• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Omwenteling bring nuwe seisoen

Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

19 Nov 2020
in Dinamiese vennoot
Omwenteling bring nuwe seisoen
Share on Facebook

Met die aanbreek van ’n nuwe seisoen, breek daar ook ’n nuwe era vir Arena aan. Nie net spog die gedrukte uitgawe van dié tydskrif met ’n splinternuwe baadjie nie, maar dit is ook nou volledig aanlyn beskikbaar. Daar was nie ’n beter tyd as nou nie om ’n geïntegreerde druk- en digitale model te omarm.

Die gedrukte media trek deesdae swaar. Die koms van die internet en sosiale media stel sakeondernemings in staat om hul produkte en dienste bykans gratis aan ’n baie groter gehoor bekend te stel. Hulle maak dus selektief van advertensies in gedrukte publikasies gebruik en gevolglik is die lewensaar van verskeie mediahuise afgesny.

Die pryse van koerante en tydskrifte dek kwalik die druk- en verspreidingskoste. Met die koms van die COVID-19-pandemie en gevolglike inperking, was die skrif net soveel vinniger aan die muur vir mediahuise soos Caxton en Media24, wat die sluiting van titels soos Rooi Rose en Volksblad (nou slegs digitaal beskikbaar) tot gevolg gehad het.

Boonop het die poskantoor tydens die inperking tot stilstand gekom en is ander koerierdienste erg ontwrig, wat aflewering op veral die platteland vertraag of dit selfs heeltemal agterweë laat bly.

Die gedrukte media speel wel nog ’n groot rol op die platteland en ook in NWK se bedieningsgebied, vanweë inwoners se meer beperkte toegang tot die internet en ’n laer vlak van rekenaargeletterdheid as stadsjapies. Moet ook nie die outentiekheid van ’n gedrukte tydskrif in die hand oor die hoof sien nie.

Soos die jonger geslag by die ouer garde oorneem, is dit belangrik dat ons ook in hulle behoefte vir ’n digitale aanbieding voorsien.

Die webwerf gaan die redaksie in staat stel om elke week en selfs daagliks met lesers te kommunikeer. Video’s oor projekte en uitreikaksies wat NWK aanpak, potgooie en meningstukke oor nuusgebeure wat produsente en die bedryf direk raak, gaan deel vorm van dié digitale aanbieding.

Die tydskrif se nuwe uitleg is in ’n groot mate hiermee verweef, deurdat ontwerpelemente só gekies is om aanlyn-leeswerk te vergemaklik.

NWK sélf betree dan ook ’n nuwe era, deurdat die groep nou weer volledig in produsente se besit gaan wees met ’n suksesvolle skema transaksie waarvolgens slegs NWK Beherend Beperk voortaan ’n genoteerde entiteit sal wees.

Ek het ook met die jong Derick le Roux van Tweebuffelsfontein gesels oor sy indrukwekkende Limousin-stoetery en was aangenaam verras met sy benadering tot die stoettelersbedryf.

Lees gerus ook meer oor die talle voordele van dekgewasse en hoe jy satellietbeelde kan inspan om die skade wat veldbrande aanrig, te bepaal.

Met die skryf van hierdie rubriek was Suid-Afrika sopas op vlak 2 van die inperking. Ek hoop teen die tyd dat jy hierdie brief lees, het die COVID-19-infeksies steeds gedaal en dat jy intussen by familie en vriende elders in Suid-Afrika gaan kuier het.

Die inperking het bewys dat landbou die spil is waarom enige beskawing draai, en NWK se bedieningsgebied is geseën met ’n goeie seisoen. Mag dié nuwe een ook getuig van ons produsente se harde werk, deursettingsvermoë en bowenal geloof. Ons ekonomie het dit nou nodiger as ooit.

Tags: Sept/Okt 2020
Previous Post

Hidroponiese verbouing verg fyn beplanning

Next Post

Lewe in die grond bevorder volhoubare produksie


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In