Twaalf werknemers is Dinsdag vir onderskeidelik 25 en 35 jaar diens by NWK vereer en sáám spog hulle met 380 jaar se diens by NWK. Hulle het sertifikate en geskenke as ‘n blyk van waardering by NWK se opleidingsentrum ontvang, waarna hulle met ‘n heerlike middagete getrakteer is.
Die personeel wat sertifikate vir 35 jaar diens ontvang het, is:
- Henk Greeff (winkelbestuurder van NWK Retail Sannieshof)
- Peet Meyer (winkelbestuurder van NWK Retail Lichtenburg)
- Buks Hills (inspekteur by NWK Silodienste)
- Fanie Mphoihi (algemene werker by NWK Retail Biesiesvlei)
- Petrus Thamaga (afgetrede drywer by NWK Saad-depot)
- Goodman Modisane (trekkerdrywer by Delareyville-silo)
- Frantz Mokoena (kontrolebordbediener by Oppaslaagte-silo)
- Ramothepana Mokoena (kontrolebordbediener by Oppaslaagte-silo)
Frantz en Ramothepana is broers en het saam in 1989 by Oppaslaagte-silo begin. Frantz het ‘n seun wat vandag ook hier werksaam is. “Dis lekker by NWK, hulle kyk mooi na ons,” het Frantz by navraag gesê.
Daleen Kriel (senior krediteureklerk by NWK Finansies), Jacques de Wet (bemarkingsbestuurder by NWK), Priscilla Oosthuizen (vloerbestuurder by die store by NWK Retail Lichtenburg) en Leon Breet (operasionele bestuurder by NWK Silodienste) het erkenning vir 25 jaar se lojale diens aan NWK ontvang.
Die sertifikate is deur Pieter Kleingeld (groephoof- uitvoerende beampte van NWK) oorhandig.