• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

NWK Beherend-groep verbeter eie winsrekord

31 Jul 2023
in Nuus
NWK Beherend-groep verbeter eie winsrekord
Share on Facebook

Na die geskiedkundige beste finansiële resultate wat laasjaar behaal is, het die NWK Beherend-groep sy eie rekord verbeter deur die hoogste wins in sy 114 jaar-bestaan vir die jaar tot 30 April 2023 te lewer.

Met ‘n toename in omset van 26,8% het die groep vanjaar ‘n wins voor belasting van R360 miljoen behaal. Die wins na belasting beloop R283 miljoen (2022: R267 miljoen) en verteenwoordig ’n R16 miljoen- of ’n 6%-verbetering. Dit het tot gevolg gehad dat die ekwiteit met 13% tot net meer as R1,9 miljard gestyg het. Die netto batewaarde teen jaareinde was 1 840 sent per aandeel.

Volgens Heinrich Krüger, voorsitter van NWK se direksie, het gunstige weersomstandighede ’n prominente rol gespeel in die behaling van die resultate. “Produsente se groter inkomste van verlede jaar het ‘n positiewe effek op NWK se uitstekende verdienste gehad. Die fokus op kernbesigheid – naamlik graan, algemene handel en finansiering – is definitief die roete wat ‘n gewenste resultaat lewer. Volgehoue fokus deur bestuur en personeel is noodsaaklik om goeie ondersteuning van klante te verkry en gevolglik goeie resultate te kan behaal,” het hy gesê.

“Oor die algemeen het al NWK se besigheidseenhede uitstekend presteer. Die finansiële bydrae van die Graansegment was R183 miljoen en die groei in die Algemene Handel se meganisasiebesigheid was merkwaardig,” het Pieter Kleingeld, groephoof- finansiële beampte van NWK, gesê.

Hy het bygevoeg dat die jaar onder oorsig ’n mandjie van gemengde uitdagings gebied het. Aan die graan- en oliesadeproduksie-kant was opbrengste per hektaar oor die algemeen hoër as die langtermyngemiddelde, maar die grade was egter nie van hoë gehalte nie en dit het ’n direkte invloed op die prys in die sak van die produsent gehad. Vir produsente was dit ook ’n baie groot uitdaging met insetkoste op die hoogste vlak nog. Graan- en oliesadeverkoopspryse het egter ook op rekordvlakke verkeer.

Theo Rabe, groephoof- uitvoerende beampte van NWK, het uitgewys dat die Epko-sonneblompersaanleg wat teen jaareinde weer 100% in NWK se besit was, gesien kan word as ‘n strategiese stap om ander markte vir sonneblomolie ook te ontgin. Aanpassings aan dié fabriek word in die vooruitsig gestel om ook sojabone te pers aangesien die produksie van sojabone in NWK se bedieningsgebied wesenlik verhoog het.

“NWK is in die proses om sy groeiprogram te stabiliseer en geleenthede te benut soos dit voorkom,” aldus Rabe. Hy sê NWK bepaal tans sy posisie in die mark in terme van sonkrag en sake wat kan voortspruit uit internet-gebaseerde dienste. Investering in alternatiewe graanopberging, uitgebreide logistieke kapasiteit en herstel van toegangsroetes na silo’s in Noordwes geniet deurgaans aandag.

“Hulpverlening om infrastruktuur in Lichtenburg en ander dorpe se herstel, gaan ook voort. ‘n Grond- en teerpadherstelprojek is goed op dreef. Ander inisiatiewe gefokus op infrastruktuur is ook al geloods,” het hy gesê.

’n Tussentydse dividend van 31 sent per aandeel is reeds uitbetaal en ’n finale dividend van 17 sent per aandeel is goedgekeur. Die direksie het ook R14 miljoen vir die NWK Lojaliteitsprogram vir die aankoop van aandele deur die trustees goedgekeur.

Die finansiële resultate is beskikbaar op NWK se webtuiste by www.nwk.co.za.

Tags: Jul/Aug 2023
Previous Post

Sy pluk die vrugte van harde werk

Next Post

Uile het NWK se personeel in vervoering


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In