• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Mar 24, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Leef dié jaar ligter

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur

23 Mar 2026
in Dinamiese vennoot
Lenteprag verdryf hartseer
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Die Great Brick Run in Potchefstroom is ’n gewilde wedloop wat uit ’n halfmarathon van 21,1 km, 10 km en ’n pretdraf van 5 km bestaan. Dit word deur Berts Bricks Atletiekklub aangebied. Berts Bricks is een van die grootste baksteenondernemings in Suid-Afrika en is net buite Potchefstroom geleë.

Deelnemers aan die halfmarathon gaan draai op ongeveer 10,6 km in dié baksteenonderneming se fabriek om, waar hulle dan die keuse het om ’n baksteen op te tel en daarmee na die eindstreep terug te hardloop. Jy “ruil” by die eindstreep jou baksteen “in” vir ’n sespak bier van jou keuse.

Dit is geen geringe taak om met ’n baksteen van ongeveer 2 kg altesaam 10,6 km te hardloop nadat jy reeds 10,6 km afgelê het nie. Buiten dat dit swaar is, is dit ’n ongemaklike voorwerp om mee te hardloop, omdat dit nie regtig vashouplek het nie en jy dit as’t ware in een hand moet vasklem.

Ek het met my deelname aan die halfmarathon op 24 Januarie met groot belangstelling die deelnemers dopgehou wat wél ’n baksteen geneem en daarmee na die eindstreep gemik het. Sommige laat dit moeiteloos lyk, maar die meeste sê les op om die wedloop met die ekstra gewig te voltooi.

Van hulle hardloop met ’n lap-inkopiesak waarin hulle die baksteen prop. Ander sit dit in ’n rugsak, maar besef later dat dit nie baie slim was nie omdat die baksteen nogal hard op jou rugwerwels kap elke keer wat jou tekkie die teer slaan.

Die beloning by die eindstreep is egter groot! Yskoue bier wag op hulle
en baie deelnemers knak die eerste een daar en dan.

Ek het nie ’n baksteen opgetel nie, dankie! ’n Halfmarathon is uitdagend genoeg sónder ’n baksteen! Dan hoes ek eerder self die R100 wat ’n sespak Flying Fish kos.

Tog het ek groot bewondering vir die dapperes wat wel ’n baksteen neem en daarmee die wedloop voltooi. Die lekkerste deel van hulle hele wedloop is wanneer hulle daardie baksteen uiteindelik kan neersit! Dit is vir my simbolies van ’n gelowige wat sy/haar (swaar) bagasie by Jesus se voete neersit. Daardie verligting wat hulle ervaar …

Ons het nog betreklik min “kilometers” in 2026 afgelê. Tog is baie mense met wie ek praat se tenks reeds leeg. Die spreekwoordelike wiele is pap. Ons kreun almal onder die gewig van een of ander probleem. ’n Beeskudde wat lamgelê word deur bek-en-klouseer. Mielies wat hitte­stres ervaar terwyl die reën wegbly. ’n Geliefde wat die stryd teen kanker verloor. Gebrekkige finansies wat dit onmoontlik maak om jou kind universiteit toe te stuur.

Dis komplekse probleme, sonder eenvoudige oplossings. 1 Petrus 5:7 sê: “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.”

Ek het al gebid vir uitkomste wat ek nie gekry het nie – of ek het ander uitkomste gekry as waarvoor ek gevra het. Tog het elke pro­bleem waarmee ek nog geworstel het, ligter gevoel deur net met my Skepper daaroor te praat. Hy verstaan. Ons sal eendag ook.

Tags: MRT/APR 2026
Previous Post

‘Boer 2.0’ vind gestalte by TLU SA se jongboerkongres

Next Post

Hiér werk almal lekker

Recommended

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

23 Mar 2026
Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

23 Mar 2026
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Bewaringsnuus uit ons kontrei

23 Mar 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

23 Mar 2026
Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

23 Mar 2026
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Bewaringsnuus uit ons kontrei

23 Mar 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In