• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Fri, May 9, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Promosie

Vroeë sonneblom kan baie voordele vir produsente inhou

Joubert Swanepoel, Hooflandboukundige: Agricol en Lardus Basson, Landbou-ekonoom GWK

17 Sep 2024
in Promosie
Vroeë sonneblom kan baie voordele vir produsente inhou
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Sonneblom is een van die somergewasse wat die minste sensitief is vir plantdatum. Daarom kan dié gewas met groot sukses vroeg én laat aangeplant word in die hoofproduserende sonneblomgebiede. Suid-Afrika se somersaaigebiede plant jaarliks ongeveer 550 000 ha tot 600 000 ha sonneblom, waarvan die grootste gedeelte van hierdie oppervlakte normaalweg in Januarie aangeplant word.

Die vraag moet egter gevra word: Is Januarie die ideale planttyd vir sonneblom of kan vroeë aanplantings meer voordele vir produsente inhou?

Wat sê produsente wat vroeg plant?

’n Paar sonneblomprodusente deel graag hul ondervindings met betrekking tot vroeë sonneblomaanplantings.

FERDI DU PLESSIS

Ferdi du Plessis van die plaas Kalkfontein in die Lichtenburg-distrik sê sonneblom is ’n baie onderskatte akkerbougewas, aangesien dit ’n laerisikogewas is wat ook redelike lae insetkoste vereis. Hy poog normaalweg om sonneblom vroeg te plant, aangesien die plante baat vind by ’n langer groeiseisoen, wat die kanse vir ’n hoër opbrengs aansienlik verbeter.

Volgens Ferdi kan vroeë sonneblomaanplantings in ’n normale seisoen tot soveel as 500kg/ha hoër opbrengste realiseer in vergelyking met laat aanplantings. Hy sê verder dat die ideale plantdatum vir vroeë sonneblom in die Lichtenburg-distrik normaalweg vanaf middel tot einde Oktober is, mits die reënval dit toelaat.

Wat die kultivarkeuse betref vir sy vroeë aanplantings, plant Ferdi graag Agricol se vlagskip konvensionele kultivar, Agsun 5270, maar sê dat die Clearfield®Plus-kultivars ook goed inskakel omdat dit produsente se bestuur vergemaklik en daar ’n groot besparing op arbeidskoste is.

MANIE VAN BILJON

Manie van Biljon van die plaas Braunschweig in die Senekal-gebied plant graag sonneblom so vroeg as moontlik, aangesien dit die werklading op sy plaas versprei en dit ’n inkomste vir sy boerdery skep in ’n tyd wanneer die kontantvloei onder druk is. Hy probeer gewoonlik om sy vroeë sonneblom vanaf die laaste week van Augustus te plant, en poog daardeur dat sy sonneblom klaar geblom het voor die midsomerdroogte sy verskyning maak.

Wat opbrengs betref, sê hy dat vroeë sonneblomaanplantings normaalweg beter doen as later aanplantings, maar dit hang natuurlik van die reënval af, wat in sy gebied baie wisselvallig kan wees. Wat kultivars betref, plant hy graag Agsun 5103CLP. Hy sê Clearfield®Plus-kultivars werk goed vir vroeë aanplantings, aangesien die sonne­blom dan al redelik ver gevorder is wanneer die meeste onkruide begin ontkiem en dus makliker beheer kan word.

GABRIËL RICHTER

Gabriël Richter van die plaas Toevlug in die Bothaville-omgewing sê dit is eerste prys om sonneblom vroeg aan te plant, aangesien dit ’n gewas met ’n laer insetkoste is. Daar is ’n aantal voordele aan vroeë sonneblomaanplantings, waarvan vroeë kontantvloei, die verspreiding van die werklading en die gemoedsrus van vroeë sonneblom die grootste oorwegings is.

Hy sê met sonneblom wat vroeg geplant word, kan die herfsreën meer optimaal benut word om grondvog vir die volgende seisoen op te gaar. Met lande wat vroeër gestroop word, kan bekalking en grondregstelling ook vroeër in die wintermaande gedoen word.

Gabriël reken begin Oktober is ’n goeie planttyd vir sonneblom en beveel Clearfield®Plus-kultivars aan, aangesien dit ’n produsent se spuitprogramrisiko verlaag met betrekking tot die wagperiode vir opvolggewasse. Hy plant graag die kultivars Agsun 5108CLP en Agsun 5109CLP.

Wat sê die landboukundige?

Volgens Joubert Swanepoel, hooflandboukundige van Agricol, is sonneblom bekend as ’n koelweergewas wat by grondtemperature van so laag as 4°C kan ontkiem. Die gemiddelde grondtempe­ratuur waaronder sonneblom met groot sukses verbou kan word, is tussen 10°C tot 31°C. Weens die gewas se goeie rypverdraag­saamheid beteken dit dat dit vroeër en later as ander somergewasse aangeplant kan word.

Ten opsigte van groeitemperature is sonneblom in staat om uiterstes te kan hanteer. Sonneblom is bekend daarvoor dat dit matig rypbestand in die saailingstadium is en temperature van tot -2°C kan oorleef. Dié gewas se opkoms en gerealiseerde plante­stand is ook normaalweg beter wanneer dit vroeg geplant word, aangesien die gronde steeds redelik koel is in vergelyking met later in die seisoen.

Een van die grootste redes om sonneblom vroeg te plant, is dat die gewas normaalweg ’n hoër opbrengspotensiaal het. Vroeë plantdatums stel sonneblom in staat om die groeiseisoen en hitte-eenhede ten volle te benut en verbeter plante se ontwikkelingstyd, wat tot gesonder en sterker plante met ’n hoër opbrengspotensiaal kan lei. Dit kan toegeskryf word aan langer tydperke van foto­sintese deur die loop van die groeiseisoen, wat noodsaaklik is vir plante se ontwikkeling en saadproduksie.

