• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Toppunteverdiener dankbaar vir erkenning

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

20 Apr 2021
in Nuus
Toppunteverdiener dankbaar vir erkenning

V.l.n.r. is Pieter Kleingeld, hoof- finansiële beampte van NWK, Heinrich Krüger, voorsitter van
NWK se direksie, Richard Hobson, top punteverdiener van NWK se Lojaliteitsprogram, Theo Rabe,
hoof- uitvoerende beampte van NWK en Jacques de Wet, bemarkingsbestuurder van NWK.
Let wel: maskers is afgehaal vir die neem van die groepfoto.

Share on Facebook

Richard Hobson is vir die tweede opeenvolgende jaar die toppunteverdiener van NWK se unieke Lojaliteitsprogram, maar is nog net so trots op sy toekenning as toe hy dit vroeg verlede jaar vir die eerste keer in ontvangs geneem het.

Dit is Vrydag tydens ʼn intieme geselligheid op sy plaas naby Mareetsane aan hom oorhandig. Daar word gewoonlik ʼn formele funksie gehou waartydens die toppunteverdieners vereer word, maar dit kon weens COVID-19 en die gevolglike inperking nie plaasvind nie.

Richard was die top punteverdiener in 2018/2019 en ook nou in 2019/2020.

“Dis ʼn beklemtoning van die lojaliteit wat NWK toon. Ons is ʼn drie-generasie besigheid en ons kom ʼn lang pad saam met NWK. Dis vir ons lekker om die erkenning te kry, hoewel dit nie ons modus operandi is nie. Dis lekker om te sien dat ons insette in NWK vrugte afwerp en dat NWK ook vooruitgaan.

“Die assosiasie en die vennootskap wat van krag tot krag gaan… dis lekker om deel van dit te wees,” het Richard by die ontvangs van sy toekenning gesê.

Theo Rabe, hoof- uitvoerende beampte van NWK en Heinrich Krüger, voorsitter van NWK se direksie, het sy toekenning – ʼn sertifikaat van waardering en ʼn Lekkeslaap-koopbewys ter waarde van R25 000 – aan hom oorhandig.

Net die vorige aand het Jacques de Wet, bemarkingsbestuurder van NWK, die Lojaliteitsprogram by die amptelike opening van NWK Retail Vryburg, toegelig.

Lojaliteit word beloon

Dié program is in 2017 van stapel gestuur om kliënte vir hul lojale ondersteuning te beloon. Hulle verdien punte vir graan wat gelewer word aan NWK, asook sake wat gedoen word met NWK Handel. Dit sluit NWK Saad, Midchem, NWK Retail, NWK Meganisasie, Econobuild en NWK Kunsmisbemarking, in.

Produsente wat as bona fide-boere geregistreer is, verdien aandele vir sake wat gedoen word. Dit kan verhandel word of dividende kan daarop verdien word. Die waarde van aandele kan styg en dit kan boonop as sekuriteit aangebied word by NWK Finansiering.

Ander geregistreerde kliënte verdien krediete teen hul NWK-rekening wat hulle dan vir verdere aankope kan aanwend. Hierdie waardes word jaarliks aan kliënte toegeken. “Jy kry dus baie vinniger die voordele as by ander soortgelyke programme,” het Jacques verduidelik.

“Ons is ook besig met ondersoeke om die program verder uit te brei om voordele vir kliënte selfs meer te vergroot.” Erkenningspryse vir toppunteverdieners in ander kategorieë, om byvoorbeeld produsente wat oorwegend met vee en nie noodwendig met gewasse boer nie in te sluit, word ook beplan.

Dit groei in gewildheid

Daar is reeds 1 670 kliënte vir NWK se Lojaliteitsprogram geregistreer, met meer as 2 500 gekoppelde rekeninge. Hierdie klante het die afgelope drie jaar reeds meer as R27 miljoen se waarde verdien.

ʼn Totaal van R25,6 miljoen se aandele is toegeken en R1,6 miljoen se krediete is na kliënte se rekeninge oorgedra vir verdere aankope.

Voorts is daar eksklusiewe kompetisies vir lede van die Lojaliteitsprogram regdeur die jaar. ʼn Nuut geregistreerde kliënt wen elke kwartaal ʼn NWK Retail-koopbewys ter waarde van R3 000 en een gelukkige bestaande kliënt (ongeag hoe onlangs hy/sy registreer het) wen jaarliks ʼn NWK Retail-koopbewys ter waarde van R10 000.

Daar word ook maandeliks R3 000 se NWK Retail-koopbewyse aan drie lede van die program gegee. Lede word outomaties vir die trekking ingeskryf wanneer hul ʼn kwalifiserende aankooptransaksie (ʼn aankooptransaksie waarop daar lojaliteitspunte verdien sal word) van R500 of meer met NWK aangaan. Elke kwalifiserende transaksie van R500 of meer gee aan die lid een inskrywing vir die trekking.

As jy nog nie geregistreer is vir dié program waar daar nét wenners is nie, besoek vandag nog www.nwklojaliteit.co.za, registreer en verdien maandeliks punte vir sake wat jy met NWK Handel doen; jaarliks punte vir graan wat aan NWK gelewer word en verdien bonuswaarde vir sake wat met NWK Omnia Kunsmisbemarking gedoen word.

Tags: MRT/APR 2021
Previous Post

Dit reën pap en NWK Retail skep

Next Post

Voerkraalbedryf moet “buite die boks dink”


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In