• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Promosie

Aanpasbaarheid is die sleutel tot sonneblomsukses

Carlo Pelster en Christopher Coetzee van Agricol het die artikel saamgestel.

26 Jul 2021
in Promosie
Aanpasbaarheid is die sleutel tot sonneblomsukses
Share on Facebook

Sonneblomprodusente wil gemoedsrus hê dat die drasties wisselende Suid-Afrikaanse klimaat oor die afgelope paar seisoene hulle nie negatief sal beïnvloed nie. Weens dié rede is dit noodsaaklik dat produsente deeglik besin wanneer kultivars vir die komende seisoen gekies word.

Agsun 5278 verras

Aangesien verskillende seisoene sekere kultivars kan bevoordeel of benadeel, is dit belangrik dat ’n kultivar aanpasbaar moet wees ten opsigte van opbrengs en siekteweerstand, en terselfdertyd ’n goeie staanvermoë moet hê. Seisoensaanpasbaarheid is egter ’n term wat sinoniem is met die sonneblomkultivar Agsun 5278. In die 2020/2021-seisoen is talle produsente verras deur dié kultivar se prestasies. Hier volg ’n paar van die suksesverhale:

BLOEMFONTEIN

Henco Freyling van die plaas Spesbona naby Bloemfontein plant elke jaar Agsun 5278. Hy sê hy het sterk vertroue in hierdie kultivar, want dit het homself op sy plaas bewys. Volgens Henco is daar ’n paar eienskappe van dié kultivar wat uitstaan bo ander kultivars. Afgesien van die goeie opbrengste wat die kultivar realiseer, het dit ook ’n sterk opkomsvermoë en vorm dit ook vinnig ’n blaredak. Die stroopproses word vergemaklik as gevolg van die kultivar se egalige groeiwyse.

Henco glo in ’n plantestand van ongeveer 30 000 in die Bloemfontein-gebied en rol gewoonlik op die vyfde dag ná plant. Hy vind ook dat hy die beste opbrengste realiseer met ’n middel-Desember plantdatum. Hy wil in die komende seisoen sy konvensionele hektare met Agsun 5278 vergroot.

DEALESVILLE

Hannes Steyn van die plaas Leeufontein naby Dealesville is ’n groot ondersteuner van Agsun 5278 en plant dié kultivar al vir die afgelope vier seisoene op sy plaas. Hy beskryf Agsun 5278 as ’n uitstekende kultivar, wat tydens ’n droë jaar asook ’n nat jaar ’n bogemiddelde opbrengs lewer. Dit is waarom die kultivar amper 50% van sy totale sonneblomhektare opneem.

Hy noem spesifiek dat die kultivar soos ’n pen uit die grond kom en ook baie vinnig die grond bedek, met sy groot blare wat baie help om onkruide te onderdruk. Hy sal daarvan hou om nog meer hektare met die kultivar te plant, maar as gevolg van hoë onkruid­druk op sekere lande moet hy van Agricol se Clearfield®Plus-kultivars ook plant om sy probleemlande skoon te hou.

Piet Wiese van die plaas Welgevonden boer in die omgewing van Dealesville en plant al sedert 2015 Agsun 5278. Hy sê hy het nog net sukses met hierdie kultivar ervaar, en noem dat hy met baie vertroue en gerustheid elke jaar daarvan aankoop om te plant.

Hy verwys spesifiek na die kultivar se stay-green-eienskap, wat in ’n nat jaar soos vanjaar baie gehelp het teen stamsiektes. Afgesien daarvan dat die kultivar lekker stroop, het hy ook opgelet dat dit oor ’n paar seisoene konstant baie goeie skepelmassas toon, tesame met ’n goeie opbrengs waarop hy kan staatmaak. Hy sê ook “die kultivar kom baie sterk op en die kop bestuif tot in die middel”.

Piet plant sy sonneblom gewoonlik tussen 20 Desember en 20 Janua­rie, en glo in ’n plantestand van 35 000 vir sy omgewing. Hy meen dat sy sukses om ’n goeie stand te realiseer, gedeeltelik daaraan toegeskryf kan word dat hy tussen dag 3 en dag 5 rol.

ROEDTAN

Johan van Zyl van die plaas Assen in die Roedtan-omgewing plant al vir drie jaar Agsun 5278, en dié kultivar het hom baie beïndruk. Die Springbokvlakte is ’n gebied wat bekend is vir sy strawwe produksietoestande, wat omstandighede baie moeilik kan maak vir saaiprodusente. “Agsun 5278 is die stabielste kultivar vir ons harde omgewing,” vertel Johan. Hy voeg by dat hy vanjaar sy beste opbrengs nóg met dié kultivar gestroop het – ’n tonnemaat van 1,7 ton per hektaar op 240 hektaar.

Verder sê Johan: “Die vorige paar seisoene was baie droog en hier­die kultivar het bo die ander uitgestaan. Agsun 5278 het ’n goeie opkoms en vertoon mooi egalig, wat die stroopproses vergemaklik. Die voordeel van hierdie kultivar is dat dit baie goed bestuif in ons moeilike en droë omgewing.” Johan gaan ook sy aantal hektare met Agsun 5278 aansienlik vermeerder in die komende seisoen.

Die Agsun 5278 is bekend vir sy opbrengsstabiliteit en aanpasbaarheid, en is ’n móét vir enige sonneblompakket vir die komende plantseisoen. Skakel gerus jou naaste Agricol-agent vir ’n pakket-aanbeveling in jou gebied.

Hannes Steyn en sy seun, Phillip, by hul aanplanting van Agsun 5278. Die stay-green-eienskap wat die kultivar se staanvermoë verhoog, word hier mooi uitgebeeld.
Tags: Jul/Aug 2021
Previous Post

Chickens flourish on fermented feed

Next Post

Cost of inputs makes regenerative agriculture a worthwhile consideration


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In