• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Sep 9, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

NWK reageer op vals beweringe van onteiening

NWK-mediaverklaring

8 Sep 2025
in Nuus
NWK reageer op vals beweringe van onteiening
Share on Facebook

NWK neem met skok en teleurstelling kennis van die beweringe op sosialemediaplatforms dat drie plase van wyle me. Lenie Wallis onregmatig opgeveil en beset is, onder instruksie van die verbandhouer, NWK Beperk. Dié vals beweringe van mnr. Hanro Wallis is in ‘n artikel op Maroela Media herhaal, sonder dat NWK die geleentheid gegun is om kommentaar te lewer.

NWK se normale besigheid is om produsente te ondersteun deur hulle van bedryfskapitaal te voorsien om hulle produksiemiddele aan te koop ten einde ‘n boerdery te kan bedryf.

Die betrokke geval was ‘n kommersiële transaksie, en mnr. Wallis en sy ouma (Lenie Wallis), laasgenoemde as borg, het hulle bates – mét beide se geskrewe toestemming – aangebied as sekuriteit vir die voorsiening van die bedryfskapitaal, waarop daar verbande geregistreer is.

Mnr Wallis was nie ‘n sukesvolle produsent nie, kon nie sy skuld vereffen nie en is uiteindelik op aansoek van ‘n derde party gesekwestreer, wat die oproep van sekuriteite tot gevolg gehad het, in samewerking met die eksekuteur wat in wyle Lenie Wallis se bestorwe boedel aangestel is.

NWK het ‘n verantwoordelikheid teenoor die maatskappy en sy aandeelhouers om die nodige stappe te neem om skuld te vorder en gepaardgaande sekuriteit te realiseer.

‘n Wesenlike gedeelte van NWK se aandeelhouers is afgetrede produsente en weduwees van afgestorwe produsente wat afhanklik is van die aandelewaarde en dividende wat uitgekeer word. Indien NWK nie die nodige stappe neem nie, soos in bogenoemde aangeleentheid, word hierdie aandeelhouers benadeel.

Daar is verskeie onwaarhede in die plasings op sosiale media, asook die artikel op Maroela Media, en NWK behou hom die reg voor om strafregtelike en siviele stappe te neem.

Tags: Sep/Okt 2025
Previous Post

Agri NW-kongres fokus op verskilmakers

Recommended

NWK reageer op vals beweringe van onteiening

NWK reageer op vals beweringe van onteiening

8 Sep 2025
Agri NW-kongres fokus op verskilmakers

Agri NW-kongres fokus op verskilmakers

2 Sep 2025
July/August 2025: Agricultural economic report

July/August 2025: Agricultural economic report

27 Aug 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK reageer op vals beweringe van onteiening

NWK reageer op vals beweringe van onteiening

8 Sep 2025
Agri NW-kongres fokus op verskilmakers

Agri NW-kongres fokus op verskilmakers

2 Sep 2025
July/August 2025: Agricultural economic report

July/August 2025: Agricultural economic report

27 Aug 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In