• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Laslappies in pragstukke omtower

Onder redaksie van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

21 Sep 2021
in Dinamiese vennoot
Laslappies in pragstukke omtower

Ná NWK se naaimasjien-skenking in 2019 was daar geen keer aan die vroue se leergierigheid en oorspronklikheid nie. Hier spog van die leerlinge met hulle selfgemaakte drasakke waarin hulle hul eetgerei verpak.

Share on Facebook

In 2019 het NWK ’n skenking van tien naaldwerkmasjiene aan die Vroue Landbou-Unie (VLU) se Delareyville-tak gemaak. Dié tak se Laslapprojek, wat gebore is na afloop van ’n VLU-geleentheid met gemeenskapsontwikkeling as tema in 2015, gaan steeds van krag tot krag.

Tillie Dupper, voorsitter van die Delareyville-tak, is die “moeder” van die projek. Sy het die inisiatief geneem en aanvanklik lede van die tak se huishulpe na die eerste byeenkoms genooi. Nou leer die lede vroue van die Atamelang-gemeenskap om naaldwerk te doen sodat hulle met dié vaardigheid ’n ekstra inkomste kan verdien.

Twee van die eerste leerlinge, Mpho Tsele en Elsie Selaledi, is as kursusleiers aangestel. Hulle word tussendeur klasse opgelei in naaldwerk, sodat hulle kan hand bysit om die ander leerlinge touwys te maak.

Die span by NWK se Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie-afdeling het onlangs weer by die projek gaan inloer. Hulle het die vroue verras met ’n skenking van stoomstrykysters, strykplanke, watteersel, ongebleikte linne, aanstryk-vilene, verlengkoorde en multiproppe. NWK was weereens aangenaam verras met die vroue se kreatiwiteit.

Kunswerke in eie reg

Die baba het beslis intussen sy kinderskoene ontgroei en gegroei tot ’n selfstandige peuter wat besig is om verskeie vaardighede te bemeester. Die aantal leerlinge het gegroei van agt tot 24 vroue, maar ongelukkig moes die meeste van die leerlinge met die hand naaldwerk doen. Vanjaar is die aantal vroue verminder na slegs tien leerlinge sodat elkeen ’n naaldwerkmasjien tot haar beskikking het gedurende die klasse.

Afvalmateriaal word van heinde en ver aan die tak gestuur. Hierdie lap word dan omtower in die mooiste kunswerke. Selfs manshemde is al vir sommige van hul projekte ingespan! Buiten vir watteersel wat aangekoop word, word slegs afvalmateriaal gebruik. Die dames maak onder meer pragtige vatlappe, tafellopers, drasakke, matte, kwilte en dekens.

’n Leerling met ’n nuutgemaakte mat.

Klasse word een keer ’n maand op die plaas Duikerbos, in die Geysdorp-omgewing, aangebied. Tillie se drie staatmaker-regterhande – Trudie van der Merwe, René van Rensburg en Elsebé Ollewagen (almal lede van Delareyville VLU) – staan haar altyd by.

Trudie speel ’n ondersteunende rol en het haar vriendin in Pretoria oor die projek ingelig, en sy stuur nou gereeld afvallappe. René en Tillie is verantwoordelik vir die vooraf sny van die korrekte grootte lappies vir spesifieke projekte, en sit ook hand by met die opleiding van die leerlinge tydens klasse. Een kwilt bestaan uit 225 laslappies! Elsebé help met die bedien van eet- en drinkgoed. Daar word beurte gemaak om verversings vir die leerlinge te neem.

Johan Bezuidenhout het die dames van die Laslapprojek met nog ’n skenking verras. Tillie Dupper,
René van Rensburg, Elsebé Ollewagen en Trudie van der Merwe weet hoe ’n groot verskil dié nuwe
toerusting gaan maak.
Tags: Sept/Okt 2021
Previous Post

Jou besluite kan ‘n verskil maak

Next Post

Bekamp plantsiektes met knap bestuur


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In