• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Voëlnuus uit ons kontrei

Geskryf deur Martiens en Esther du Plessis

15 Jul 2021
in Buitelewe
Voëlnuus uit ons kontrei

Sonder VulPro se hulp sou hierdie aasvoël nie oorleef het nie.

Share on Facebook

Voëlkyk is ’n gewilde stokperdjie onder natuurliefhebbers wat tot iets meer kan lei, soos twee Suid- Afrikaanse bewarings organisasies ontdek het. Lees hier meer oor die uitstekende werk wat hulle doen.

VulPro red vir Mr P

Kerri Wolter van VulPro, die rehabilitasiesentrum vir roofvoëls (veral aasvoëls) in die Magaliesberge, het die volgende bydrae oor ’n Afrika-witrugaasvoël met die bynaam Mr Pipe (Mr P) ingestuur:

Mr P is op 5 Mei 2021 uit die Olifantsrivier-wildreservaat net buite Hoedspruit in die Laeveld gered. Hy ondergaan tans rehabilitasie by VulPro en sal later in die wildreservaat vrygelaat word. Hy sal met ’n toestel toegerus word om sy vrylatings-, oorlewings-, voedings- en bewegingspatrone te monitor.

Die oorsprong van sy bynaam is ook sy reddingsverhaal. Op die aand van 4 Mei is Mr P opgemerk met ’n stuk plastiekpyp om sy nek en binne-in sy snawel, wat sy bek oopgedwing het. Dit was ’n besliste doodsvonnis vir die voël, want hy kon nie op hierdie manier oorleef nie.

VulPro se span is in kennis gestel en het die volgende dag vanaf Hartbeespoort na die Olifantsrivier-wildreservaat vertrek. Graham en Sandy de Witt, aandeelhouers van die wildreservaat, het hom ’n volle dag dopgehou en net voor sonop op 5 Mei is Mr P verdoof en deur Kerri en die veeartse behandel.

Dit was die eerste suksesvolle verdowing van ’n aasvoël waarvan VulPro weet. Ongelukkig het die pyp skade aan sy tong aangerig. Die span van VulPro hou die situasie gevolglik fyn dop om seker te maak hy sal in die natuur kan oorleef.

Uile só gered by Hartbeespoort

Die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing is ’n nie-winsgewende maatskappy en ’n rehabilitasiesentrum vir alle uil- en wildsoorte in Suid-Afrika.

Brendan en Danelle Murray het tien jaar gelede begin fokus op die bewaring van uile en neem jaarliks meer as 1 000 van dié voëls in deur hul reddingspogings. Wanneer die uile gerehabiliteer is en in die natuur kan oorleef, word hulle vrygelaat in die reservaat – ’n plaas wat binne ’n bewaringsgebied van 12 000 hektaar geleë is.

Hierdie moerasuil-kuiken is tydens ’n veldbrand op die N4-hoofpad gered.
Bubbles (links) is ’n effense skeel gevlekte arenduil wat mak grootgeword het. Omdat haar stert- en vlugvere verwyder is, stap sy oral. Haar vere het intussen begin teruggroei en die span hoop dat sy binnekort weer ’n normale uillewe sal kan lei. Squeaks is ook ’n uil wat mak grootgemaak is. Sy is in Junie vrygelaat, maar wou glad nie weggaan van Bubbles af nie. Sy spandeer nou al saans meer tyd buite.
’n Nonnetjiesuil het vir vyf dae in ’n Superspar in Pretoria rondgevlieg voordat die span hom gered het. Hy is Spartacus gedoop en dadelik vrygelaat toe hulle sien hy is “rond en gesond” danksy Spar se inhoud.
Tags: Jul/Aug 2021
Previous Post

Landboutegnologie is hier om te bly

Next Post

Vuurwapeneienaars word ontwapen


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In