• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Maklike maniere om geld te spaar

Anche Suurd, Finansiering

17 May 2024
in Nuus
Maklike maniere om geld te spaar
Share on Facebook

Almal weet hulle moet spaar, maar soms is dit moeilik om die kopskuif te maak. Elke persoon het sy eie drome of doelwitte wat hulle wil realiseer en om dit te bewerkstellig, moet daar gespaar word. Die drome en doelwitte moet die motivering agter spaar wees en waar daar ’n wil is, is daar ’n weg.

Inflasie is baie hoog en almal weet dat voedsel­pryse gevolglik ook hoog is. Die koste van ’n mandjie voedsel het vanaf Januarie 2022 tot Januarie 2023 met meer as 7,4% gestyg. Die mandjie bevat
26 voedselprodukte vir ’n huisgesin van vier mense met ’n lae inkomste.

Dan is daar boonop ook uitgawes soos brandstof, klere, medikasie, mediese fondse, skoolgelde, paaiemente en talle ander uitgawes wat ook drasties styg – om nie eens onvoorsiene uitgawes te noem nie. Dit maak dit uiters moeilik om elke maand ’n ekstra geldjie weg te sit. Daar is wel talle eenvoudige maniere om elke maand geld te spaar.

Spandering van inkomste

  • ’n Eenvoudige strategie wat gevolg kan word om te verstaan hoe om jou inkomste te verdeel, is die 50/20/30-reël. Dit is ’n nuttige manier om te begin spaar. In hierdie reël gaan 50% van die inkomste na noodsaaklikhede, 20% na spaar oor die lang termyn en 30% na leefstylkeuses.
  • 50%-noodsaaklikhede: Dit sluit in lewenskoste soos kos, klere, water en elektrisiteit, selfoonrekeninge, brandstof en paaiemente.
  • 20%-besparings oor die lang termyn: Sluit in geld wat gespaar word vir noodgevalle, opvoeding, uittree-annuïteite en ander langtermynbeleggings.
  • 30%-leefstylkeuses: Sluit alles in wat nie ’n daag­likse noodsaaklikheid is nie, soos restaurante, mu­siekoptredes, meubels, huisdekor en vakansies.

Geld van laasgenoemde 30% kan ook gebruik word om ekstra geld te spaar deur leefstylveran­deringe te maak.

Maniere om geld te spaar

Die eerste en heel moontlik die belangrikste stap is om ’n spaarrekening oop te maak. Doen deeglike navorsing oor die verskillende opsies by verskillende banke. Moenie geld in ’n tjekrekening spaar nie – dit word gewoonlik net op onnodighede spandeer.

Begroting: Stel ’n begroting op en probeer daarby hou. Dit is nie altyd maklik nie, maar ander begro­tingspligte kan makliker nagekom word as daar ’n spaarrekening is wat byvoorbeeld onvoorsiene uitgawes kan dek.

Outomatiese oordragte: Om ’n vaste bedrag dadelik outomaties oor te betaal nadat jy jou salaris ontvang het, soos ’n debietorder na ’n spaarrekening, kan baie help om oor ’n tydperk onwetend geld te spaar.

Spaar kleingeld: Spaarbussies is nie meer so doeltreffend soos in die verlede nie, maar deesdae kan kleingeld op ’n ander manier gespaar word. Sommige banke het die opsie om elke aankooptransaksie se waarde af te rond tot die naaste rand en die verskil dan na ’n spaarrekening oor te betaal, net soos sente in ’n spaarbussie gespaar sou word.

Beplan en doen navorsing voor aan­kope: Maak ’n lysie, verkieslik op ’n foon, want lysies op papier raak baie vinniger verlore as op ’n foon! Beplan vooraf wat benodig word en hou by die lys. Hou spesia­le aanbiedings dop vir produkte wat benodig word. Nie alle produkte wat op spesiale aanbieding is, is noodsaaklik nie – daarom is voorafbeplanning belangrik.

Grootmaataankope: Indien moontlik, koop in grootmaat, want die koste per een­heid is laer as vir individuele produkte. Dit is moeilik om in ’n grootmaat-kooproe­tine te kom, maar sodra ’n paar maande verby is, sal dit randsgewys vir seker die moeite werd wees. Dit verhoed ook onno­dige aankope, aangesien aankope minder gereeld gedoen word.

Aanlynaankope: Wees versigtig vir aanlynaankope – dit is dalk geriefliker en aanlokliker, maar dit motiveer ook onno­dige spandering. Hou altyd die afleweringsfooi in gedagte sodat aankope nie duurder uitwerk as op ander plekke nie. Doen dus deeglik navorsing en maak dubbel seker dit is wel goedkoper as by instapwinkels.

Bykomende geld: Indien daar geld aan die einde van die maand oor is, moet dit ook gespaar word en nie onnodiglik gespandeer word nie.

Ten slotte

Spaar waar moontlik so gereeld as moontlik en dink baie mooi voordat geld onnodig gespandeer word. Die woorde van Benjamin Franklin is baie waar: Beware of little expenses; a small leak will sink a great ship.

Bronnelys

  • Neidel C & Ayoola E, 2023. How to save money now (before you really need it). Beskikbaar by: https://www.nerdwallet.com/article/finance/how-to-save-money [22 Februarie 2024]
  • Standard Bank. Beskikbaar by: https://www.standardbank.co.za/southafrica/personal/learn/personal-budgeting-pointers#:~:text=In%20this%20rule%2C%2050%25%20of,and%2030%25%20to%20lifestyle%20choices.&text=Necessities%20include%20your%20monthly%20living,Water%20and%20electricity [23 Februarie 2024]
Tags: Mei/Jun 2024
Previous Post

Maniere om droogtemielies te benut

Next Post

Verblyfreg op landbougrond: ’n Blywende tameletjie


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In