• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Jan 22, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Zane Barnard, Junior grondkundige

22 Jan 2026
in Tegniek
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs
Share on Facebook

Deel 3

In deel 1 en 2 van hierdie reeks (wat in die vorige twee uitgawes van NWK Arena verskyn het), is daar uitgebrei oor die bevindings dat ’n toename in die effektiewe gronddiepte ’n toename in mielie-opbrengs tot gevolg het. In die laaste van hierdie reeks artikels, word gekyk na die stabiliteit van opbrengste op die verskillende gronddieptes in Noordwes, asook die verskillende klimaatstreke.

Dit is vir die produsent nie net belangrik om te weet dat ’n toename in gronddiepte tot ’n beter mielie-opbrengs lei nie. Dit is net so be­langrik om te weet hoe stabiel die opbrengste is wat op verskillende gronddieptes verwag kan word. Die begrip “stabiele opbrengs” verwys na die verskille tussen die minimum, gemiddelde en maksimum opbrengste wat oor verskeie jare verkry word.

Wanneer spesifieke grond dieper is en meer stabiele opbrengste lewer, stel dit die produsent in staat om meer optimaal te bemes en die plantestand beter by die potensiaal aan te pas. Finansiële en opbrengsverliese kan gely word as gevolg van oorbemesting en saadkoste in jare met ’n lae opbrengs en/of ’n abnormale lae plantestand in jare met ’n hoë opbrengs.

Die algemene mening is dat hoe dieper die grond is, hoe meer stabiel sal die mielie-opbrengs wees. Is dit wel só?

Studiegebiede

Die studiegebiede wat ondersoek is, is dieselfde as dié wat in die eerste twee dele van hierdie artikelreeks ondersoek is.

  • Coligny in Noordwes is as die eerste studiegebied gebruik. Dit is in die koue semi-ariede klimaatstreek geleë (Schulze, 1994), met ’n gemiddelde reënval van 609 mm per jaar. Hierdie produsent het gedurende die studietydperk 16 000 plante per hektaar geplant. Die studiegebied het uit twee lande bestaan, met ’n totale oppervlakte van 270 ha. Data wat van die studiegebied verkry is, strek oor ’n tydperk van tien jaar.
  • Marquard in die Oos-Vrystaat is as die tweede studie­gebied gebruik. Dit is in die suidwestelike Hoëveld-klimaatstreek geleë (Schulze, 1994), met ’n gemiddelde reënval van 526 mm per Die beraamde plantestand gedurende die tydperk van dié studie was 25 000 plante per hektaar. Die studiegebied het oor twee lande gestrek, met ’n totale oppervlakte van 195 ha. Data wat verkry is, strek oor ’n tydperk van sewe jaar.
  • Belfast in Mpumalanga is as die derde en laaste studiegebied Dit is in die Oostelike Hoëveld-klimaatstreek geleë (Schulze, 1994), met ’n gemiddelde reënval van 835 mm per jaar. Die beraamde plantestand gedurende die studie was 50 000 plante per hektaar. Die studiegebied het oor 28 lande gestrek, met ’n totale oppervlakte van 488 ha. Die data strek oor ’n tydperk van 13 jaar.

Resultate en beskrywing

Die data is van die hoogste na die laagste opbrengs per diepteklas per gebied gesorteer. Die eerste kwartiel verwys na die onderste 25% van die opbrengste wat verkry is. Die derde kwartiel verwys na die boonste 25% van die opbrengste (Tabel 1).

Coligny

  • Die matige grondklas het die mees stabiele opbrengs gelewer (8 901 kg/ha), terwyl die diep grondklas die swakste stabiliteit getoon het (9 534 kg/ha). Die variansie is 633 kg/ha.
  • Die baie diep grondklas het die tweede beste stabiliteit getoon (9 338 kg/ha), terwyl die vlak grondklas die tweede swakste stabiliteit getoon het (9 402 kg/ha). Die verskil was slegs 64 kg/ha. Die matige en baie diep grondklasse het ’n totale reeksverskil van 437 kg/ha getoon (Tabel 1).

