• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Dit reën pap en NWK Retail skep

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

20 Apr 2021
in Nuus
Dit reën pap en NWK Retail skep

NWK Retail Vryburg het Donderdag sy deure amptelik geopen! Dit bring die aantal winkels in die NWK Retail-stal op 43 te staan. Dié winkel spog met 'n wye reeks produkte wat tot produsente en ander verbruikers in hierdie gebied se behoeftes spreek. Heinrich Krüger, voorsitter van NWK se direksie knip die lint, terwyl Pieter Coetzer (heel links), bestuurder van kleinhandelbedrywe by NWK, Stephan Venter (winkelbestuurder van NWK Retail Vryburg), Cas Venter, operasionele bestuurder van kleinhandel en Theo Rabe, hoof- uitvoerende beampte van NWK, toekyk. Maskers is afgehaal vir die neem van die groepfoto.

Share on Facebook

Daar word gemiddeld 285 000 verkoopstransaksies by NWK Retail per maand gedoen, waarvan 69% kontantverkope is. Heinrich Krüger, voorsitter van NWK se direksie, het hierdie syfers Donderdagaand tydens die amptelike opening van NWK Retail Vryburg, bekendgemaak.

Heinrich het ‘n lint by die nuwe winkel geknip waarna gaste by Klondike Lodge buite die dorp bymekaar gekom het vir ‘n spoggeleentheid. Dit is ook deur NWK se hoof – uitvoerende beampte, Theo Rabe en Hentie Badenhorst, wyksdirekteur, bygewoon. Ander bestuurslede van NWK, asook prominente produsente en klante van die omgewing, was ook daar.

“Ten spyte van COVID-19, was die landbousektor grootliks gespaar van hierdie pandemie en ons kan net dankie sê. Gemiddeld is die omset van NWK in vergelyking met ‘n jaar gelede 20,3% hoër en dit is genade,” het Heinrich gesê.

Die waarde van voorraad wat NWK aanhou, kunsmis uitgesluit, was op 31 Maart 2021 R336 miljoen. Daar word ook 20 000 verskillende produklyne by NWK Retail se grootste winkel – NWK Retail Lichtenburg – aangehou. “En dit is alles om in ons produsente se behoeftes te kan voorsien,” het Heinrich bygevoeg.

Die tyd was ryp

Theo het die verrigtinge geopen deur te sê dat ‘n NWK Meganisasie-bedryfspunt reeds twee jaar gelede op Vryburg gevestig is en dat die tyd ryp was om ook nou ‘n handelswinkel hier te open.

“Ons moes egter geduld hê. Dit het langer gevat om oop te maak as wat ons oorspronklik beplan het, maar ons verstaan dit was nou die regte tyd. Ons sien uit om sake met u te doen. Een groot woord in NWK se visie is ‘vennootskap’. Ons kon nuwe vennootskappe in die Vryburg-omgewing bou. Gee ons ‘n kans, julle sal sien ons is hier om produsente te help. Ons maatskappy se hele benadering is om terug te gee aan produsente en ons is ‘n produsente-maatskappy. Dit is jare gelede deur produsente gestig en ons hou by hulle doelwitte.”

Dekades van sukses

Heinrich was volgende aan die beurt. “NWK is vanjaar 112 jaar oud. Dit is die oudste landboumaatskappy in die land. Dit is met geloof gedoen 112 jaar gelede en steeds in geloof gaan ons boere vorentoe en ons glo dat ons Vader se hand met ons sal wees.

“NWK het die afgelope paar jaar terugbeweeg na sy stigtersdoelwitte: om vir sy produsente en klante waarde te bied. Ons heg baie waarde aan vennootskappe. NWK wil graag jou vennoot wees. Ons wil graag ons verskaffers as vennoot hê – insetverskaffers, finansierders. Ons wil ook jou vennoot wees.

“Die toetrede van NWK tot die Vryburg-gebied toon dan ook NWK se vertroue om goeie waarde aan produsente in dié distrik te bied. Deur ‘n unieke lojaliteitsprogram gee NWK ook terug aan produsente deur aandele. Die aandele toon tans baie goeie waarde en is tans baie onderwaardeer. Daar is potensiaal vir kapitalegroei en goeie dividende word betaal. Ons moedig produsente ook aan om aandele te koop.

“Met die verandering in die landbou-omgewing en die landbou-omgewingskultuur in hierdie gebied wat die afgelope jaar plaasgevind het, kan die vraag tereg gevra word: ‘Is NWK nie op dieselfde pad nie?’ Ek wil onomwonde sê nee. NWK het al sy buite-aandeelhouers uitgekoop en ons is tans 100% ‘n produsente-georiënteerde maatskappy.”

Heinrich het benadruk dat NWK se behoud en waardes geskoei is op sy produsente en aandeelhouers.

“Die direksie sien toe dat NWK as ‘n dinamiese vennoot in ‘n veranderende besigheidsomgewing funksioneer. Deurlopende klantemetings word gedoen deur byvoorbeeld SMS’e uit te stuur en daar word vinnig gereageer om probleme aan te spreek.”

Die NWK Shop toep kan afgelaai word waar klante self kan kyk waar die produkte beskikbaar is, kwotasies aanvra, pryse nagaan en die beskikbaarheid by winkels kan bepaal. “Voorraad mag dalk nie altyd by Vryburg of enige ander betrokke winkel wees nie, maar deur hierdie toepassing kan jy baie vinnig sien waar dit is en kan dit gereël word om by jou naaste winkel afgelewer te word.”

Heinrich het ook uitgebrei oor die sukses wat NWK Meganisasie smaak. “Die markaandeel vir New Holland in ons toegekende gebied, is tans 30% van alle fabrikate. Daar is meer as 200 trekkers in hierdie finansiële jaar verkoop.

Frans Kamffer, die heelgoederebemarker vir die betrokke gebied, het alleen 52 trekkers in die Vryburg-distrik en omliggende gebiede verkoop. “Werkswinkels is tans op volle kapasiteit en die uitbreidingsaanstellings word gedoen soos die vraag daarvoor toeneem.”

“Julle kan sien dat NWK ‘n gerekende landboumaatskappy is. NWK glo in ‘n pakket-benadering, waar die verskaffing van produksie-insette, finansiering en produkhantering alles vir en saam met julle gedoen kan word. NWK is en wil graag jou dinamiese vennoot in ‘n veranderende besigheidsomgewing wees,”’ het Heinrich afgesluit.

  • Jacques de Wet, bemarkingsbestuurder van NWK, het ook tydens dié geleentheid oor NWK se unieke Lojaliteitsprogram uitgebrei. Lees meer daaroor wanneer NWK Arena in ‘n toekomstige uitgawe verslag doen oor dié program se top punteverdiener vir 2020/2021.
Tags: MRT/APR 2021
Previous Post

Boere maak planne tydens pandemie

Next Post

Toppunteverdiener dankbaar vir erkenning

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In