• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Dames leer die belangrikheid van borsselfondersoeke

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

5 Nov 2020
in Nuus
Dames leer die belangrikheid van borsselfondersoeke

Suster Stephanie van der Walt wat dames oor die belangrikheid van borsselfondersoeke kom toespreek het. Saam met haar is Sonja Alberts, een van NWK se werknemerwelstandinisiatiefslede.

Share on Facebook

Vrouepersoneel van NWK is onlangs touwys gemaak in borsselfondersoeke. Dit behoort ‘n belangrike deel van elke vrou se selfsorgroetine te vorm omdat dit potensiële borskanker vroeg kan identifiseer.

NWK se werknemerwelstandinisiatief, Botoka (wees gesond in Tswana), het dit op 30 Oktober as deel van Borskankerbewusmakingsmaand aangebied.

Suster Stephanie van der Walt is werksaam by ‘n dokterspraktyk in Lichtenburg en werk gereeld met pasiënte wat met moontlike borskanker na spesialiste in stede verwys word. “Sowat een uit elke 25 vroue in Suid-Afrika sal in haar leeftyd borskanker opdoen en moontlik daaraan sterf. Bewusmaking lei tot opsporing,” het sy die doel van Borskankerbewusmakingsmaand verduidelik. “Tog doen vroue dit nié en laat ook na om elke jaar papsmere te ondergaan. Die selle in jou serviks en baarmoeder kan egter binne ses maande verander en abnormaal word,” het sy gewaarsku.

Tekens en simptome

Kankerselle is normale liggaamselle wat abnormaal word en vermeerder. “Dit vorm mettertyd ‘n knop. Teen die tyd wat jy die knop voel, was die kanker dus reeds ‘n geruime tyd teenwoordig.”

Borskanker ontwikkel gewoonlik in die melk- en limfkliere en kan daarom maklik versprei na belangrike organe soos die lewer, maag en longe. “Die oorlewingsyfer het egter toegeneem danksy vroeë opsporing en kennis van die siekte.

“Dit is ‘n wanopvatting dat kanker meestal sonder simptome voorkom. Pyn is ‘n besliste simptoom wat nie geïgnoreer moet word nie. Dit is waarom ‘n jaarlikse besoek aan ‘n dokter nié genoeg is nie. Borste moet maandeliks ondersoek word. Die dokter ken boonop nie jou liggaam so goed soos jyself nie. Jy sal verandering vinniger opmerk.”

Knoppe is nie die enigste verandering waarop gelet moet word, maar ook:

  • Veranderinge in die grootte en vorm van die bors.
  • Vel wat verrimpel is, afdop of rooi of oranje vertoon.
  • Tepels wat induik of ‘n afskeiding (buiten borsmelk) het.

Oorsake van borskanker

“Hoewel mans ook borskanker kry, is jou grootste risikofaktor die blote feit dat jy ‘n vrou is,” het Stephanie gesê.

Hormonale veranderinge speel ook ‘n beduidende rol. Vroue wat voor die ouderdom van 12 jaar begin menstrueer of menopouse eers ná die ouderdom van 55 jaar ondergaan, verhoog jou kanse om borskanker op te doen. Hormoonvervangingsterapie verhoog ook die kanse op borskanker.

Leefstyl- en omgewingsfaktore is verdere oorwegings. Vroue wat rook, alkohol misbruik of oorgewig is, se kanse om borskanker te ontwikkel is hoër as dié wat ‘n gesonder lewenstyl handhaaf. ‘n Mediterreense dieet word aanbeveel as die gesondste om jou kanse op borskanker te verminder. Dit behels dat jy gesonde vette soos olyfolie, baie vars vrugte en groente, volgraanprodukte en vis eet. Rooivleis word tot die minimum beperk.

“As jou ma of suster borskanker gehad het, is jou risiko ook groter om dié siekte op te doen. Die risiko verhoog ook hoe ouer jy word. Vroue wat ná die ouderdom van 30 eers kinders kry, nooit kinders gehad het nie of nooit borsvoed nie, loop ook ‘n groter risiko om borskanker te ontwikkel.”

Hoe om borste te ondersoek

Dit moet elke maand op dieselfde tyd gedoen word – sowat drie tot vyf dae ná jou maandstonde. Stephanie raai vroue aan om te begin deur net eers voor ‘n spieël te staan en hulle borste te bestudeer. “Vergelyk hulle met mekaar en let op die grootte en voorkoms van die tepels en areola. Druk die tepels om te kyk vir enige afskeiding.”

Verdeel die bors in vier kwadrante. Druk een deel op of af (afhangende of die betrokke kwadrant bo of onder is) en voel dan met die ander kant. “Druk dus op een deel en voel aan die teenoorgestelde kant.”

Stephanie het benadruk dat nie alle knoppe noodwendig kwaadaardig is nie, maar dikwels siste is wat bloot gedreineer moet word. “Moet egter nie wag nie. Laat ‘n mediese praktisyn dit dadelik ondersoek en jou na ‘n spesialis verwys as dit nodig is.”

Tags: Nov/Des 2020
Previous Post

Inperking kniehalter nie NWK se Grip4Charity-uitreik nie

Next Post

Roofvoëls wat met ‘n arendsoog kyk

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In