• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Sep 21, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Ysterman-span tree aan vir landelike veiligheid

Louise Kunz, Arena-medewerker

21 Sep 2026
in Dinamiese vennoot
Ysterman-span tree aan vir landelike veiligheid

Die ondersteunersdrag het aandag gevestig op die verdienstelike saak.

Share on Facebook

Die Isuzu Ysterman 70.3 Mosselbaai is om die draai en NWK se Ysters vir Landbou is hard aan die oefen. Altesaam 70 deelnemers – tien solo-deelnemers en 20 aflosspanne – gaan NWK op 22 November in hierdie uitdaging verteenwoordig.

Volgens Jacques de Wet, bemarkingsbestuurder van NWK, is hierdie fondsinsamelingsinisiatief iets wat sport, gemeenskapsbetrokkenheid en landelike veiligheid bymekaarbring. Terwyl deelnemers aan die kompetisie deelneem, samel hulle terselfdertyd fondse in vir Agri Securitas, Agri SA se landelike veiligheidsfonds. Die fondse wat ingesamel word, word aangewend vir veiligheidsprojekte, infrastruktuur en traumaberading in landbougemeenskappe. “Die doel is om ‘n tasbare verskil te maak aan die veiligheid van mense wat op die platteland woon en werk,” sê Jacques.

Daar is drie dissiplines: 1,9 km swem, 90 km fietsry en 21,1 km hardloop. Die solo-deelnemers moet al drie dissiplines voltooi vir ‘n medalje. Die aflosspanne bestaan uit twee tot drie lede. Waar daar drie lede is, neem elke lid van die span aan een van die items deel. In die geval van twee deelnemers moet een van die twee deelnemers aan twee items deelneem. Deelnemers is deeglik bewus van hoe belangrik hul bydrae tot landelike veilig­heid is, maar geniet beslis ook die uitdaging en spangees.

NWK se groot groep deelnemers en ondersteuners tydens die 2025 Ysterman-kompetisie.

Só het dit ontstaan

Die Ysters vir Landbou-inisiatief is in 2025 deur Alf White (groephoof- finansiële beampte van NWK) geïnisieer omdat hy passievol oor produsente en hul veiligheid op plase is, maar dit nie self vir hulle kan bied nie. Hy het dus besluit om bewusmaking te doen ten bate van landbou en wou deur georganiseerde strukture soos Agri Securitas seker maak dat die regte ondersteuning, vaardighede en fondse tot produsente se voordeel ont­sluit word.

Alf het reeds ‘n paar Ystermanne agter die rug en het sommige van sy kollegas by NWK aangespoor om ten bate van ‘n goeie doel fiks te raak.

Ondersteun en wen

Deelname is egter nie net vir sportlui nie. “Elkeen van individue tot onder­nemings, boereverenigings en gemeen­skapsorganisasies kan op hul eie manier tot die sukses van die veldtog bydra,” noem Jacques.

Die Ysters vir Landbou se inskrywings is reeds vol, maar enigiemand kan steeds deelneem en betrokke raak deur ‘n donasie te maak aan Ysters vir Landbou op die aanlyn fondsinsamelingsplatform, GivenGain, deur deelnemers te borg of direkte skenkings aan Agri Securitas te maak. Elke deelnemer is hier geregi­streer, waar betalings gerieflik by elkeen se profiel gemaak kan word.

Deelnemers hanteer egter nie self die fondse nie – Agri Securitas is as begunstigde geregi­streer en alle bydraes word direk aan hulle oorbetaal.

NWK het ook ‘n kompetisie bekendgestel waar ‘n LekkeSlaap-geskenkbewys op die spel is vir donasies van R250 of meer. Besoek gerus NWK Limited se Facebook-blad, die webtuiste www.nwk.co.za of kry meer besonderhede by die betaalpunte van NWK Retail-winkels.

Alf White, groephoof- finansiële be­ampte van NWK, met die medalje wat hy in 2025 verwerf het. Hy was een van die solo-deelnemers.

DAGBOEK DIÉ DATUM

Wanneer: 9 Oktober

Wat: Taaiste Ysters vir Landbou-uitdaging

Waar: Hoërskool Lichtenburg se gimnasium

Tyd: 9:00 tot 13:00

Waarom: Om fondse in te samel vir die Ysters vir Landbou-inisiatief ten bate van Agri Securitas.

Wie kan deelneem?

‘n Span of spanne kan inskryf om mee te ding in fietsry-, hardloop- en roei-dissiplines. Plaaslike gemeenskappe, skole, ondernemings, boereverenigings, studiegroepe, NWK se verskaffers en georganiseerde landbou-instansies word uitgenooi om spanne in te skryf en hul staal te wys vir die titel, “Taaiste Ysters vir Landbou 2026”.

OFM het ook op dié dag ‘n buite-uitsending by die geleentheid. Daar sal baie te doen wees, waaronder interessante kompetisies met oulike pryse en genoeg om te eet en te drink.

Kry hier meer inligting

Hou NWK se Facebook-blad en webtuiste dop vir meer besonderhede.

Om in te skryf of op enige ander manier betrokke te raak, kontak Jacques de Wet by 018 633 1193 of 082 870 1442.

LEES MEER EN DRA SÓ BY

Kliek op die skakel om meer oor die deelnemers te lees en/of om ‘n bydrae te maak: https://www.givengain.com/event/ystersvirlandbou

Individue of maatskappye wat ‘n bydrae tot die inisiatief in sy geheel wil maak, kan bloot “Ysters vir Landbou” op GivenGain opsoek, en op die geel “Give”-blokkie kliek.

Elke deelnemer se profiel kan ook onder “Ysters vir Landbou” op www.givengain.com gevind word en betalings kan hier gemaak word.

Tags: Sep/Okt 2026
Previous Post

‘n Toep wat jou help om volhoubaar te boer

Next Post

How to grow a picture-perfect lawn

Recommended

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

21 Sep 2026
Jou beste vriend verdien die beste

Jou beste vriend verdien die beste

21 Sep 2026
How to grow a picture-perfect lawn

How to grow a picture-perfect lawn

21 Sep 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

21 Sep 2026
Jou beste vriend verdien die beste

Jou beste vriend verdien die beste

21 Sep 2026
How to grow a picture-perfect lawn

How to grow a picture-perfect lawn

21 Sep 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In