• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Nov 10, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technical
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technical
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

NWK verras kleinspan ná grondpad-manewales

Lizette Labuschagne, Arena-redakteur

10 Nov 2026
in Dinamiese vennoot

Die ruimhartige skenkings van NWK se verskaffers het die drie seuns se dag opgekikker. Christine Fraser, bemarkingsbestuurder van NWK, staan hier by Blake Steyn, Cayden Daly en sy boetie Luka.

Share on Facebook

Hulle is skaars drie bakstene hoog en hulle het klaar sosiale media gebruikers op hol – en dit nogals omdat een van hulle in erge dorings getrap het. Dié gebeurtenis het op ‘n wintersdag op die Daly’s se plaas buite Virgina in die Vrystaat plaasgevind.

Oupa Mike Daly het vir Luka en Cayden Daly en ‘n maatjie, Blake Steyn, gevra om skape uit die mieliereste te gaan haal. Ongelukkig het Cayden sy skoene iewers gelos en is goed deur die dorings gesteek. Die ander twee was gou by om hom te dra, maar hy het telkemale in die stof beland.

Oupa Mike het dié kostelike video aan ‘n paar vriende gestuur waarna dit gou soos ‘n veldbrand versprei het.

NWK deel in die vermaak

Dié seuns se manewales het ook in die gange van NWK aandag getrek en daar is besluit om dié drie ‘n bietjie te bederf. Die hulp van die maatskappy se verskaffers is ingeroep en gou het die geskenke en koeverte begin ophoop.

Hierdie week het die NWK se bemarkingsbestuurder, Christine Fraser, die pad gevat Virginia toe – nie net met “bederfies” vir die kinders nie, maar ook ‘n paar artikels vir die oupas, oumas, pappas en mammas.

Daar was balle en frisbees, pennesakkies, maatbande, handdoeke, komberse, klere, verskeie hoede en natuurlik skoene. Sommer baie skoene, van vellies tot crocs en plakkies daarby. ‘n Klein blou flitsliggie was Cayden se gunsteling en hy wou dit nie vir ‘n oomblik uit sy sig laat verdwyn nie.

Luka Daly wou nie hierdie klein flitsie wat hy as geskenk ontvang het, neersit nie.

Oupa Mike is onder meer  bederf met ‘n blinknuwe rooi gereedskapskas, ‘n mini-yskas en ‘n kruiwa. NWK het lugsuiweraars, kerse en vlekvrye staal vakuumflesse vir die ma’s en oumas gegee. Die seuns het ook verskeie kontantskenkings ontvang, wat vir eers deur hul ouers in veilige bewaring geneem is tot hulle kan besluit waarop dit spandeer moet word.

Fraser het haar dank uitgespreek teenoor NWK se verskaffers wat met die maatskappy hande gevat het en hul harte oopgemaak het vir die drie seuns wat op so ‘n onskuldige manier die land weer kon laat lag.

Die frisbee wat Promac, een van NWK se verskaffers, aan die seuns gegee het, was ‘n groot gunsteling.

Die gesinne is steeds stomgeslaan oor die impak van die video, en oupa Mike sê hy dink dit was so gewild omdat dit mense van oral oor kon laat lag.

Die Daly seuns het intussen hulle video’s op TikTok begin plaas. Kyk gerus uit vir “Kakenjani en Pietbrand” – en net dalk sal jy hulle sien met van hulle nuwe skoene aan!

Met TWEE-vellies, sal die dorings nie meer pla nie.
Tags: Nov/Des 2026
Previous Post

September/October 2026: Agricultural economic report


Recommended

NWK verras kleinspan ná grondpad-manewales

10 Nov 2026
September/October 2026:  Agricultural economic report

September/October 2026: Agricultural economic report

28 Oct 2026
NWK belig silo’s pienk ter ondersteuning van Borskankerbewustheidsmaand

NWK belig silo’s pienk ter ondersteuning van Borskankerbewustheidsmaand

21 Oct 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK verras kleinspan ná grondpad-manewales

10 Nov 2026
September/October 2026:  Agricultural economic report

September/October 2026: Agricultural economic report

28 Oct 2026
NWK belig silo’s pienk ter ondersteuning van Borskankerbewustheidsmaand

NWK belig silo’s pienk ter ondersteuning van Borskankerbewustheidsmaand

21 Oct 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In