• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

23 Jul 2024
in Tegniek
Landbou vandag
Share on Facebook

Oorgedraagde grondvog waardevol vir die nuwe seisoen

Die afgelope seisoen was baie droog wat die grondprofiele droog gelaat het aan die einde van die seisoen. Gelukkig was daar redelike na seisoen reënval, in die begin van die winter. Volgens Eric Louw, bestuurder: Presisieboerdery by AgTech@NWK, het dit veroorsaak dat sekere profiele redelike oordragvog vir die volgende seisoen het.

Winteronkruid gaan gretig wees om oordragvog te verkwis en daarom moet die lande baie skoon gehou word. Lande met winteronkruid moet direk ná strooptyd skoongemaak word – dit kan meganies met vlerkskare of chemies beheer word. Indien die lande bewei moet word, moet dit steeds eers direk ná strooptyd met vlerkskare skoongemaak word voordat dit bewei word.

Raad aan veeprodusente vir Augustus

Pieter le Roux, hoof-diere-en-weidingwetenskaplike by NWK, herinner bees- en skaapprodusente dat teelbulle en –ramme reeds in Augustus vir vrugbaarheid en geslagsiektes getoets kan word. Slegs gesonde bulle en ramme moet in die dekseisoen gebruik word.

As dit kom by skape, moet inenting teen bloutong nou dringend gedoen word as die skape nog nie geënt is nie. Bloutong kan met BluVax behandel word. Dit is ’n enkele enting met dooie entstof wat ook vir dragtige ooie veilig is. “Ent ook teen ensoötiese aborsie en Slenkdalkoors, en onthou dat Multimin en vitamien A ook nou reeds toegedien kan word,” noem hy.

’n Belowende La Niña al reeds in plek

Vroeë tekens dui daarop dat die nuwe produksiejaar aan ’n belowende La Niña-fase gekenmerk gaan word wat op ’n baie groot waarskynlikheid vir ’n normaal na natter seisoen dui. Gegewe die oordragvog en met ’n gemiddelde na bogemiddelde reënval is toestande gunstig vir potensiële hoër winsmarges en is die produksierisiko ook laer.

Weens volgehoue hoë vlakke van insetkoste kan produsente nie anders nie as om weer vir ’n bogemiddelde opbrengspotensiaal te beplan. Daar is steeds min grasie vir foute en dus moet die gewasse die beste moontlike kans gegun word om optimaal te produseer. Aspekte wat tot ’n produksierisiko lei, moet haarfyn bestuur word.

Doen die regte bewerkingsaksies en doen dit doeltreffend, maar moenie die grond onnodig aggressief versteur nie. ’n Permanente spoorverkeerstelsel moet sterk oorweeg word. Laat die presisiespan by NWK seker maak dat daar nie verdigtings in die grond wegkruip nie.

DOEN NOU PRESISIE

Gegewe hierdie potensiële gunstiger produksietoestande, is dit nou tyd om met chemiese presisie af te skop. Dit gee die produsent tyd om regstel lings te doen en die verbeterings in te werk.

NWK Presisieboerdery staan gereed om dit vinnig en doeltreffend vir produsente uit te voer. Dit is ook nou ’n goeie tyd om grondopnames (grondpotensiale) deur NWK Presisieboerdery te laat uitvoer om gronde volgens hul potensiaal te bemes. Die data wat só ingesamel word, kan enige tyd besigtig word op die NWK Online-toepassing.

Vinnige wenke vir weiding en voeding

  • Swaar besmette dekgrasgebiede kan meganies beheer word, maar die ideaal is ultrahoëdrukbeweiding om dit te benut en/of fyn te trap. Dit kan bevorder word deur die aanvulling van tannienbinders in die diere se winterlek. Die hergroei van hierdie kampe kan ideaal vroeg in die groeiseisoen benut word, voordat dit onsmaaklik raak en om dekgras dan spesifiek swaar te benut. Vleie kan ook in die winter benut word, aangesien dit in die lente vinnig uitloop en ook vroeë weiding voorsien.
  • Sorg dat die bemestingsbeplanning in plek is vir aangeplante weidings. Beplan om die helfte van die seisoenale toediening net voor, tydens of net ná die eerste lentereëns toe te dien. Die tweede helfte kan in Januarie/Februarie toegedien word indien die seisoen dit toelaat. Die verdeling help om risiko’s te versprei as die seisoen swak uitdraai.
  • Maak seker dat dragtige droë diere genoeg weiding het. Hulle moet teen dektyd op ’n kondisiepunt van 3 tot 3,5 uit 5 wees en ook in ’n positiewe energiebalans, met ander woorde in gewig toeneem.
  • Staandehooi (veld of aangeplante weiding) en mielieoesreste is laag in ruproteïene, en hierdie tekort moet met winterproteïenlekke reggestel word. Die tekstuur van die beeste se mis is ’n goeie maatstaf – hou vol met proteïenaanvulling totdat die mis begin “los” raak – ’n aanduiding dat daar genoeg proteïenryke groen materiaal in die weidings voorkom.
  • ’n Tipiese winterlek vir herkouers bevat sowat 40% tot 45% ruproteïen en sowat 18% fosfaat (P). ’n Groot komponent van die ruproteïen behoort vanaf ureum afkomstig te wees. Maak seker dat die korrekte lek bakbestuur in plek is en dat diere die korrekte volumes inneem om korrekte aanvulling te verseker en vergiftiging te voorkom.

Nuus uit AgTech se ruimte

AgTech se span by die onlangse stroperresies. Hou gerus NWK se Facebook-blad dop vir waar en wanneer die hommeltuigspan weer gaan uitstal of kontak hulle vir ’n demonstrasie.
Omdat AgTech@NWK produsente help om selfs nóg meer presies te boer, het Lichtenburg Toyota die span se eerste drone field servicebakkie geborg.
Die span het ook by die CVO se Winterspele uitgestal, met die nuwe DJI Dock 2 wat baie aandag geniet het.
AgTech@NWK se hommel tuigspan het onlangs die nuwe DJI Agras T50 gaan uittoets. Hulle was aangenaam verras met die blaarbedekking van die hommeltuig, met die sproei wat tot die onderste blare van die plante
doeltreffend bereik.
Tags: Jul/Aug 2024
Previous Post

Optimise crop yield with herbicides

Next Post

NWK behaal goeie resultate ten spyte van uitdagende handelsklimaat


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In