• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Sep 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Agterlosigheid kan jou duur te staan kom

Carike Potgieter, Regsadviseur

15 Sep 2025
in Nuus
Agterlosigheid kan jou duur te staan kom
Share on Facebook

Deesdae neem troeteldiere ’n baie meer dinamiese rol aan in die gesinslewe – meer as net dié van beskermer en/of metgesel. Die aanhou van troeteldiere gaan egter gepaard met sekere verantwoordelikhede en risiko’s, veral wat honde betref.

’n Aanval deur ’n hond kan die slagoffer vermink of doodmaak. Die Pitbull-hond van ’n Bloemfonteinse vrou, Kaebetswe Moroane, het op 12 November 2022 uit haar erf gekom en by dié van die agtjarige buurkind, Olebogeng Mosime, ingegaan en hom daar doodgebyt.

Moroane is in Julie vanjaar skuldig bevind aan strafbare manslag (synde die nalatige veroorsaking van iemand anders se dood) en moet nog gevonnis word. Daar is ’n moontlikheid dat sy volgens die diskresie van die Bloemfontein-streekhof tronkstraf opgelê kan word, afhangende van die graad van nalatigheid.

Dit is dus belangrik dat troeteldiereienaars bewus is van die plig wat op hulle rus om te verseker dat ’n troeteldier ingeperk moet word tot die perseel waar hy aangehou word. Agterlosigheid hiermee of die versuim om dit te doen, hou wesenlike risiko’s en potensiële aanspreeklikheid vir troeteldiereienaars in op beide ’n strafregtelike basis en siviele reg, waar skadevergoeding ter sprake is.

Actio de Pauperie

Gestel ’n drawwer of fietsryer word deur só ’n hond wat by ’n erf uitkom, aangeval. Dit sal waarskynlik geag word as ’n pligsversuim deur die eienaar en die slagoffer sal geregtig wees om skadevergoeding te eis op grond van die Suid-Afrikaanse gemeenregtelike remedie, genaamd Actio de Pauperie. Die aksie vind sy oorsprong in die Romeinse reg, en is geskoei op die basis dat troeteldiereienaars verantwoordelik is vir hulle troeteldiere se optrede.

Die volgende kriteria is van belang:

  • Die persoon teen wie die eis ingestel word, moet die troeteldier se eienaar wees. Dit verg daadwerklike eienaarskap en nie net bloot die uitvoer van beheer oor die troeteldier nie. Eienaarskap behels die reg tot besit.
  • Daar moet bewys word dat die troeteldier se optrede die direkte oorsaak is van die beserings of skade.
  • Daar moet bewys word dat die troeteldier wel makgemaak is.
  • Die troeteldier se optrede mag nie voortspruit uit uittarting of aanhitsing nie.
  • Daar moet ook bewys word dat die troeteldier se optrede buite sy algemene geaardheid was. Die bewyslas berus op die troeteldier se eienaar om dit te bewys.
  • Die slagoffer moes ten tye van die aanval regmatig op die plek waar dit plaasgevind het, wees.

Die volgende skade kan deur middel van die Actio de Pauperie geëis word:

  • Mediese onkoste, insluitend onmiddellike en toekomstige mediese uitgawes.
  • Verlies aan inkomste, tot die mate wat dit voortspruit uit die voorval en/of die gepaardgaande mediese versorging.
  • Pyn en leiding ten opsigte van fisiese en/of emosionele inspanning wat met die voorval verband hou.
  • Littekens en misvorming, mits dit ’n permanente vorm aanneem.

Die troeteldier se eienaar kan een van die volgende verwere opper om die eis teen te staan, tot die mate wat dit op die omstandighede van toepassing is:

  • ’n Bonatuurlike voorval het veroorsaak dat die troeteldier ontsnap en die skade veroorsaak het. ’n Voorbeeld is waar daar deur die loop van die dag niemand tuis is nie en ’n groot storm bars los, wat ’n boom omwaai en ’n heining laat platval.
  • Strafbare/uittartende optrede deur die slagoffer teenoor die troeteldier.
  • Strafbare/uittartende optrede deur ’n derde party teenoor die troeteldier. Dit sluit in dat ’n derde party wat tydelik na ’n troeteldier omsien ’n hek tot die erf agterlosig ooplaat, wat tot gevolg het dat die troeteldier wat ontsnap, skade veroorsaak.
  • Uittartende optrede deur ’n ander dier.
  • Die slagoffer se onregmatige betreding van ’n perseel/plek.

Risiko’s rondom die aanhou van troeteldiere kan verlaag/beperk word deur:

  • Die uitvoer van behoorlike toegangsbeheer tot die perseel waar die troeteldier aangehou word.
  • Behoorlike afsperring van die perseel/gedeelte waar die troeteldier beweeg.
  • Plasing van ’n kennisgewingbord op die heining of by die ingang tot die perseel om enige betreders in kennis te stel dat daar ’n dier op die perseel is en dat die perseel op eie risiko betree word.
  • Spoedige herstel van ’n heining of kennisgewingbord wanneer dit beskadig word.

Ten slotte

Die slotsom is dat troeteldiere se eienaars die omvang van hulle verantwoordelikheid en moontlike risiko vir aanspreeklikheid moet verstaan. ’n Oorversigtige benadering kan hartseer en aanspreeklikheid voorkom.

Bronnelys

  • https://obiter.mandela.ac.za/article/view/12911/17829
  • https://www.bartermckellar.law/litigation-explained/exploring-actio-de-pauperie-a-vital-aspect-of-south-african-common-law#:~:text=Actio%20de%20Pauperie%20is%20a,animal%20owners%20in%20South%20Africa.
  • https://www.burnett-law.co.za/dog-bite-claims/
  • https://www.npa.gov.za/media/bloemfontein-woman-convicted-culpable-homicide-after-deadly-pitbull-attack
Tags: Sep/Okt 2025
Previous Post

Avoid secondary poisoning through pest control

Next Post

Praktiese riglyne vir die 1ste tree in boerdery

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

15 Sep 2025
’n Toekomsblik op aalwurmdoders in Suid-Afrika

’n Toekomsblik op aalwurmdoders in Suid-Afrika

15 Sep 2025
Goedkoop glifosaat kan jou duur lesse leer

Goedkoop glifosaat kan jou duur lesse leer

15 Sep 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

15 Sep 2025
’n Toekomsblik op aalwurmdoders in Suid-Afrika

’n Toekomsblik op aalwurmdoders in Suid-Afrika

15 Sep 2025
Goedkoop glifosaat kan jou duur lesse leer

Goedkoop glifosaat kan jou duur lesse leer

15 Sep 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In