• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Mar 23, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

23 Mar 2026
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Gevlekte ooruil (spotted eagle owl)

Share on Facebook

Uilsentrum met ’n groter missie

Die span van die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing red lankal nie meer net uile nie – al was Brendan en Danielle Murray, eienaars en stigterslede, se aanvanklike droom die bewaring van uile. “Ons red nou enigiets op enige plek, enige tyd – ongeag of dit ’n luiperd is wat vasgevang is in ’n strik, ’n hadeda wat op ’n selfoontoring nesmaak of ’n weesolifant,” vertel Brendan op hul Facebook-blad. Dié organisasie het só uitgebrei dat hulle nou ’n groot ondersteunersnetwerk opgebou het – van rehabilitasie­sentrums tot lede van die publiek wat help met vervoer.

Hier is van die reddingspogings oor die afgelope paar weke.

’n Blesboklammetjie wat “in die gramadoelas” gered is en nou ’n nuwe tuiste het by die South African Wildlife Rehabilitation Centre.
Hierdie was die twaalfde blou-apie wat dié seisoen gered is. Die kleinspan word eers in veilige bewa­ring hans grootgemaak en dan later by volwasse vroulike blou-ape vrygelaat.
Soms vereis ’n reddingspoging baie swoeg en sweet. Daar is ook twee bobbejane gered wat in ’n klein hokkie iewers in die Noord-Kaap aangehou is. Buiten vir die 2 000 km wat die span moes aflê, het die reddingspoging vyf ure geneem. Dié boetie en sussie is in ’n veilige gebied vrygelaat.
Dan is daar darem ook uile wat gered word, soos die gevlekte ooruil (spotted eagle owl) wat deur ’n motor raakgery is. Die plaaslike DBV het die sentrum gekontak omdat sy verlam was en hulle nie seker was wat om te doen nie. Met hul kennis van uile het die Murrays geweet dat dié uilspesie baie “taai” is. Twee dae nadat sy anti-inflammatoriese medikasie ontvang het,
het haar pote begin beweeg en ’n maand later is sy vrygelaat.

’n Kunstenaar in die lug

Wanneer VulPro, die nie-winsgewende aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, ’n gerehabiliteerde aasvoël vrylaat, word sy vlug soms met GPS-toestelle gemonitor. Binne slegs tien dae het A28, ’n Kaapse kransaasvoël, dié indrukwekkende roete afgelê. Die span het die vlugroete op hul Facebook-blad gedeel om die publiek bewus te maak van aasvoëls se buitengewone vermoëns.

Kyk net hoe lyk Asher nou

Die Rest Ur Ass Donkey Sanctuary in Bela-Bela sorg tans vir 257 donkies. Hier kan die donkies net rus – hulle hoef nie te werk nie, niemand mag op hulle ry nie, daar word nie met hulle geteel nie en hulle word nie verkoop nie. Asher is uit haglike toestande gered, waar hy vir jare met ’n sweep verniel is. Met die nodige rehabilitasie en aandag lyk Asher nou sommer spoggerig.

Tags: MRT/APR 2026
Previous Post

Hawer maak voervloeiprobleme iets van die verlede

Next Post

Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

Recommended

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

23 Mar 2026
Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

23 Mar 2026
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Bewaringsnuus uit ons kontrei

23 Mar 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

23 Mar 2026
Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

23 Mar 2026
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Bewaringsnuus uit ons kontrei

23 Mar 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In