Volgens ‘n studie oor die filosofie van boerdery in Afrika wissel dié praktyk van ‘n tegniese, industriële en hoogs doeltreffende produksie-eenheid, tot tradisionele boerderymetodes, met diep emosionele en geestelike koppeling aan die plaas.
Die filosofie en omstandighede van die gemeenskap het ‘n wesenlike invloed op plaaslike boerderye se filosofie van wat “reg en aanvaarbaar” is.
- Voedsel- en veselproduksie inmoderne industriële gemeenskappe:
Volgens hierdie siening is die boerdery ‘n kommersiële produksie-eenheid, wat gebruik word om voedsel en vesel teen die mees produktiewe mikpunte te produseer. Produk-tiwiteit van die boerdery se hulpbronne is die belangrikste doelwitte. Die uitbreiding van die boerdery tot ‘n groot landbou-onderneming is dikwels, maar nie noodwendig nie, ‘n belangrike doelwit. - Volhoubaarheid en rentmeesterskap: Hierdie siening fokus eerder op die langtermyn ekologiese gesondheid van die boerderystelsel, die verbetering van grondeienskappe en die bevordering van biodiversiteit. Korttermyn maksimale opbrengste is ondergeskik aan ekologiese doelwitte.
- Natuur-gebaseerde vennootskap: Hier is ‘n vennootskap met die natuur belangrik en word die gesondheid van die vee, asook van die gemeenskap, hoog geag. Geen sintetiese bemesting en onkruidbeheer word gebruik ni Die familie se voortbestaan is belangriker as net voedselproduksie.
- Etiese grondgebruik: In hierdie filosofie word die boerdery se morele, kulturele en sosiale waardes as die produsent of familie se anker gesien. Hulle karakter, lewens-bestaan en sekuriteit is op die behoud van die plaas geskoei. Optimale produksie en selfs ekonomiese welstand is ondergeskik tot die behoud van die plaas.
- Regeneratiewe benadering: Hierdie siening word sterk op organiese en biologiese metodes van plantvoeding gebaseer, met so min as moontlik grondversteuring, met multi-spesie dekgewasse, gewasrotasie en weidende diere as deel van die stelsel. Die klem is sterk op die stimulasie en handhawing van ‘n diverse grondlewe en grondgesondheid.
- Plaas-tot-mond filosofie: Hier word op produksiestelsels wat op aangepaste, goed deurdagte biologiese ekostelsels gebaseer is, gefokus. Min of geen chemiese bemesting of landbouchemiese middels word gebruik nie, met feitlik uitsluitlik biologiese en orga-
niese plantvoeding en biologiese plaagbeheer. Organies geproduseerde produkte en naspeurbaarheid vanaf die plaas tot die verbruiker is belangrik. - Natuurlike boerdery: Dit is ‘n kulturele stelsel met min of geen inmenging met die natuur nie. Dit het ‘n geestelike komponent met die lewensbestaan van die mens as kern, eerder as voedselproduksie. Kos word uit die natuur geneem.
- Bestaansboerdery: Hier word met sosiale doelwitte volgens tradisionele metodes op klein skaal geboer, waar voedsel hoofsaaklik vir die huishouding of plaaslike gemeenskap geproduseer word. Voedselsekuriteit vir die familie of plaaslike gemeenskap is belan Produktiwiteit, ekologiese instandhouding en ekonomiese welstand speel bykans geen rol nie. Degradasie van die natuurlike hulpbronne is kenmerkend.
Moderne filosofie
Die moderne filosofie van ‘n volhoubare boerderystelsel berus op vyf pilare. Al vyf moet suksesvol uitgevoer word om die boerdery oor die lang termyn te laat voortbestaan.
- Biologiese produktiwiteit
Dit behels dat die hoogste produksievlakke nagestreef word, gegewe dat die laaste inset steeds ‘n positiewe rentabiliteit lewer. Voldoende voedsel en vesel moet vir die gemeen-
skap geproduseer word. Produksievlakke moet voldoende wees om die boerdery eko-
nomies te laat voortbestaan. - Ekonomiese lewensvatbaarheid
Die inkomste van die boerderystelsel moet die produksiekoste volledig dek, met posi-
tiewe kontantvloei en voldoende wins om die boerdery se balansstaat te laat groei. Die boerdery se solvabiliteit en likiditeit moet deurgaans positief gehandhaaf word. - Beperking van boerderyrisiko
Die finansiële risiko en produksierisiko moet binne aanvaarbare vlakke bestuur word om die boerdery se likiditeit en solvabiliteit gemaklik positief te handhaaf. Die boerdery se winste moet vir die risiko wat die boerderyondernemer neem, vergoed. - Beskerming van die natuurlike hulpbronne
Die boerdery se natuurlike hulpbronne is die basis van die boerdery se produksie. Dit moet deurgaans op só ‘n wyse bestuur word dat dit produktiwiteit in stand hou of verhoog. - Sosiale aanvaarbaarheid
Die boerdery het ‘n etiese en sosiale verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap deurdat dit voldoende voedsel vir die gemeenskap se voedselsekuriteit moet voorsien. Voorts is dit die boerdery se etiese plig om gesonde en voedsame voedsel, sonder nadelige reste, aan die gemeenskap te lewer.
Elke boerdery het in wese sy eie filosofie van wat vir die boerderyondernemer belangrik is en wat hy nastreef – sy eie “reg” en “verkeerd”. Dit word deur eksterne faktore (soos die regeringsbeleid, beskikbaarheid van eksterne kapitaal en die samelewing) bepaal, asook interne faktore soos die boerdery se eie doelwitte en wat daarvoor “reg” en “verkeerd” is.
Die produksie van voedsel en vesel is gemeenskaplik vir alle boerderye. Hóé dit geproduseer word, wissel egter wesenlik.