Marquard

  • Die matige grondklas het weereens die beste stabiliteit gelewer (5 008 kg/ha), terwyl die diep grondklas die swakste stabiliteit getoon het (8 798 kg/ha). Die variansie was 3 790 kg/ha.
  • Die vlak grondklas het die tweede beste stabiliteit gelewer (5 568 kg/ha), terwyl die baie diep grondklas die tweede swakste stabiliteit getoon het (8 526 kg/ha) – ’n verskil van 2 958 kg/ha (Tabel 1).

Belfast

Die diepteklasse het soortgelyke stabiliteit getoon:

  • Vlak grondklas: 11 717 kg/ha
  • Baie diep grondklas: 11 724 kg/ha
  • Diep grondklas: 11 779 kg/ha

Hierdie klasse het met slegs 62 kg/ha van mekaar verskil. Die matige grondklas het egter die swakste stabiliteit getoon, met ’n totale reeks van 12 175 kg/ha (Tabel 1).

VERDUIDELIKING

Soos reeds genoem, toon Tabel 1 dat beide die Marquard- en Coligny-studiegebiede se matige grondklas die beste opbrengsstabiliteit gelewer het. Die tweede mees stabiele grondklas was óf die baie diep óf die vlak grondklas. Die diep grondklas het die swakste stabiliteit in albei gebiede getoon.

Die Belfast-studiegebied het oor die algemeen baie meer onstabiele opbrengste gelewer, met ’n gemiddelde opbrengsvariasie van 11 849 kg/ha. Hierdie waarneming kan moontlik toegeskryf word aan die hoë plantestand wat in dié gebied gebruik word.

Wanneer daar na die gemiddelde opbrengsstabiliteit van die vier gronddiepteklasse oor al drie studiegebiede (Figuur 1) gekyk word, kan die gevolgtrekking steeds gemaak word dat die matige diepteklas die mees stabiele opbrengste gelewer het.

Die vlak diepteklas het die tweede beste stabiliteit gelewer, met die baie diep diepteklas wat die derde mees stabiele opbrengste getoon het. Die diep diepteklas het die swakste stabiliteit gelewer.

’n Moontlike verklaring vir waarom die matige diepte­klas die hoogste stabiliteit gelewer het, is omdat die pro­fiel in droër jare vinniger kan opvul met plantbeskikbare water. Die diep en baie diep grondklasse ontvang nie noodwendig genoeg water om die profiel volledig op te vul nie. Die vlak diepteklas se profiel vul in droër jare ook vinniger op, maar die moontlikheid vir versuiping in natter jare is baie hoër.

Figuur 1: ’n Boksdiagram van die effektiewe diepte teenoor die opbrengsgemiddeldes oor al drie studiegebiede.

Samevatting

Die mening dat hoe dieper die effektiewe gronddiepte is, hoe hoër is die opbrengsstabiliteit, is nie noodwendig altyd korrek nie. Dit is belangrik om ’n balans tussen die opbrengsvlakke en opbrengsstabiliteit te vind.

Verder kan die afleiding gemaak word dat, wanneer ’n mens na die opbrengs en opbrengsstabiliteit kyk, die hele land nie oor dieselfde kam geskeer kan word nie. Dit is belangrik om die reënval, gronddiepte en omgewingsfaktore in ag te neem wanneer opbrengsstabiliteit beoordeel word.

Bronnelys

  • Land Type Survey Staff, 2002. Land type survey of South Africa. ARC-ISCW, Pretoria
  • SA Explorer, 2017. Belfast Climate [Online]. Available at: http://www.saexplorer.co.za/south-africa/climate/belfast_climate.asp [2 March 2020]
  • SA Explorer, 2017. Marquard Climate [Online]. Available at: http://www.saexplorer.co.za/south-africa/climate/marquard_climate.asp [2 March 2020]

Schulze RR, 1994. Climate of South Africa. Part 8: General survey. Pretoria, Government Printer

Tags: Jan/Feb 2026
Previous Post

Water use licences: What every producer needs to know

Next Post

CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

Recommended

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

22 Jan 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

22 Jan 2026
CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

22 Jan 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

22 Jan 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

22 Jan 2026
CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

22 Jan 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In