Die maatskappy het ‘n relevante reaksieplan in plek gehad wat suksesvol geïmplementeer is, in samewerking met kundiges in IT-sekuriteit.
Geen inligting van die maatskappy, klante, kliënte of werknemers is onderskep of misbruik nie.
Verskeie maatskappye het soortgelyke voorvalle in die onlangse verlede ervaar en dit benadruk die belangrikheid van gebeurlikheidsbeplanning asook voorkomingsmaatreëls.
Buiten die koste wat aangegaan is om NWK se IT-dienste te herstel, het die maatskappy geen noemenswaardige finansiële verliese ervaar nie.