• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Aug 6, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

14 Mar 2024
in Tegniek
Landbou vandag
Share on Facebook

Beheer winteronkruid betyds

Winteronkruid kom tipies in April en Mei op. Met die heersende El Niño, raak grondvogbestuur nou uiters belangrik, en daarmee saam ook uitnemende onkruidbeheer. Hier is wenke van Eric Louw (bestuurder: Presisieboerdery by AgTech@NWK).

  • Laat April en begin Mei is ’n goeie tyd om winteronkruid in Roundup Ready-mielies met oorhoofse glifosaatbespuitings te beheer.
  • In wye rye (2,3 m) kan dit meganies by wyse van vlak skoffelbewerkings gedoen word.
  • Onkruidbeheer in hierdie stadium help om die lande in die winter skoon te kry. Hierdie praktyk word sterk aanbeveel omdat dit daartoe bydra om meer grondvog na die volgende seisoen oor te dra, en dit help ook betekenisvol om lande ná stroop te kan bewerk.

Reënvalsyfers wek kommer

In die tydperk vanaf 1 Oktober 2023 tot 31 Januarie 2024 het Lichtenburg 278 mm reën ontvang. Vir dieselfde tydperk in 2022/2023, het Lichtenburg 296 mm aangeteken. Slegs elf van NWK se 38 silo’s het teen 12 Februarie meer as 50% van die langtermyngemiddelde reënval aangeteken.

Met die skryf van hierdie artikel (middel Februarie) het Pieter le Roux, hoof-diere-en-weidingwetenskaplike, sy kommer uitgespreek: “Toestande het aansienlik verswak, veral oor die dele wes van Coligny. Vooruitsigte vir neerslae word eers vanaf begin Maart voorspel en dit wil voorkom asof die voorspelde El Niño nou sy uitwerking begin wys.”

Nog genoeg tyd vir chemiese presisie

  • As chemiese presisie nog nie op die oorlêlande uitgevoer is nie, is dit nog nie te laat nie. Kontak gerus die bekwame span van AgTech@NWK om dit te doen.
  • Beplan ook jou presisiestrategie vir die nuwe seisoen saam met die presisiespan deur ’n gratis plaasbesoek.

Wenke vir veeprodusente

Pieter le Roux, hoof-diere-en-weidingwetenskaplike by NWK, deel die volgende raad vir veeboere in die El Nino-seisoen.

  • Fokus op voeropberging as droogte voorspel word.
  • Maak hooi van alle beskikbare aangeplante weidings wat goed ontwikkel het.
  • Benut waar moontlik die veldweiding en probeer om enige hergroei op aangeplante weidings te bewaar vir staandehooi in die winter.
  • Geen verdere bemesting behoort vir die seisoen toegedien te word nie.
  • Gaan voort met somerlekaanvulling tot die beeste se mis begin droog raak. Gaan dan oor na ’n oorgangslek of winterlek indien toestande verder verswak.
  • Diere op groenvoer (besproeide weidings) kan oor die algemeen net ’n somerlek kry, afhangend daarvan of diere dalk by­komende behoeftes vir produksie of groei het.

Minimum loon vir plaaswerkers

Die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi, het op 2 Februarie die nuwe minimum loon in die Probleme in die landboubedryf raak almal aangekondig. Plaaswerkers sal vanaf 1 Maart 2024 ook baat by die verhoging van die nasionale minimum loon tot R27,58 per uur. Dit is ’n verhoging van 8,5% in vergelyking met die minimum loon van R25,42 per uur, wat tot einde Februarie van toepassing was. Die verhoging is 2,5 persentasiepunte hoër as die gemiddelde inflasiekoers vir 2023, wat 6% was.

Nuus uit AgTech@NWK se ruimte

Kevyn Li, DJI se verteenwoordiger in China (middel), het Suid-Afrika vir drie maande besoek. Hier kuier hy in een van NWK Retail se winkels saam met Willie Coetzer (agentskapeienaar) van Bothaville en Okkie Vermeulen (landboutegnikus).

 

Roneldi van der Westhuizen, grond­kundige, het onlangs haar RMT-eksamen (RPAS Maintenance Technician) geslaag.

 

Die span maak seker dat die hommeltuie gereed is vir die volgende diens wat op plase gelewer gaan word.

Vee: Hou inentings op datum

  • Kalwers wat van April tot Junie gespeen word, moet met Multimin en vitamien A ingespuit word. Inentings teen knopvelsiekte, Slenkdalkoors, beesvirusdiarree (BVD) en milt- en lamsiekte is ook noodsaaklik.
  • Verse wat in Maart/April 18 maande oud is of agt weke voor dektyd is, moet hul tweede dosis RB51 kry. Hulle moet ook teen BVD ingeënt, ontwurm en, waar nodig, teen lewerslak behandel word. Indien nodig, moet hulle ook elke drie maande Multimin en vitamien A-inspuitings ontvang.
  • Alle skape ouer as drie maande moet teen bloednier geënt word, veral waar beoog word om oesreste of groen aangeplante weidings in die winter te benut. Die beste resultate word verkry wanneer inentings ná ses weke met ’n skraagdosis opgevolg word.

Advies verskaf deur Pieter le Roux, hoof-diere-en-weidingwetenskaplike by NWK

Ontmoet ’n nuwe spanlid

Burger Minnaar het in Januarie as agronoom by AgTech@NWK aangesluit. Hy het na die voltooiing van sy hoërskoolloopbaan aan Grey Kollege, sy BSc. Agric-graad met Landbou-ekonomie en Agronomie aan die Noordwes-Universiteit verwerf. “Ek het ’n passie vir landbou en die ekonomiese aspekte daarvan en glo dat ek deur my kennis van landbou-ekonomie en agronomie te kombineer ’n impak sal kan maak.” Burger wil graag ’n bydrae lewer deur presisieboerdery te bevorder en hoop om tegnologiese oplos­sings te implementeer om opbrengste te ver­beter en hulpbronne doeltreffend te benut.

Tags: MRT/APR 2024
Previous Post

Produsente gooi nie maklik handdoek in nie

Next Post

Probleme in die landboubedryf raak almal


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In