• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

30 Jan 2024
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Monnikaasvoël (Hooded vulture)

Share on Facebook

Aasvoëls met swak sig

Twee aasvoëls van VulPro, ’n nie-winsgewende aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, wat aan die einde van 2023 in die nuus was, is Purple White 24 en Mrs Nasty.

Purple White 24 is die jongste Kaapse aasvoël wat in 2023 in aanhouding geteel is. Ongelukkig is haar oë swak en moet haar lense herstel word. Indien haar sig nie na 100% terugkeer nie, sal sy haar hele lewe in VulPro se sorg deurbring. Indien jy tot die koste wil bydra, kontak VulPro of besoek hul Facebook-blad vir meer inligting.

Mrs Nasty het twee jaar gelede van die Detroit Dieretuin in die Verenigde State van Amerika (VSA) na VulPro verhuis, waar sy haar laaste jare kom spandeer het. Sy het ongelukkig haar sig verloor as gevolg van veroude­ring, wat daartoe gelei het dat sy gedisoriënteerd geraak het. VulPro het hulde gebring aan haar op hul Facebook-blad nadat een van die oudste monnikaasvoëls (hooded vultures) in hul sorg gesterf het.

’n Storie oor ’n otter

Danelle Murray van die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing se kinderboek, Wild adventures with Lazzy the otter, is nou beskikbaar. Die boeke is teen R280 by die sentrum beskikbaar en fondse wat deur die verkope ingesamel word, gaan vir die orga­nisasie se bewaringswerk gebruik word.

Orphan Annie skenk geboorte

Groot opwinding het by die Care for Wild Rhino Sanctuary geheers toe die weesrenoster, Annie, sonder probleme geboorte geskenk het aan haar eersteling! Omdat sy so klein is, was die personeel besorg oor haar en is sy fyn dopgehou.

Skandeer die QR-kode om ’n video van die gebeurtenis te sien. Kort nadat die klein bulletjie kon loop, het sy ewe trots met hom na die bewaarders gestap om seker te maak hulle is net so tevrede soos sy.

Oupoot opgespoor

Die meeste mense het geglo dis net ’n gerug dat die “ouvrou” bestaan, maar nou is daar bewyse. Ryan Davy, ’n rolprentvervaardiger van Kalifornië, het asemro­wende beelde van die Knysna-woud se ontwykende 50-jarige olifantkoei vasgevang. Hy het met elke besoek aan Suid-Afrika vir drie weke gesoek – eers in November 2022, toe Januarie en Maart 2023, en in Junie 2023 het hy sukses behaal. Dit het hom in totaal 12 weke geneem om haar op te spoor. Hy het van sonop tot sononder ongeveer 15 tot 20 km per dag gestap en soms as die maan die bos verlig het, kon hy ook saans verder soek.

Dié padda moet steeds kan opsit

Die Vryheidsfront Plus in die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (Devon, Heidelberg en Vischkuil) het verskeie voorstelle aan die Departement van Ontwikkeling en Beplanning gedoen om die brulpadda-bevolking van Heidelberg te help beskerm. Dié besonderse brulpadda-spesie wat diep onder die grond woon en in die reënseisoen na die oppervlak beweeg, is een van Heidelberg se toeriste-aantreklikhede. Inwoners voel dat die spesie ten alle tye beskerm moet word.
Inwoners van Heidelberg is gekant teen ’n industriële en kommersiële ontwikkeling in uitbreiding 24 weens vrese dat dit tot die uitwissing van die brulpadda-bevolking in dié gebied kan lei.

Tags: Jan/Feb 2024
Previous Post

Studiegroepe sit koppe bymekaar

Next Post

Ditsobotla se geldsake kan jare neem om ommeswaai te toon


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In