Onkruid ding mee met tuinplante vir spasie, water, voedingstowwe en lig, wat plantgesond-heid en -produktiwiteit kan beïnvloed. Onkruid kan ook plae en siektes lok, wat tuinonderhoud nog veeleisender maak.
Gereelde en geteikende onkruidbeheer is belangrik vir doeltref-fende tuinonderhoud, en Protek se nuutste toevoegings tot hul reeks maak ligte werk daarvan.
Protek Weed Destroyer is ’n sistemiese, nie-selektiewe onkruiddoder wat ontwikkel is om onkruid en grasse te beheer. Dit moet op die groen blare en bas van aktiefgroeiende onkruid toegedien word om van verskeie soorte ongewenste plantegroei ontslae te raak.
Die produk is in twee opsies beskikbaar om by verskillende tuingroottes te pas. Die nuwe battery-aangedrewe 5-liter-houer sluit batterye in en maak toediening maklik en doeltreffend – mik en spuit eenvoudig. Dit kan toegedien word op sypaadjies, tuinpaadjies, patio’s, opritte, heiningslyndrade en geïsoleerde onkruid weg van waardevolle plante. Vir die beste resultate moet breëblaaronkruide en ongewenste grasse tot by die punt van afloop gespuit word.
Protek Weed Destroyer is geformuleer vir die beheer van hardnekkige onkruid in en om tuine. Die sistemiese werking en gereed-vir-gebruik formulering sorg vir maklike en gerieflike toediening met betroubare resultate.
Breëblaaronkruide wat met gras meeding vir sonlig, water en voedingstowwe, kan tot onversorgde en ongesonde grasperke lei. Algemene grasperk-onkruide sluit in klawer, amarant, kakiebos, knapsekêrel, dubbeltjies en nog baie ander.
Protek Lawn Defender is ’n selektiewe onkruiddoder wat geformuleer is om breëblaaronkruide te teiken sonder om skade aan grasperke aan te rig. Dit moet toegedien word sodra onkruide opgekom het en aktief groei. Vir die beste resultate moet Lawn & Foliage Fertilizer 7:1:3 twee tot drie weke voor die onkruidbehandeling toegedien word. Indien daar enige verkleuring van gras voorkom, is dit tydelik van aard. Die produk is beskikbaar in ’n 375 ml RTU-spuitbottel.
Protek Lawn Defender bied doeltreffende, geteikende onkruidbeheer vir ’n moeitevrye, onkruidvrye en gesonde grasperk.
Chemiese onkruiddoders bied doeltreffende onkruidbeheer wanneer dit korrek gebruik word. Dit is noodsaaklik om die etiket-instruksies deeglik te lees en te volg, en die gepaste onkruiddoder vir die spesifieke omstandighede te gebruik. ’n Geïntegreerde benadering – insluitende die korrekte produkkeuse, optimale tydsberekening en nakoming van etiket-instruksies – sal suksesvolle onkruidbeheer verseker.
Geregistreer ingevolge Wet 36 van 1947.
Onthou, lees die etiket voordat jy die produk gebruik.