• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Aug 14, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

25 Jul 2022
in Tegniek
Die A tot Z van intensiewe skaapboerdery

Foto: Leon Stoltz

Share on Facebook

Die winter is hier en soos met elke seisoensverandering, staar nuwe uitda­gings produsente in die gesig. Maak gebruik van die dienste wat NWK Landboubestuursdienste se span bied om boerderytake te vergemaklik.

In hierdie uitgawe gee Martiens du Plessis (bestuurder: Presisieboerdery) advies oor grondvog en deel hy wenke oor die nuwe seisoen wat voorlê. Pieter le Roux (senior veekundige) deel raad oor weidingsbestuur en dieregesondheid gedurende die wintermaande.

Akkerboupraktyke

GRONDVOG

Die afgelope nat seisoen en laat reën het grondprofiele deeglik nat gemaak, en lande het oor die algemeen heelwat grondvog oor. Winteronkruid gaan gretig wees om oordragwater te verkwis en daarom moet lande uiters skoon gehou word. Lande met winteronkruid moet direk ná stroop skoongemaak word. Dit kan meganies met vlerkskare of chemies beheer word. Indien die lande bewei moet word, moet dit steeds eers direk ná stroop met vlerkskare skoongemaak en dan daarna bewei word.

Die grondvog bied ook die geleentheid dat die grond ná stroop bewerk kan word. Gegewe dié geleentheid, behoort grondverdigtingstoetse nou gedoen te word om die aangewese bewerkingsdiepte of -metode te bepaal.

LA NIÑA-FASE

Vroeë tekens dui daarop dat die nuwe produksiejaar dalk weer in ’n La Niña-fase kan wees en dat die Indiese Oseaan-indeks (IOD) weer koel gaan wees, wat op ’n goeie waarskynlikheid vir nog ’n nat seisoen dui. Gegewe die oordragvog en met ’n bogemiddelde reënval, behoort vir ’n bogemiddelde opbrengspotensiaal beplan te word.

Gee die gewasse die beste moontlike kans. Laat die NWK Presisiespan seker maak dat daar nie verdigtings in die grond wegkruip nie. Die afgelope seisoen het swaar op stikstof geteer. Maak dus seker dat stikstof nie onderbemes word nie.

DOEN NOU PRESISIE

Gegewe die positiewe vooruitsigte, is dit nou tyd om chemiese presisie te doen. Dit gee die produsent tyd om regstellings te doen en die ameliorate in te werk. NWK Presisieboerdery is gereed om dit vinnig en doeltreffend vir produsente uit te voer. Dit is ook nou ’n goeie tyd om grondopnames (grondpotensiale) deur NWK Presisieboerdery te laat uitvoer om gronde volgens potensiaal te bemes. Skakel NWK Landboubestuursdienste se Presisiespan by 018 633 1143 vir meer inligting.

Weiding en voeding

  • Produsente wat oesreste beskikbaar het en waar dit praktyk is om dit te bewei, is nou voluit op reste om dit te benut voordat eersdaags weer met grondvoorbereidings vir die nuwe groeiseisoen begin word.
  • Swaar besmette dekgrasareas kan meganies beheer word, maar die ideaal is ultrahoëdrukbeweiding om dit te benut en/of fyn te trap. Dit kan bevorder word deur die aanvulling van tannienbinders in die diere se winterlek. Die hergroei van hierdie kampe kan ideaal vroeg in die groeiseisoen benut word, voordat dit onsmaaklik raak en om dekgras dan spesifiek swaar te benut. Vleie kan ook in die winter benut word, aangesien dit in die lente vinnig uitloop en ook vroeë weiding voorsien.
  • Dekgraskampe moet verkieslik nie gebrand word nie, aangesien dié spesie ’n sogenaamde brandklimaks is en gewoonlik ná brand meer aggressief hergroei.
  • Sorg dat die bemestingsbeplanning in plek is vir aangeplante weidings. Beplan om die helfte van die seisoenale toediening net voor, tydens of net ná die eerste lentereëns toe te dien. Die tweede helfte kan in Januarie/Februarie toegedien word indien die seisoen dit toelaat. Hierdie verdeling help om risiko’s te versprei indien die seisoen swak uitdraai.
  • Maak seker dat dragtige droë diere genoeg weiding het. Hulle moet teen dektyd op ’n kondisiepunt van 3 tot 3,5 uit 5 wees en ook in ’n positiewe energiebalans, met ander woorde in gewig toeneem.
  • Staandehooi (veld of aangeplante weiding) sowel as mielie-oesreste is laag in ruproteïene en hierdie tekort moet met winterproteïenlekke reggestel word. Die tekstuur van die beeste se mis is ’n goeie maatstaf – hou vol met proteïenaanvulling totdat die mis begin “los” raak – ’n aanduiding dat daar genoeg proteïenryke groen materiaal in die weidings voorkom.
  • ’n Tipiese winterlek vir herkouers bevat sowat 40% tot 45% ruproteïen en sowat 18% fosfaat (P). ’n Groot komponent van die ruproteïen behoort vanaf ureum afkomstig te wees. Maak seker dat die korrekte lekbakbestuur in plek is en dat diere die korrekte volumes inneem om korrekte aanvulling te verseker en om vergiftiging te voorkom.

Dieregesondheid en bestuur

BEESTE

  • Teelbulle kan reeds in Augustus vir vrugbaarheid en geslagsiektes getoets word. Slegs gesonde bulle moet in die dekseisoen gebruik word.

SKAPE

  • Indien skape nog nie teen bloutong geënt is nie, moet dit nou dringend gedoen word. Ent ook teen ensoötiese aborsie en Slenk­dalkoors. Bloutong het drie inentings, wat drie weke uitmekaar toegedien word. Multimin en vitamien A kan ook nou reeds toegedien word.
  • Volwasse skape kan met ’n goeie inspuitbare middel ontwurm word.
  • Lammers wat in Augustus gespeen word, word teen ensoötiese aborsie, bloutong, bloednier, Pasteurella en Slenkdalkoors geënt. Buiten bloutong en bloednier is daar twee inentings elk vir die ander middels, telkens vier weke uitmekaar.
  • Teelramme kan reeds in Augustus vir vrugbaarheid en geslagsiektes getoets word. Slegs gesonde ramme moet in die dekseisoen gebruik word.
Source: Martiens du Plessis en Pieter le Roux
Tags: Jul/Aug 2022
Previous Post

’n Klein wurm wat groot skade veroorsaak

Next Post

NWK bereik weer honderde behoeftige kinders met sy Skoolskoenprojek


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In