• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Nov 16, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technical
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technical
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur

Onder redaksie van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

16 Nov 2026
in Dinamiese vennoot
Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur
Share on Facebook

LIZETTE Labuschagne, kommunikasiebestuurder van NWK, sit van 1 Oktober af in NWK Arena se redakteurstoel.

Sy het ‘n graad in bedryfskommunikasie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus behaal omdat sy “nog altyd wou skryf”. Sy vertel dat sy vreeslik nuuskierig is en dat ‘n loopbaan in joernalistiek haar die vermoë en ‘n goeie verskoning gegee het om almal te ondervra.

Lizette het later deeltyds regte studeer en ‘n LLB-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verwerf. Sy vertel dat die be­sluit om te studeer deur “groepsdruk” geneem is toe een van haar vriendinne besluit het om regte te studeer en ‘n studiemaat gesoek het.

Hoewel dié vriendin haar studies gestaak het, het Lizette deurgedruk en gespesialiseer in mediareg, wat haar eintlik teruggebring het na haar eerste liefde, joernalistiek. Die het haar kritiese denkvaardighede ontwikkel wat van nut was met haar werk as gemeenskapsjoernalis waar sy baie misdaad- en hofverslag­gewing moet doen. “Dit het my ook gehelp om wetgewing te lees en te verstaan en beslis my vermoë om krities te dink, ontwikkel”.

Haar loopbaan het in Mbombela (Nelspruit) begin by die Laevelder, die grootste gemeenskapskoerant in die land. Sy was die afgelope 18 jaar in diens van die SAUK se nuusafdeling. “Dit was ‘n absolute voorreg om vir die openbare uitsaaier te werk en het ‘n groot rol in my ontwikkeling gespeel,” deel sy.

Sy beskou dit egter as ‘n voorreg om nou vir die oudste landboumaatskappy in die land te werk, nuwe dinge te leer, ander mense te ontmoet en haar kennis en ervaring tot die organisasie se voordeel te gebruik.

Lizette het ‘n groot liefde en passie vir omgewings- en ondersoekende joernalistiek en geniet dit om te “krap en te soek” vir nuus. “Ek onthou elke lid van die gemeenskap wat ten spyte van hart­seer en in moeilike omstandighede sy/haar hart vir my oopgemaak het. Sonder mense is daar nie stories nie.”

Op die vraag wie tot dusver die grootste impak op haar beroepslewe gehad het, sê sy: “Ek is wie ek is omdat ander in my geglo het, my ondersteun het en kennis oorgedra het. Dit sluit in elke mens wat sy hart en huis vir my oopgemaak het in tye van trauma en vreugde en dit met ‘n vreemdeling gedeel het – dié wat hul vertroue in my geplaas het om hul stories te vertel.”

Lizette besef die belangrikheid van sosiale media – veral die positiewe gebruik daarvan in die kommunikasie- en mediabedryf. “Dit bring mense oor kontinente bymekaar, maar kan ook mense in dieselfde vertrek van mekaar vervreem.”

As dit kom by die gebruik van suiwer Afrikaans, sê Lizette dat sy nie sommer tydens ‘n gesprek iemand se taalgebruik sal korrigeer nie. Sy verwonder haar wel aan die kreatiewe Afrikaanse nuutskeppings.

Hierdie natuurliefhebber sal baie graag meer wil reis en al die klein dorpies in Suid-Afrika besoek wat nie noodwendig op die bekende toerismeroetes is nie. Sy gaan slaap nie saam met die hoenders nie en staan ook nie op as die haan kraai nie. “Ek is ‘n aandmens – jy waag jou lewe om vroeg in die oggend met my te probeer gesels,” spot sy.

Ietsie meer persoonliks

  • Hoewel Lizette in Pretoria gebore is, is sy ‘n trotse oud-leerling van Laerskool Burgersdorp en Hoërskool Lichtenburg.
  • Sy is met David getroud en het ‘n baie bekkige dogtertjie, Ameli (9).
  • Drie woorde wat haar goed beskryf: Veerkragtig, introvert, diereliefhebber.
  • Sy is ‘n kranige boekwurm wat letterlik alles lees – tot die agterkant van ‘n koeldrankblikkie!
  • Haar lewensleuse: If you are the smartest in your circle, change your circle.
  • Die snaakse sêgoed van kinders en ander mense laat haar skater van die lag.
  • By ‘n geselligheid sal haar bordjie gevul wees met meer southappies as soetgoed.
Tags: Nov/Des 2026
Previous Post

Almal is deel van NWK se reis

Next Post

Talle loopbane wink vir die jeug


Recommended

Talle loopbane wink vir die jeug

Talle loopbane wink vir die jeug

16 Nov 2026
Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur

Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur

16 Nov 2026
Almal is deel van NWK se reis

Almal is deel van NWK se reis

16 Nov 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorised

Nuutste/Latest

Talle loopbane wink vir die jeug

Talle loopbane wink vir die jeug

16 Nov 2026
Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur

Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur

16 Nov 2026
Almal is deel van NWK se reis

Almal is deel van NWK se reis

16 Nov 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In