• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jan 27, 2021
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Dinamiese Vennoot/Dynamic Partner
  • Tegniek/Technique
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Dinamiese Vennoot/Dynamic Partner
  • Tegniek/Technique
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

“Klante is soos familie”

Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

19 Nov 2020
in Dinamiese vennoot
Klante is soos familie
Share on FacebookShare on Twitter

Vir Nico Pieterse (55), NWK se nuwe senior bestuurder van Graan, is dit soos ’n kringloop wat hy nou met hierdie betrekking voltooi.

Nico het op 1 September in dié pos begin. Hoewel sy grootouers produsente was, was sy ouers deel van die “normale werkersklas” in Bloemfontein, waar hy grootgeword het. Hulle het later na Tweespruit verhuis, waar Nico na ’n landbouskool is. Dis hier waar hy ’n passie vir die bedryf ontwikkel het.

“Ek sou sê dis die dinamika van landbou wat my aangetrek het. Dis nie ’n statiese opset met ’n roetine nie. Daar is geweldige variasie en dit het my hart vinniger laat klop. Dit gaan oor ’n groter omgewing en nie net oor jou wat ‘papiere rondskuif’ nie. Dit gaan oor voedselsekerheid.”

Nico het hierna ’n meestersgraad in landbou aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Sy loopbaan het by Bayer se navorsings- en ontwikkelingsafdeling begin. “Die graanrade is toe ontbind, waarna ek ’n geleentheid gekry het om in VKB se graanafdeling te gaan werk.”

Hy wou egter meer ervaring in “groter gaan” opdoen. “Dit was maar hoofsaaklik geelmielies en ek wou meer ervaring opdoen in die witmieliemark. Ek is toe die geleentheid gegun om as hoof van graanbemarking by Suidwes Landbou te werk.”

Hier het Nico besef daar is nóg ’n groter komponent, wat die in- en uitvoer van graan behels. Hy is na Afgri, waar hy vir 16 jaar as direkteur van graanverhandeling gewerk het.

“Nou, by NWK, kan ek die hele pakkie bymekaarsit – die logistiek, graanverhandeling en silo’s, oftewel die hele waardeketting. My visie hier by NWK is om ’n kliëntebasis wat soos ’n familie is, op te bou. Ons is ’n klantgedrewe maatskappy. Ons moet streef na ’n volhoubare NWK, maar ook na ’n volhoubare produsent.”

Nico is met Nompie getroud en die egpaar geniet dit om te reis. Nompie woon nog in hul huis in Pretoria, maar sal eersdaags by Nico aansluit.

In sy vrye tyd geniet hy dit om te lees, handewerk te doen en na sport te kyk.

Previous Post

Mielieskenkings help om nood te verlig

Next Post

Roofvoëls wat met ’n arendsoog kyk

Recommended

NWK verkoop ivermektien slegs vir dierlike gebruik

NWK verkoop ivermektien slegs vir dierlike gebruik

22 Jan 2021
Doeltreffende interne graankontrolestelsels die sleutel tot skoon oudits

Doeltreffende interne graankontrolestelsels die sleutel tot skoon oudits

18 Jan 2021
Ent nou in teen slenkdalkoors

Ent nou in teen slenkdalkoors

18 Jan 2021

Oor Ons/About Us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK verkoop ivermektien slegs vir dierlike gebruik

NWK verkoop ivermektien slegs vir dierlike gebruik

22 Jan 2021
Doeltreffende interne graankontrolestelsels die sleutel tot skoon oudits

Doeltreffende interne graankontrolestelsels die sleutel tot skoon oudits

18 Jan 2021
Ent nou in teen slenkdalkoors

Ent nou in teen slenkdalkoors

18 Jan 2021

© 2020 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Dinamiese Vennoot/Dynamic Partner
  • Tegniek/Technique
  • Buitelewe/Outdoors

© 2020 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In