• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Sun, Oct 5, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

’n Klein wurm wat groot skade veroorsaak

Jacobus Claassens, NWK Landboubestuursdienste

12 Aug 2022
in Tegniek
’n Klein wurm wat groot skade veroorsaak

Tipiese galle, wat deur knopwortelaalwurm veroorsaak is, en die swart letsels op wortels, wat deur letsel­aalwurm veroorsaak is, op sonneblom.

Share on Facebook

Aalwurms het ’n direkte invloed op plante se ge­sond­heid deurdat die wortels wat vir die opname van voedingstowwe en water verantwoordelik is, benadeel word. Dié klein wurmagtige organisme is 0,25 mm tot 1 mm lank en kan tot 85% oesverliese in uiterste gevalle veroorsaak. Aalwurmskade kom gewoonlik in kolle in lande voor, met simptome wat wissel van knoppe op die wortels tot dooie swart wortels.

Aalwurms het die afgelope paar seisoene ’n groot impak in NWK se produksiegebied gemaak. Dit was meestal die westelike saaistreek met sande­riger grond wat groot skade gely het.

Tipes aalwurm

Die twee tipes skadelike aalwurm wat in dié gebied voorkom en die meeste skade veroorsaak, is die knopwortelaalwurm en letselaalwurm.

KNOPWORTELAALWURM

Knopwortelaalwurm (Meloidogyne) kom feitlik oral voor en kan op baie gewasse voed. Gewasse toon tipiese stremmingsimptome, met verlepte blare en tekorte aan voedingstowwe. Simptome is egter sekondêr, aangesien aalwurms die plant se voedings­opname belemmer en so stremming veroorsaak. Die wortels toon galle wat hard is en nie van die wortel afgevryf kan word nie (sien foto).

LETSELAALWURM

Letselaalwurm (Pratylenchus) veroorsaak dieselfde simptome aan die gewas, behalwe dat dit nie galle vorm nie. Letselaalwurm veroorsaak nekrotiese letsels op die wortels. Wortels wat stelselmatig afsterf, kan maklik met ander grondgedraagde siektes verwar word.

Voortplanting

Aalwurms se voorplantingspotensiaal verhoog drasties in natter seisoene en hul eiers het die potensiaal om vir ’n onbepaalde tydperk in ’n rustoestand te bly. Die eiers sal slegs uitbroei wanneer gunstige toestande vir die aalwurms weer voorkom. Die rede waarom meer aalwurmskade in natter seisoene waargeneem word, is omdat die eiers saam met die grond se watervlak styg en dan nader aan die wortels is om te voed.

Aalwurms is mikroskopies klein en kan nie op hulle eie na ander lande of selfs na gedeeltes binne ’n land beweeg nie. Verspreiding vind hoofsaaklik met water plaas, soos wat die aalwurms en eiers binne die bewegende water in die grond en met strome beweeg. Implemente dra ook grootliks by tot die verpreiding van aalwurms, deurdat die grond en materiaal oral versprei word.

Beheer

Die beheer van aalwurms is ’n duur proses. Daar moet eers by wyse van ’n ondersoek ’n telling van ’n grond- en plantmonster geneem word om vas te stel of dit ekonomies geregverdig is om dit chemies te beheer. ’n Plant met sy wortels en die grond waarin dit staan, moet saam geneem word om eiertellings in die grond, asook aalwurms in die wortels, te ontleed.

Gedurende die 2021/2022-somerseisoen is verskeie aalwurmmonsters in die NWK-gebied ontleed, waarvan die hoogste voorkoms van aalwurms op sojabone was. Op 50 gram wortels is 85 000 knopwortel­aalwurms getel. Wanneer meer as 50 aalwurms in 50 gram wortels voorkom, is dit alreeds ’n probleem en moet dit beheer word.

Wisselbou is ’n belangrike faktor vir die beheer van aalwurmgetalle in grond, maar dit gaan nie voldoende wees as ’n groot aantal reeds in die grond voorkom nie. Daar moet gepoog word om die aalwurms se voe­ding gedurende die winter weg te neem deur lande onkruidvry te hou. Die aalwurmgetalle verlaag wanneer die lande onkruidvry gehou word. Dit gaan egter geen uitwerking hê op die eiers wat alreeds in die grond teenwoordig is nie.

Biologiese beheer is ’n langtermynoplossing wat nie dadelik doeltreffend is as ’n groot aantal aalwurms reeds voorkom nie. Die organismes wat die ongewenste aalwurms aanval, moet eers in die grond vestig en word veral belemmer wanneer droë/warm seisoene voorkom.

’n Bestuurs­program moet gevolg word om die goeie organismes te vestig en ’n korrekte chemiese beheerprogram, wat nie skadelik vir die vriendelike organismes is nie, is noodsaaklik.

Chemiese beheer is in hierdie stadium doeltreffend, maar redelik duur. Chemiese middels met die aktiewe bestanddeel Fluopyram, wat tydens plant toegedien word, is tans op verskeie gewasse geregistreer en toon goeie beheer.

Samevatting

’n Kombinasie van wisselbou met onkruidvrye lande gedurende die winter en chemiese middels met plant sal die aalwurmgetalle drasties laat daal. Dit bly egter ’n langtermynprogram wat volgehou moet word om die aalwurmgetalle elke seisoen laag te hou, aangesien dit nooit heeltemal uitgewis kan word nie.

Bronnelys

Steenkamp S, 2012. Plant-parasitiese aalwurms se impak op ’n mielieoes steeds onderskat. https://www.grainsa.co.za/plant-parasitiese-aalwurms-se-impak-op–n-mielie-oes-steeds-onderskat [2022/05/05]

Tags: Jul/Aug 2022
Previous Post

Meet grondvog vir akkurate besproeiing

Next Post

Landbou vandag

Recommended

Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

30 Sep 2025
NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

23 Sep 2025
Ondervoorsitter tree met ’n geruste hart uit

Ondervoorsitter tree met ’n geruste hart uit

15 Sep 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

30 Sep 2025
NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

23 Sep 2025
Ondervoorsitter tree met ’n geruste hart uit

Ondervoorsitter tree met ’n geruste hart uit

15 Sep 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In