• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Jan 22, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

22 Jan 2026
in Tegniek
Landbou vandag
Share on Facebook

Kry oorlêlande gereed

Dit is nou die gepaste tyd om chemiese regstellings op oorlêlande te doen, noem Eric Louw, bestuurder: Presisieboerdery by AgTech@NWK. “Gegewe die koste van kalk en ander misstowwe, maak dit ekonomies sin om dit variërend te doen en slegs op dié gedeeltes regstellings te doen waar dit nodig is – in plaas daarvan dat die hele land teen ’n algemene peil bekalk of bemes word.”

Hy voeg by dat daar nou oorgenoeg tyd is om verdigte sones in die lande by wyse van ’n penetrometer op te spoor en dan die regte bewerkings vir die komende seisoen uit te voer. AgTech@NWK se grondverdigtingsdiens is spesifiek vir hierdie doel ontwerp. Advies rakende voorgestelde bewer­kingspraktyke is deel van dié diens.

Stel probleme vinnig reg

Volgens Eric is Februarie en Maart die ideale tyd om gewasprestasie te evalueer en probleemaspekte te identifiseer sodat dit reggestel kan word. Dit kan gedoen word deur wortelontwikkeling in profielgate te bestudeer en deur petiool- en/of blaarontledings te laat doen om die vlakke van plantvoeding te evalueer.

Satellietbeelde is ook van waarde om gebiede in lande wat onderpresteer, te identifiseer. Profielgate en plantontledings kan spesifiek in dié gebiede gedoen word. AgTech@NWK bied ook ’n hommeltuigdiens, waar lande met ’n hommeltuig besigtig word om NDVI-beelde te genereer en visuele beelde te verkry om probleemkolle te identifiseer.

Gewasse op lande kan ook nou vir siektes en plae ondersoek word en waar nodig, moet aksies uitgevoer word om dit te beheer. Let veral op na grysblaar­vlek, noordelike blaarskroei en Goss-verwelksiekte op mielies, hoekige blaar­vlek op sonneblom en vroeë en laat blaarvlek op grondbone.

Insekplae wat dopgehou moet word, is landmeterruspes op sonneblom en bolwurm op sojabone. Sclerotinia op beide sonneblom en sojabone is tans nog ’n onbeheerbare siekte. Toetse vir aalwurmgetalle in die grond kan ook nou sinvol gedoen word. Skakel gerus ’n landboukundige by AgTech@NWK om jou hiermee by te staan.

Span dié toep in

  • Opgedateerde satelliet- en NDVI-beelde van die hele NWK-bedieningsgebied word elke vyf dae op die NWK Online-toepassing bygevoeg. Dit kan ná registrasie op die toepassing gratis deur ’n selfoon, tablet of rekenaar bekom word. ’n Skakel hiervoor is op NWK se webwerf beskikbaar.
  • Produsente se lande moet korrek aan die toepassing gekoppel word om die volle funksionaliteit daarvan te ontsluit. Kontak jou silobestuurder om die koppelings van lande te doen of regstellings te maak.
  • Indien die boerdery se chemiese presisie by AgTech@NWK Presisieboerdery gedoen is, is dit ook op die NWK Online-toepassing beskikbaar en kan dit ook in die lande gebruik word om probleme by swak presterende kolle te identifiseer.
  • Grondpotensiaal-kaarte is ook op dié toepas­sing beskikbaar en kan gebruik word om die gewasprestasie in sekere gebiede te verklaar.

Advies rakende weidings

“Die tweede stikstofbemesting kan waar van toepassing nou toegedien word, indien voldoende reën geval het,” sê Pieter le Roux, hoof- vee-en-weidingkundige by NWK. Hy deel ook die volgende raad:

  • Finale voorbereidings vir Februarie/Maart-aanplantings moet nou gedoen word. Verseker ’n onkruidvrye, fyn en goed voorbereide saadbed, waarvan die voedingstofstatus reeds reggestel is, om in te plant.
  • Vleikampe kan nou rus om moontlik later nog ’n keer benut te word of uit te groei en saad te skiet. Vee kan voortgaan om die soetveld te benut.
  • Suurveld behoort reeds opgevreet te wees. Laasgenoemde begin nou uiters onsmaaklik raak.

Ontmoet die nuwe tegniese redakteur

Martiens du Plessis is die nuwe tegniese redakteur ná die afsterwe van Arno van Vuuren.

Baie van die NWK Arena-lesers sal hom onthou as ’n grondkundige wat self bykans vier dekades se diens by NWK gehad het voordat hy in 2023 by die maatskappy uitgetree het. Hy het in 1985 as ’n grondkundige by NWK begin werk en was tot sy uittrede die bestuurder van landboustelsels en -projekte.

In sy tyd by die maatskappy het hy nagenoeg 115 artikels vir NWK Arena (voorheen bekend as Noordwes Nuus) saamgestel, asook bydraes vir elke uitgawe se “Voëlnuus” gelewer. Martiens het egter nié afgetree nie en hy werk steeds as ’n onafhanklike grondkundige.

Hy is in 2009 as Graan SA se Landboukundige van die Jaar aangewys, én in 2022 as Landbouskrywers SA se Landboukundige van die Jaar in Noordwes. Martiens het ook vir twee jaar as die president van die Grondkundevereniging van Suid-Afrika gedien (2019 tot 2020).

Veeprodusente, neem kennis

  • Die dekseisoen vir skape nader sy einde. Dragtigheidsondersoeke kan vanaf drie weke ná die einde van die dekseisoen gedoen word. Meerlingooie moet voor en ná lamtyd in ’n spesiale bestuursgroep geplaas word.
  • Geen inentings met lewendige ent­stowwe moet tydens dragtigheid gedoen word nie, aangesien dit tot embrio-afsterwing of -afwykings kan lei. Raadpleeg dus jou veearts indien sulke inentings nodig is.
  • Ontwurm strategies en doseer slegs diere wat besmet is. Hou rekord daarvan en selekteer teen diere wat chronies besmet raak.
  • Beeskuddes in ’n somerdekseisoen behoort reeds sedert begin November of Desember in hul dekseisoen te wees. Dragtigheidsondersoeke kan vanaf twee maande ná dektyd gedoen word.
  • Voorsien ’n somerlek (P6 of P12, 50/50 gemeng met sout) ad lib aan beeskuddes.

Belangrik om te onthou

Tags: Jan/Feb 2026
Previous Post

CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

Next Post

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

Recommended

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

22 Jan 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

22 Jan 2026
CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

22 Jan 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

22 Jan 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

22 Jan 2026
CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

22 Jan 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In