• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Nov 13, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Jongboere kyk terug op ’n jaar vol hoogtepunte

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur

13 Nov 2025
in Nuus
Jongboere kyk terug op ’n jaar vol hoogtepunte

Die mieliewenners, GJ Theart, Michael John Mathews en Janco du Bruyn, saam met Rinus de Bruin (links) en Pieter Kleingeld, NWK se groephoof- uitvoerende beampte (regs).

Share on Facebook

Die jaarafsluiting van NWK se Jongboerprojek is op 10 Oktober by NWK se opleidingsentrum gehou, waar die wenners in die mielie-, sonneblom- en soja-­boonkategorieë vir hul prestasies vereer is.

Lede van NWK se Jongboerprojek het die afgelope jaar bevredigend presteer, ten spyte van uiterste weerpatrone wat hulle aan die begin van die seisoen met min vog gelaat het en later tot oorstromings gelei het.

Die wenners

MIELIE-OPBRENGS

  • Waar verlede jaar se wenner ’n mielie-opbrengs van 5,36 t/ha behaal het weens ’n baie droë seisoen waartydens die reënval ver onder die langtermyngemiddeld was, spog vanjaar se wenner, Michael John Mathews van die Lichtenburg-omge­wing, met ’n opbrengs van 7,61 t/ha.
  • Janco du Bruyn, ook van die Lichtenburg-omgewing, is in die tweede plek met 7,39 t/ha.
  • GJ Theart, ook van Lichtenburg, het derde in die mielie-afdeling geëindig met ’n opbrengs van 6,88t/ha.

SONNEBLOM-AFDELING

  • Robert Pretorius het met die louere weggestap met 1,9 t/ha.
  • GJ Theart het tweede geëindig met 1,62 t/ha.
  • Rudolph Schulenburg was derde met 1,3 t/ha.

Die groep jongboere se sonneblomopbrengste was vanjaar die swakste sedert die projek se ontstaan in 2014. Rinus de Bruin, ’n agronoom by AgTech@NWK en bestuurder van die Jongboerprojek, het verduidelik dat talle sonneblomaanplantings onder Sclerotinia gebuk gegaan het weens die groot hoeveelheid reën wat vroeg in 2025 in NWK se bedieningsgebied geval het. “Die baie reën het ook kopvrot onder die gewasse tot gevolg gehad. Voorts het dit ook sonneblom se bestuiwing en die olie-inhoud negatief beïnvloed.”

In die sonneblom-afdeling het dié drie jongboere erkenning gekry: GH Theart, Robert Pretorius en Rudolph Schulenburg.

SOJABOONPRODUKSIE

  • Anton Hansen (Lichtenburg-omgewing) was die wenner in die sojaboon-afdeling met 3,1 t/ha.
  • Anthon Jones (Koster-omgewing) was tweede met 2 t/ha.
  • Ruwan van den Berg (Hartbeesfontein) was derde met 2,47 t/ha. (Anthon se produksiekoste per ton was egter meer as dié van Ruwan.)
Rinus en Pieter het ook die sojaboonwenners, Ruwan van den Berg en Anthon Jones, gelukgewens. Anton Hansen, wenner in die sojaboon-afdeling, kon nie die geleentheid bywoon nie.

BESTE ADMINISTRASIE

Dalton Viljoen is vir die beste administrasie van al die deelnemers aan die projek vereer.

Dalton Viljoen ontvang die toekenning vir die beste administrasie. By hom is sy vrou, Candice.
Dean Barnard, wat die jongboere oor goeie geestesgesondheid toegespreek het, en sy vrou, Carla.
Mick Carroll gesels oor die groep se leersame toer.

Kry hulp vir swak geestesgesondheid

Een van die deelnemers aan vanjaar se Jongboerprojek het in September weens selfdood gesterf. Dean Barnard, ’n hops- en pruimboer naby George en Agri Wes-Kaap se jongboer van 2024, het NWK se jongboere gevolglik oor goeie geestesgesondheid toegespreek en mans aangemoedig om betyds hulp te kry.

NWK het hom gevra om met lede van die Jongboerprojek te gesels nadat hy in ’n potgooi op landbou.com gesels het oor ’n dag in 2021 toe hy sy eie lewe wou neem. Dean het openhartig gesels oor die probleme wat hom na hierdie besluit gelei het. Hy het gelukkig daarvan afgesien en het professionele hulp ontvang.

Hy het syfers van navorsing wat in Australië onder produsente gedoen is, aangehaal. Hier sterf een van hulle elke tien dae aan selfdood. Die vernaamste faktore wat dit veroorsaak, is droogte, natuurrampe, finansiële spanning, moeilike toegang tot geestesgesondheidsdienste en lang werksure.

Dean het Jesaja 40:30 aangehaal: “Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat. Selfs manne in hulle fleur struikel en val. Maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie. Hulle loop en raak nie afgemat nie.”

Hy het die jongboere aangemoedig om, buiten om met opgeleide beraders en dokters te praat, ook hul stryd met vriende te deel en vir mekaar te bid.

Hy het ’n swaar rugsak met klippe gevat en daarvan aan die gehoorlede uitgedeel. Die klippe het probleme soos angs, trauma, skuld en huwelikspanning verteenwoordig.

“Kyk na julleself en jul geestesgesondheid. As dinge moeilik raak, erken jy het ’n probleem en práát daaroor. Hoe meer ek oor myne gepraat het, hoe ligter het my sak geword.”

Jongboere steek kers op by die Argentyne

Lede van die Jongboerprojek is in Maart na Argentinië – ’n land in Suid-Amerika wat bekend is vir sy mielie­produksie en herlewingslandboupraktyke.

Mick Carroll het enkele hoogtepunte en foto’s van hul toer met die gehoor gedeel. Hulle het onder andere ’n Angus-beesboer besoek, asook ’n voerkraal, die plaaslike graanverhandelingsraad, Cofco, ’n CNL-fabriek, wat trekkers en ander implemente vervaardig, en ’n reuse-landbouskou. “Dit het aan ons ’n fantastiese geleentheid gebied om kennis op te doen, ons visie te verbreed en ons lewensuitkyk uit te brei.

“Ons het waardevolle ondervinding opgedoen op terreine wat minder bekend is aan ons en ons kon noue bande met individue en verskaffers smee,” het Mick vertel.

’n Paar hoogtepunte van die jongboere se besoek aan Argentinië.
Tags: Nov/Des 2025
Previous Post

Dis die klein dingetjies wat tel

Next Post

Agri NW se topboer wys sy slag met Bovelders

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 Nov 2025
Praktiese riglyne vir die 1ste tree in boerdery

Praktiese riglyne vir die 1ste tree in boerdery

13 Nov 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 Nov 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 Nov 2025
Praktiese riglyne vir die 1ste tree in boerdery

Praktiese riglyne vir die 1ste tree in boerdery

13 Nov 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 Nov 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In