Adviesdienste vorm deel van NWK Finansiering, met vee- en weidingkundiges asook landbou-ekonome wat deskundige advies en dienste lewer.
Vee- en weidingkundige diens
Dit is noodsaaklik vir ‘n moderne veeboerdery om produktiwiteit te maksimeer en datagedrewe besluite te neem. Om dit reg te kry, is deeglike rekordhouding, optimale en gebalanseerde voeding, asook goeie gehalte weiding en ruvoer, noodsaaklik.
NWK se vee- en-weidingkundiges kan produsente adviseer om veevertakkings wel só te bestuur. ‘n Omvattende reeks dienste word aangebied:
- Kuddebestuursprogramme.
- Weiding- en kuddebeplanning.
- Voedingkundige advies, rantsoenformulerings en lekaanbevelings.
- Weidingstrategie en -bestuur (wat voervloeibeplanning, drakragbepaling, weidingversterking en -bemesting insluit).
- Hulp met telingstrategieë en die keuse van geskikte genetiese materiaal.
- Seleksiekriteria soos speenindekse en koeidoeltreffendheid, wat ná speen bereken en by die keuse van vervangingsdiere gebruik word.
- Vee-rekordhoudingstelsels en sagteware wat help om die kudde en weiding ten opsigte van produksie te meet.
- Brandskade-taksasies.
Nooi NWK om vir jou vee te sorg, dan sorg jou vee vir jou!
Landbou-ekonomiese diens
- Wil jy relevante, ingeligte, tydige en akkurate boerdery-besluite neem?
- Weet jy watter vertakkings is jaarliks die winsgewendste of swakste op jou plaas?
- Weet jy teen watter waarde om jou grond te verhuur of teen watter waarde om te huur?
- Weet jy wat die produksiewaarde van jou grond is?
- Wil jy jou bestuurspraktyke aanpas, boerdery uitbrei, opbrengste verhoog, of het jy finansieringsbehoeftes, maar weet nie waar om te begin nie?
- Doen jy bewerkings vir jou buurman, maar weet nie hoeveel geld om hom daarvoor te vra nie?
Die landbou-ekonoom speel ‘n noodsaaklike rol met die neem van sekere komplekse besluite deur die ontleding van ekonomiese faktore, om sodoende finansiële gemoedsrus en veral winsgewendheid te verseker.
Die landbou-ekonoom se verantwoordelikhede sluit aspekte in soos:
- Die berekening van produksiekoste-norme.
- Die bepaling van huur- en grondwaardes.
- Die saamstel van meganisasiekoste-norme.
Met hierdie norme as agtergrond kan die landbou-ekonoom gevolglik die produsent behulpsaam wees in sake soos:
- Strategiese beplanning
- Uitvoerbaarheidstudies, scenario-beplanning en gedetailleerde finansiële ontledings.
- Finansiële bestuur
- Opstel van vertakkingsbegrotings, die boerdery se kontantvloeibegroting en -projeksies en omvattende
- Prestasie-evaluering
- Evaluering van die boerderyvertakkings se winsgewendheid en ontleding van die totale boerdery.
- Bestuur en aanwending van bates
- Potensiaalbepalings en berekening van huur- en verhuurwaardes van g Bepaal die opbrengs op kapitale beleggings.
- Rekordhouding
- Bystand met die implementering van doelgerigte finansiële
- Operasionele bystand
- Uitvoerbare en volhoubare beplanning om algeheleplaasdoeltreffendheid te verbeter.








