• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Jan 22, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

Uit die tegniese redakteur se pen

22 Jan 2026
in Tegniek
Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning
Share on Facebook

Boerdery is meestal ’n tipiese familie-onderneming wat vir verskeie geslagte in ’n familie bly. Dit impliseer dat die boerdery van tyd tot tyd na die volgende geslag oorgedra word.

By sommige boerderye gebeur die opvolg probleemloos, terwyl dit in talle ander gevalle só onsuksesvol gebeur dat dit die einde van die familieboer­dery beteken. Daar word beraam dat slegs 10% van familieboerderye tot in die derde generasie in die familie bly en dat die rede vir dié onsukses­volle oorgee van die aflosstokkie aan gebrekkige strategiese opvolgbeplanning en die implementering daarvan toegeskryf kan word.

Sleutelsuksesfaktore van boerderye se opvolging:

  • Die opvolger(s) moet vroegtydig geïdentifiseer word.
  • In die geval van meervoudige opvolgers, moet duidelike rolverdeling plaasvind.
  • Bestuursopleiding moet doelgerig gegee word en die opvolger(s) moet by besluitneming betrek word. Die aspekte wat in berekening gebring moet word, moet stelselmatig oorgedra word. Die opvolger(s) moet leer om besluite op die regte beginsels te skoei.
  • Leierskap en die boerdery se visie moet by die opvolger(s) ontwikkel word.
  • Akademiese opleiding in veral ekonomiese en bestuurswetenskappe maak ’n groot verskil.
  • Dit neem etlike jare om die bestuursvaardighede en visie suksesvol oor te dra, met ’n minimum van vyf jaar. Soos wat die opvolger begin om die verantwoordelikhede oor te neem, moet die uittreder die aflosstokkie begin oorgee en toelaat dat die opvolger begin om aksies in die boerdery oor te neem.
  • Die uittreder raak algaande al minder betrokke by die daaglikse operasionele besluite en later al minder by die strategiese besluite.
  • Die uittreder benut die jong opvolger(s) se nuwe energie en dinamika in die boerdery en gebruik dit doelbewus om die gaping wat tydens sy afskaling ontstaan, te vul.
  • Gesag word geleidelik oorgedra sodat plaasbestuurders en plaaswerkers aan die nuwe gesagstruktuur gewoond raak.
  • Suksesvolle opvolgers bly tap uit hul mentor se ondervinding deur besluite met hom/haar te bespreek.
  • Die uittreder ag dit as ’n lewensdoelwit om die boerdery suksesvol aan sy opvolger(s) oor te dra sodat die boerdery later sonder sy insette kan voortbestaan.
  • Suksesvolle opvolgers omring hulself met mentors op spesialis­ge­biede in die boerdery, soos vakspesialiste en kundige verskaffers.

Faktore in onsuksesvolle opvolging:

  • Die gebrek aan ’n visie om die boerdery se aflosstokkie aan te gee.
  • Die boerdery is te klein om beide die uittreder en opvolger tydens die oorgangsproses te onderhou.
  • Die uittreder het nie die middels om finansieel onafhanklik uit te tree nie.
  • Die uittreder bly vasklou aan die dinge waarvoor hy sy lewe gewerk het, met die vrees dat dit tot niet sal gaan as hy dit aan sy opvolger oordra. Die uittreder het nie die vertroue in sy logiese opvolger om die boerdery suksesvol te kan bestuur nie.
  • Die uittreder hou vol met ou praktyke en staan vernuwing deur opvolgers teë, wat tot konflik lei en veroorsaak dat opvolgers belangstelling in die boerdery verloor.
  • Familieverwante aspekte soos die regmatige verdeling van bates breek talle boerderye op.
  • Die uittreder begin te laat in sy lewe met die implementering van die opvolging. Hy verloor energie om die boerdery te bestuur en die boerdery begin agteruitgaan.
  • Gesag en verantwoordelikheid word nie oorgedra nie, en die opvolger is in wese maar net ’n plaaswerker.

Daar is ’n gesegde wat lui: “Die grond behoort nie aan hierdie geslag nie, maar ons leen die grond eintlik van die volgende geslag.” Dit is die huidige boerdery-ondernemer se verantwoordelikheid om strategiese opvolging te beplan en betyds te implementeer.

Martiens du Plessis, Tegniese redakteur, martiens@soilcrop.co.za

Tags: Jan/Feb 2026
Previous Post

Landbou vandag

Recommended

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

22 Jan 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

22 Jan 2026
CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

22 Jan 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

22 Jan 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

22 Jan 2026
CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

22 Jan 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In