• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Ent nou in teen slenkdalkoors

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

18 Jan 2021
in Nuus
Ent nou in teen slenkdalkoors
Share on Facebook

Die Nasionale Dieregesondheidsforum het vee-eienaars gemaan om hulle diere teen Slenkdalkdoors (SDK) in te ent.

‘n Mediaverklaring is deur die forum in samewerking met Afrivet uitgereik. Hierin waarsku hulle dat skape die ergste aangetas word, maar dat bokke, beeste en selfs buffels ook die siekte kan opdoen.

“Die ergste van alles is dat SDK ‘n soönose is, wat beteken dat mense besmet kan raak, hoofsaaklik wanneer hulle siek of dooie diere hanteer. ‘n Paar jaar gelede het ‘n jong staatsveearts in die Oos-Kaap weens SDK gesterf. Dit beklemtoon dat SDK ‘n ernstige en aanmeldbare siekte is,” het die forum bygevoeg.

Die laaste geval van SDK in Suid-Afrika was in Mei 2018 in Jacobsdal in die Vrystaat aangemeld.

Die goeie reën wat die afgelope paar weke in groot dele van die land, veral in die Vrystaat, geval het, skep boonop die ideale omstandighede vir die uitbroei van Aedes-muskiete wat draers van die SDK-virus is.

Tree voorkomend op

Die enigste manier om die siekteverspreiding en besmetting van lewende hawe te voorkom, is om diere in te ent teen SDK en om muskietbyte te verhoed deur produkte te gebruik wat geregistreer is vir die beheer van muskiete (gewoonlik dippe, sproeie en opgietmiddels wat deltametrien bevat). Vanselfsprekend is jaarlikse inenting teen die siekte die doeltreffendste en maklikste manier om uitbrekings te voorkom.

Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) vervaardig tans twee entstowwe:

  1. OBP Lewende SDK-entstof wat die Smithburn-stam bevat. Alhoewel daar geglo word dat hierdie entstof ‘n lang periode van beskerming bied, word dit sterk aanbeveel dat jaarlikse inenting geskied. Moet nie die entstof tydens SDK-uitbrekings toedien nie aangesien rekombinasie met die veldstam kan geskied en die uitbreek vererger. Hierdie entstof moet nie vir dragtige diere gegee word nie.
  2. OBP geïnaktiveerde SDK-entstof, wat ‘n jaarlikse inenting benodig is veilig om in dragtige diere te gebruik. As diere die eerste keer ingeënt word, word twee dosisse ses weke uitmekaar gegee, wat die inenting duurder en meer arbeidsintensief maak.

Let wel, hoewel die entstof verkieslik reeds in die vroeë lente toegedien moes geword het, is dit nog nie te laat nie. Die tyd van toediening is egter nou van groot belang omdat die meeste uitbrekings in die middel en laat somer plaasvind.

Tags: Jan/Feb 2021
Previous Post

‘n Nuwe jaar vol onsekerhede wink

Next Post

Doeltreffende interne graankontrolestelsels die sleutel tot skoon oudits


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In