• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jul 30, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Klein boertjie wen ’n handige prys

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur

13 May 2025
in Dinamiese vennoot
Klein boertjie wen ’n handige prys

Marthinus Boone is op die ouderdom van nege al ’n kranige boer en NWK-klant.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

’n Seuntjie van Boons wat ’n indrukwekkende silokompleks uit karton geprakseer het, is met ’n kalfkroeg beloon waarmee hy nou sy eie kalwers met gemak kan voer.

Marthinus Boone (9) se boerdery staan al vyf kalwers sterk en dié kalfkroeg wat hy by NWK gekry het, het hoeka vyf spene waaruit hulle nou gretig kan suip. Dié jongman moes vir ’n taak vir die vak lewensvaardigheid “iets uit sy omgewing bou”. Hy het toe op silo’s besluit. “Dis die enigste ding wat hier is. NWK op Boons,” vertel hy laggend.

“Ek hou van NWK, want hulle het baie goed waarvan ék hou.” Hy het toiletpapierrolletjies en kartonblaaie opgeknip en die silo’s gebou. Toe knip hy NWK se logo uit ’n pamflet en … siedaar!

Sy ouers, Tienie en Sherri-Lee Boone, is gereelde klante van NWK Retail Boons, waar Willem Louw die winkelbestuurder is. Sherri-Lee het foto’s van die oulike klein silokompleks aan Willem se vrou, Lina, gestuur. Sy het dit op haar beurt aan Christine Fraser (bemarkingsbestuurder van NWK Handel) gestuur en daar is besluit om Marthinus vir sy vindingrykheid te beloon.

“Wanneer die gesin voorheen by die winkel (NWK Retail Boons) ingekom het, is Marthinus reguit na die kalfkroeg terwyl sy ouers inkopies gedoen het,” het Willem vertel. “Hy wou dit baie graag hê, maar ons kon dit nie bekostig nie,” het Sherri-Lee bygevoeg.

Die kalfkroeg is op 27 Maart aan Marthinus oorhandig en NWK Arena het met hom oor sy liefde vir boerdery gesels.

Só lyk die silokompleks wat Marthinus vir ’n skoolprojek gebou het.

Hy floreer in die veld

Die gesin het sowat ’n jaar gelede na ’n plaas by Boons verhuis. Hulle was voorheen in Kroondal woonagtig, waar Tienie grondverskuiwingsmasjinerie gebou het en Sherri-Lee ’n koffiewinkel bedryf het.

Marthinus was dadelik verlief op die veld en floreer op die plaas. Hulle het ’n kampie met Hy-line henne gevestig. “Pappa het my gehelp om dit te span,” vertel Marthinus. “Ons het die poultry netting by NWK Brits gesien en vir oom Willem gevra hulle moet dit van ‘Brits Koöperasie’ na Boons stuur.”

Hy het die eiers verkoop, maar die henne het teen Januarie ophou lê. Marthinus vertel dit is omdat hierdie hoenders in ’n laboratorium geteel word om net nege maande lank eiers te kan lê. Hy en sy ma het dit natuurlik ge-Google.

Marthinus het aanvanklik Potch-koekoekies se eiers verkoop en met daardie geld sy eerste Fase D-aanvulling gekoop. Dit is waar sy eintlike passie lê – beeste!

Bonsmaras is die groot droom

Hy het onlangs vyf Jersey-bulletjies ryker geword. “Ek het twee verloor, want hulle het nie genoeg biesmelk by die ma daar anderkant gekry nie. Hulle kan dan maklik siektes optel,” vertel hy gretig.

“Dié een is die oudste. Ek het hom op vyf weke gespeen,” beduie hy. “Die normale reël is twee liter in die oggend en twee liter in die aand. Nou gee ons vir hulle 1,3 liter melk met Fase D. Dis die voer wat jy by NWK koop. Dit het baie proteïen. Dié een is nogal vet van Fase D,” beduie hy na ’n ander kalfie en lag lekker.

“Jy gee hulle nie die hele tyd melk nie, want dan loop hul mae soos water. Hulle word op ses weke gespeen, want dan is hulle rumens klaar ontwikkel. Dis hulle blaarpense.”

Sherri-Lee vertel dat sy en Tienie saam met Marthinus op ’n ontdekkingsreis is om meer van boerdery te leer.

Sy ouers het die kalfies vir hom gekry by ’n melkery in Magaliesburg. Die vorige dag het hulle ’n Jersey-koei in Randfontein gaan haal en Marthinus is vol planne om haar met die bulletjies te kruis wanneer hulle groter is.

Hy wys na ’n ouer kalfie wat hy Chuckyboy gedoop het. “Want hy gaan eendag chuck word,” lag hy. Marthinus verkies ’n vleisras omdat hy glo dat hulle meer geld werd is. Bonsmaras het sy hart gesteel. “Hulle het baie meer vleis aan. Bonsmaras het die mooi­ste, ronde boude!”

Marthinus vertel dat, indien hy sy Jerseys eendag sou verkoop, hy “so 80 (000) kan kry”. Daarmee wil hy dan ’n skokstok en nekklampe vir sy nuwe beeste koop (Bonsmaras, natuurlik), en ’n drukgang bou.

Hy stel nie belang in skape nie “Jy moet die hele tyd net medisyne vir skape koop en hulle word gesteel.”

Sy kalwers drom saam om wildslekke, en Marthinus sê dat dit meer sout en dus magnesium as ander lekke bevat.

’n Kinderhartjie word verbly

Met NWK Arena se besoek was Marthinus nog onbewus van die geskenk wat Willem vir hom saamgebring het maar wou hy graag ’n kalfkroeg hê. “Dit gaan my boerdery vergemaklik. Ek moet elke keer die bottels een vir een skoonmaak, maar ek kan die kalfkroeg sommer met ’n drukspuit skoon spuit.”

Willem het hom gestuur om ’n “stuk gereedskap” agter op sy bakkie te gaan haal en Marthinus was oorstelp toe hy die kalfkroeg sien. “Baie dankie, NWK!” het hy gesê en van oor tot oor geglimlag.

Marthinus sou eersdaags by die CVO-Skool in Derby begin skoolgaan en sal dan maar vroeg soggens en ná skool na sy boerdery moet omsien. Met sy nuwe kalfkroeg sal voertyd by die Boones van Boons egter darem minder tyd in beslag neem.

’n Beloning (’n kalfkroeg) wat handig te pas gaan kom vir Marthinus se vyf kalwers.
Tags: Mei/Jun 2025
Previous Post

March/April 2025: Agricultural economic report

Next Post

Bestuur jou kudde volgens die klimaat


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In