogal ’n verlammende uitwerking op die landbouer gehad. Die situasie was sodanig dat ’n mens net magteloos kon toekyk hoe die oes week na week verswak en dat daar niks was wat ’n mens aan die situasie kon doen nie.

Toe ek die storie lees van die 13-jarige seun, Joshua Strauss, wat sy ma, Janka, van ’n stormende buffel gered het, het ek dadelik ’n parallel getrek met die ongure weerstoestande wat die afgelope seisoen op ons afgestorm het. Hierdie merkwaardige gebeurtenis het aan die einde van Maart 2024 naby die Krugerwildtuin afgespeel, toe ’n erg beseerde en baie befoeterde buffelbul op Janka afgestorm het.

Die jong held het die buffel met ’n enkele kopskoot enkele meters van sy ma af neergetrek. Dis merkwaardig dat hy onder hierdie omstandighede koel en kalm kon bly – en dit in die oomblik toe ’n omgekrapte buffelbul van 700 kg gestorm het.

Ons sê dikwels dat die landboubedryf talle uitdagings het en ook dat Afrika nie vir sissies is nie. As ’n mens terugsit en reflekteer oor die afgelope aantal maande, is dit normaal om te voel dat die seisoen ons bestorm het en dat ons só dikwels verlam en magteloos kan voel omdat die “buffel” net te groot is.

Ons produsente is egter ook planmakers wat hulle nie laat onderkry nie. Positiewe tendense in die landbou­bedryf, soos die uitvoere wat goed vaar, tonne vleis op Saoedi-Arabië se winkelrakke en die bek-en-klouseer-situasie wat nou besig is om onder beheer te kom, skep weer lig in die tonnel…en ja – dis nie ’n trein nie!

Tags: Mei/Jun 2024
Previous Post

Landbou vandag

Next Post

How to disagree and still stay friends


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In