• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Mar 17, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Skryf met die boer in gedagte, is topouteur se raad

17 Mar 2026
in Dinamiese vennoot
Skryf met die boer in gedagte, is topouteur se raad

Anche Suurd het met drie pryse weggestap tydens die NWK Arena-erkenningsgeleentheid.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

“Let op na die vrae wat boere rondom ons het en skryf met hulle behoeftes in gedagte.” Dit is die “resep” wat Anche Suurd, landbou-ekonoom by NWK Finansiering, volg wanneer sy ‘n artikel vir NWK Arena aanpak. Sy is as die wenner van die enkel- en reeksartikels van dié tydskrif se artikelkompetisie gekroon.

Anche en ander tegniese outeurs is by ‘n funksie by NWK se hoofkantoor op 16 Maart vereer.

Daar is R18 300 in prysgeld aan outers van topartikels in 2025 se uitgawes oorhandig. Nicolene Smalman-Kotze (redakteur van die tydskrif), Martiens du Plessis (tegniese redakteur) en Johan Bezuidenhout (groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie by NWK), het die kwalifiserende artikels beoordeel.

Kwalifiserende artikels word met die samestelling van elke uitgawe geïdentifiseer aan die hand van kriteria soos die relevansie tot landbou, aanbieding, oorspronklikheid, impak op lesers, asook navorsing wat ingespan is om die artikel saam te stel.

Agtien artikels is vir vanjaar se kompetisie beoordeel.

“Ek was baie verras en het dit glad nie verwag nie,” het Anche ná afloop van die funksie gesê. “Ek is wel baie dankbaar omdat dit baie tyd uit ons besige skedules vat. Dit maak daarom die wen die moeite werd!”

Haar raad aan ander outeurs is om moeite met hul in-diepte navorsing te doen en altyd te poog om iets op papier te sit wat vars en nuut is. “Dink buite die boks!”

Die geleentheid is geborg deur Infoworks, NWK Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, Bastion en Omnia.

Baie geluk

Outeurs is as volg vereer:

ENKELARTIKEL

  1. Anche Suurd – Klimaat se invloed op die plantdatum 
  2. Rachel du Preez – Ruk die grondfondasie reg met bekalking 
  3. Pieter le Roux – Mieliekuilvoer is ‘n waardevolle ruvoerbron 
  4. Dawid van Heerden – Ureum se invloed op koeivrugbaarheid 
  5. Rachel du Preez – Graangradering verseker billike handel 
  6. Pieter le Roux – Oorweeg al die speenopsies vir optimale wins 
  7. Anche Suurd – Bestuur jou kudde volgens die klimaat 

REEKSARTIKELS

  1. Anche Suurd – Klimaat se invloed op die plantdatum; Bestuur jou kudde volgens die klimaat

BESTE NUWE TOETREDER

  1. Zane Barnard – Die regte gronddiepte lei tot ‘n beter opbrengs (1) 
  2. Klaston Sefiti – Good reasons to use black oats in crop rotation 

BESTE BEDRYFSARTIKEL

Harm Bronkhorst – Kuberbedrog kan jou duur te staan kom

BESTE VOORBLADFOTO

Petra Seymore (foto van ‘n eekhorinkie op die Maart/April 2025-uitgawe)

Rachel du Preez

Pieter le Roux
Dawid van Heerden
Zane Barnard
Harm Bronkhorst
Klaston Sefiti
Petra Seymore
Tags: MRT/APR 2026
Previous Post

Kuberbedrog kan jou duur te staan kom

Recommended

Skryf met die boer in gedagte, is topouteur se raad

Skryf met die boer in gedagte, is topouteur se raad

17 Mar 2026
Kuberbedrog  kan jou duur te staan kom

Kuberbedrog kan jou duur te staan kom

17 Mar 2026
Bakerville-veediewe vas – produsente staan saam in hof

Bakerville-veediewe vas – produsente staan saam in hof

6 Mar 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Skryf met die boer in gedagte, is topouteur se raad

Skryf met die boer in gedagte, is topouteur se raad

17 Mar 2026
Kuberbedrog  kan jou duur te staan kom

Kuberbedrog kan jou duur te staan kom

17 Mar 2026
Bakerville-veediewe vas – produsente staan saam in hof

Bakerville-veediewe vas – produsente staan saam in hof

6 Mar 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In