• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Kieters kan rotplae hokslaan

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

22 Jul 2024
in Buitelewe
Kieters kan rotplae hokslaan

Katte wat op ’n plaas gevestig is, kry ’n welverdiende bederf ná goeie jagwerk.

Share on Facebook

Al is jy ‘n dapper muis, staan jy nie ‘n kat se kans teen dié gewillige jagters wat by Lichtenburg Dierewelsyn wag op ‘n nuwe huis nie. Dié organisasie doen weer ‘n beroep op produsente om katte aan te neem ten einde rotgetalle op hulle plase onder bedwang te bring en te hou.

Lichtenburg Dierewelsyn het tans te veel katte om in hulle hokke te huisves. Omdat wilde katte in elk geval nie goed aanpas in geslote ruimtes nie, probeer dié welsynsorganisasie om hulle sover moontlik op plase in die omgewing te vestig.

Die katte word vooraf gesteriliseer en produsente moet bloot gewillig wees om hulle van skuiling, kos en die nodige versorging te voorsien. “Ons het al baie suksesvolle plasings in die verlede gehad en wil produsente weer aanmoedig om van hierdie katte na hul plase te bring,” sê Nicole van Gessellen, ’n vrywilliger by die organisasie.

Cassie Buys, ’n produsent in die Gerdau-omgewing, het rondloperkatte wat by Lichtenburg se landboumuseum geskuil het op sy plaas gevestig. Hy sê bloot die teenwoordigheid van die katte by sy stoor hou rotte en selfs slange weg.

Carien en Philip van den Berg boer in die Ottosdal-omgewing en het ook katte ingeneem wat Lichtenburg Dierewelsyn op verskeie persele gevind het. “Hulle kry elke dag kos en melk en het intussen redelik mak geword. Ons rotprobleem is iets van die verlede. Ons kinders geniet dit ook om die katte op die kameras dop te hou,” vertel hulle.

As jy ’n kat wil inneem, kontak asseblief Lichtenburg Dierewelsyn by 071 313 9248 of 082 856 1451.

Tevrede katte wat die dierewelsyn-terrein vir die oop vlaktes van die plaas verruil het, in ruil vir hul jagtegniek.
Tags: Jul/Aug 2024
Previous Post

Die regte planttyd maak saak

Next Post

Meng herkouervoere tuis met sonneblomsifsels


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In