In gebiede waar waterbeskikbaarheid ’n beperkende faktor kan wees, veral gedurende maande wanneer daar normaalweg ’n midsomer­droogte voorkom, kan vroeë plantdatums sonneblomplante help om die beskikbare grondvog meer optimaal te benut en kan plante se wortelstelsels beter vestig.

Aangesien sonneblom ’n penwortelstelsel het en vog vanuit dieper grondlae kan benut, stel dit plante in staat om toegang te verkry tot dieper grondvogreserwes voor kritieke droogtetye aanbreek, wat die risiko van droogtestremming gedurende belangrike groeistadiums kan verminder. Gevolglik kan vroeë sonneblom beter toegerus wees om droë tye te weerstaan, wat tot meer stabiele opbrengste kan lei.

Vroeë sonneblom kan produsente ook help met beter gewasrotasie-beplanning deurdat plante se groeiseisoen voor die herfsmaande afgehandel is. Dit stel produsente in staat om die herfsreën optimaal te benut en grondvog vroeër te kan begin opgaar vir die volgende seisoen. Grondvoorbereiding kan ook vinniger plaasvind, wat tot meer doeltreffende gebruik van produsente se hulpbronne kan lei.

Wanneer sonneblom vroeg gestroop word, kan dit ook ’n bydrae maak tot beter grondgesondheid deurdat produsente betyds winterdekgewasse op daardie lande kan aanplant, wat die volhoubaarheid van produsente se gronde kan verbeter.

Wat sê die landbou-ekonoom?

Oor die afgelope tien jaar dui die marktendense aan dat sonneblom se Safex-pryse normaalweg heelwat beter is vroeër in die seisoen (Maart) teenoor later in die seisoen (April/Mei). Daar is dus ’n geleent­heid vir produsente om hoër winsmarges te bereik deur vroeër in die seisoen sonneblom te lewer en te verkoop, verduidelik Lardus Basson, landbou-ekonoom van GWK.

Soos die begroting in Tabel 1 wys, kan vroeë sonneblomlewerings en -verkope na amper R400/ha meer wins lei, bloot op grond van die prysverskil tussen vroeë en laat lewerings, terwyl daar gewerk is op ’n 1,5 t/ha graanopbrengs vir beide die vroeë en laat sonneblom­aanplantings.

Wanneer daar in ag geneem word dat vroeë sonneblom normaalweg hoër opbrengste kan realiseer as later aanplantings, kan na ’n tweede scenario gekyk word, soos in Tabel 2 aangedui. Hier kan daar duidelik waargeneem word dat moontlike hoër sonneblomopbrengste tesame met ’n hoër vroeë leweringsprys baie meer lonend vir produsente kan wees.

Kultivarkeuse

Die kultivarkeuse speel natuurlik ’n groot rol in die suksesvolle verbouing van enige gewas, en sonneblom is geen uitsondering nie. Pakketaanplantings van twee of meer kultivars kan produsente se risiko doeltreffend versprei in terme van siektes en moontlike klimaatsveranderings. Dit is ook raadsaam dat ’n kulivarpakket moet voldoen aan die produsent se opbrengs- en langtermyn-stabiliteitsvereistes en dat die kultivars in die pakket mekaar komplementeer ten opsigte van hul blomdatum en groeiseisoenlengte.

Aangesien die Suid-Afrikaanse klimaat uitdagende produksietoestande kan skep, is dit raadsaam om kultivars te selekteer wat plaaslik geteel en ontwikkel is. Hierdie kultivars is meer aangepas by plaaslike klimaatstoestande, veral wanneer aanplantings aan skielike stremmingstoestande blootgestel kan word.

Plaaslik ontwikkelde kultivars is ook meer hitteverdraagsaam, terwyl ingevoerde kultivars meer hittesensitief is en ’n hoër risiko vir produsente inhou, veral in seisoene waarin daar heelwat hittegolwe kan voorkom. Hierdie kultivars word normaalweg in lande met aansienlike beter produksietoestande geteel en ontwikkel, en wanneer dit dan aan Suid-Afrika se moeilike produksietoestande blootgestel word, kan dit heelwat laer as die verwagte opbrengste realiseer.

Dit is dus raadsaam vir produsente om langtermyndata te bestudeer voor finale besluite rakende ’n kultivarpakket geneem word.

Agricol se Agsun-sonneblomreeks is bekend vir hul stabiele opbrengste by ’n reeks klimaatstoestande en plantdatums, en word trots plaaslik geteel en geproduseer. Hierdie kultivars is ook bekend vir hul hitteverdraagsaamheid en seisoensaanpasbaarheid.

Tags: Sep/Okt 2024
Previous Post

Nuwe finansiële hoof is ’n “entoesiastiese visionêr”

Next Post

Uilsentrum red alles en nog wat

Recommended

Bestuur jou kudde volgens die klimaat

Bestuur jou kudde volgens die klimaat

9 May 2025
Klein boertjie wen ’n handige prys

Klein boertjie wen ’n handige prys

6 May 2025
March/April 2025: Agricultural economic report

March/April 2025: Agricultural economic report

6 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Bestuur jou kudde volgens die klimaat

Bestuur jou kudde volgens die klimaat

9 May 2025
Klein boertjie wen ’n handige prys

Klein boertjie wen ’n handige prys

6 May 2025
March/April 2025: Agricultural economic report

March/April 2025: Agricultural economic report

6 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In