• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Promosie

Beperk risiko’s met oesversekering

30 Sep 2022
in Promosie
Beperk risiko’s met oesversekering
Share on Facebook

By Safire is ons trots daarop om ons lang durige verbintenis met die landbousektor te kan voortsit. Daarom is ’n nuwe agri-oesproduk twee jaar gelede bekendgestel, wat haeldekking vir verskeie oeste en vrugte bied.

Daar is ’n toenemende behoefte om in landbou te belê as gevolg van ’n drastiese toename in die wêreldbevolking en toenemende druk op voedselsekuriteit. ’n Belangrike uitdaging is om sistemiese risiko’s aan te spreek deur versekerings- en ander risikobestuursmeganismes en die verlaging van bedryfskoste in die landbou-omgewing.

Landboufinansiering en -versekering is strategies belangrik om volhoubaarheid in dié sektor te verseker, en ons glo dat hierdie twee faktore ten nouste met mekaar verband hou. Landbouversekering stel produsente in staat om krediet en finansiering te kry vir beleggings in insette, sowel as nuwe tegnologieë en toerusting om hul produksievermoë te verbeter en te handhaaf.

Dit is dus ’n belangrike hulpmiddel om kontinuïteit te bestuur, om landelike ekonomiese ontwikkeling te bewerkstellig en die modernisering van die landbousektor aan te spoor.

Hoekom Safire Versekering?

Dié versekeringsmaatskappy het sy ontstaan in 1987 as ’n plantasieversekerings koöperasie gehad, en sedert ons korttermynversekeringslisensie in 2000 deur die destydse Raad op Finansiële Dienste (RFD) toegestaan is, het ons ons produkreeks uitgebrei om verskeie huishoudelike, boerdery- en kommersiële versekeringsprodukte in te sluit.

Ons aansienlike ondervinding en kundigheid in verskeie sektore van die versekeringsbedryf beteken dat ons baie goed geposisioneer is om voortdurend nuwe en opwindende produkte aan ons kliënte te bied.

Safire se handelsmerk- en advertensieveldtog is gebaseer op die tema van simbiotiese verhoudings, met “vennote” uit die diereryk wat ’n interaksie met mekaar het. Hierdie wen-wen-vennootskap strook met die slagspreuk van “Korttermynversekeraars, langtermynvennote” en ons sterk verbintenis tot omgewingsbewustheid.

By Safire is ons trots daarop dat ons anders is. Die fokus op ons verhoudings met ons kliënte, verskaffers en personeel word beliggaam in die helder kleurige vyf vingers-logo, wat ’n warm handdruk, die wêreldwye uitdrukking van vertroue, simboliseer. Elke vinger verteenwoordig een van ons kernwaardes:

  • Vinnig en regverdig.
  • Geen inbelsentrums nie.
  • Toegang tot besluitnemers.
  • Bewese prestasierekord.
  • Kundige advies.

Voedselsekerheid vir ’n steeds toenemende wêreldbevolking, tesame met klimaatsverandering en die uitdaging van die beskikbaarheid van water vir gewasproduksie, sal ’n groot klem lê op produksieversekeringsinstrumente om risiko’s te bestuur. Safire beskou dit as ’n uitdaging en wil, in simbiose saam met ons produsente, ’n bydrae lewer om sakekontinuïteit en voedselsekerheid, ten bate van almal, te verseker.

Indien jy enige navrae het, kontak gerus vir Bertus Krüger:
E-pos: bkruger@safireinsurance.com
Selfoon: 082 658 5063

Safire Insurance Company Limited is ’n gelisensieerde nie-lewensversekeraar en gemagtigde finansiëlediensteverskaffer [FDV nr: 2092]

Tags: Sept/Okt 2022
Previous Post

Landbou vandag

Next Post

Landbou moet sy agenda bevorder in aanloop tot die nasionale verkiesing


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In