• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

NWK vra jou hulp om Lichtenburg se slaggate te vul

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

1 Nov 2022
in Nuus
NWK vra jou hulp om Lichtenburg se slaggate te vul

Theo Rabe, groephoof- uitvoerende beampte van NWK, by die slaggate in Kerkstraat. NWK daag ander sake-ondernemings en individue uit om teer en ander hulpmiddele te skenk om Lichtenburg se slaggate te herstel.

Share on Facebook

Die stand van Lichtenburg se paaie is weer benard, veral ná onlangse goeie reën wat slaggate net dieper laat wegkalwe het. NWK het sedert 2021 reeds sowat R109 000 spandeer aan teer waarmee slaggate in die dorp gevul is en daag ander ondernemings in die dorp uit om ook by te dra.

“Dit is belangrik dat paaie in ‘n goeie, rybare toestand is – nie net vir die gerief van inwoners nie – maar ook om die vinnige en veilige vervoer van goedere te verseker. ‘n Goeie padnetwerk is onontbeerlik vir ‘n gesonde ekonomie,” het Theo Rabe, groephoof- uitvoerende beampte van NWK, gesê.

NWK herstel die gate in samewerking met Afriforum en die provinsiale departement van openbare werke en paaie. “Ons is reeds goed geolie wat die proses betref, het Dries van Tonder, groepbestuurder van Finansies by NWK, gesê.

Bydraes welkom

Ondernemings of selfs inwoners vir wie dit moontlik is, kan geldelike bydraes lewer of sakkies teer skenk. “Dit hoef nie ‘n groot bedrag te wees om ‘n verskil te maak nie. Elke bietjie help,” het Dries bygevoeg.

“Ons benodig brandstof vir byvoorbeeld die roller en vervoer van die personeel en ander toerusting. Bydraes in hierdie verband is baie welkom.”

Plaaslike taxiverenigings het ook hulle samewerking beloof en aangebied dat van hulle lede opgelei word in die herstel van slaggate, om die proses te bespoedig.

Daar is reeds versoeke ontvang om die diep slaggate in Dr Nelson Mandela-rylaan onderweg na Lichtenburg se inkopiesentrum en op die hoeke van Agste Laan en Eerste Straat, te vul. Inwoners word versoek om NWK van ander strate wat dringend ingryping verg, in kennis te stel.

Vir meer inligting oor hoe om ‘n skenking te maak of om strate aan te meld, skakel asseblief vir Dries by 018 633 1078.

  • ‘n Span werkers van Afriforum sal vandag (1 November 2022) die slaggate in Kerkstraat vul. Die pad sal vanaf 08:00 tot 16:00 gesluit wees. NWK het die teer en bitumen (‘n laag wat vóór die teer aangewend word) geskenk. Gideon du Preez het die teer vervoer.
Tags: Nov/Des 2022
Previous Post

Wenner van NWK Retail Slaglamskou wen met eerste probeerslag

Next Post

NWK regrets incidence of vehicle theft at filling station


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In