• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Fri, Nov 13, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technical
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technical
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Kolskoot aan hierdie SAJWV-wenners

13 Nov 2026
in Dinamiese vennoot
Kolskoot aan hierdie SAJWV-wenners

Deelnemers het die SAJWV se kopskietkompetisie in Lichtenburg terdeë geniet.

Share on Facebook

Die Suid-Afrikaans Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se Generaal De La Reytak in Lichtenburg in Noordwes het in samewerking met NWK, Lichtenburg Toyota en Outdoor Guns hul elfde kopskietkompetisie aangebied.

Meer as 200 skuts van 14 SAJWV-takke van sover as Thabazimbi, Pretoria, Middelburg en Kuruman het hulle by plaaslike skuts aangesluit vir die gewilde jaggebaseerde kompetisie waar skuts hul akkuraatheid op drie kop-teikens (vlakvark, blouwildebees en rooihartebees) oor  200 jaarts (184 meter) getoets het. Hulle skiet drie skote op elk van die drie bokkoppe op die teiken.

NWK Bemarkingsbestuurder, Jacques de Wet, wat onder meer NWK Online behartig het vanjaar nuwe teikens vir die klub laat ontwerp wat deur NWK Shop, die maatskappy se aanlyn inkopieplatform geskenk is. Gerda Swanepoel van die Generaal de le Reytak sê die sport groei definitief. “Ons kry jaarliks nuwe lede wat aansluit by die tak en wat kom deelneem aan ons kompetisies.”

Uit die 147 inskrywings, het die volgende manne koning gekraai onder die manlike skuts:

  1. Arnold Smit – Diamant tak (Wolmaranstad) (algehele wenner van die dag)
  2. Gerhard van Heerden – Diamant tak (Wolmaranstad)
  3. Willie Booysen – Witrenoster tak (Klerksdorp)
Die beste manlike skuts was Gerhard van Heerden, Arnold Smit en Willie Booysen.

Daar het 34 vroulike skuts deelgeneem. Die volgende dames het met die louere weggestap:

  1. Bri-Anne van Heerden – Diamant tak (Wolmaranstad)
  2. Lizann Fourie – Genl de la Rey tak (Lichtenburg)
  3. Amanda Slabbert – Transvaal tak (Randfontein)
Bri-ann van Heerden, Lizann Fourie en Amanda Slabbert is aangewys as die vrouewenners.

Onder die junior skuts was daar 22 deelnemers. Die top skuts was:

  1. Janro Haasbroek – Genl de la Rey tak (Lichtenburg)
  2. Rikus Ras – Genl de la Rey tak (Lichtenburg)
  3. Leané Friedman – Genl de la Rey tak (Lichtenburg).
Die junior wenners was Rikus Ras, Janro Haasbroek en Leané de Wet. By hulle staan Yolanda Markram van Outdoor Guns en die NWK se Bemarkingsbestuurder Jacques de Wet.

Swanepoel het haar dank uitgespreek teenoor NWK Online en NWK Shop vir hul skenkings en sê die nuwe teikens was ’n ware uitdaging vir die skuts.

Baanoffisiere kyk dat die skuts veilige prosedure volg.
Tags: Nov/Des 2026
Previous Post

‘n Onseker seisoen vereis slim gewasbeplanning


Recommended

Kolskoot aan hierdie SAJWV-wenners

Kolskoot aan hierdie SAJWV-wenners

13 Nov 2026

‘n Onseker seisoen vereis slim gewasbeplanning

12 Nov 2026

NWK verras kleinspan ná grondpad-manewales

10 Nov 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorised

Nuutste/Latest

Kolskoot aan hierdie SAJWV-wenners

Kolskoot aan hierdie SAJWV-wenners

13 Nov 2026

‘n Onseker seisoen vereis slim gewasbeplanning

12 Nov 2026

NWK verras kleinspan ná grondpad-manewales

10 Nov 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In