• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Wenner van slaglamskou steun reeds vroeg op kruipvoeding

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

11 Oct 2021
in Nuus
Wenner van slaglamskou steun reeds vroeg op kruipvoeding

Wikus Bouwer by sy wenkarkasse.

Share on Facebook

Die gehalte van inskrywings vir NWK Retail se Slaglamskou was “uitsonderlik” en die skou self is as die beste wat vanjaar nóg aangebied is, deur beoordelaars beskryf.

Inteendeel, die top 20 plekke het almal ‘n gemiddeld van 95% of hoër behaal en die top 64 plekke ‘n persentasie van 90% of hoër tydens die aan hak beoordeling. Wikus Bouwer van Rapoeli Witdorpers Stoet het met die louere weggestap en is as die algehele kampioen gekroon.

Dit was die tweede NWK Retail Slaglamskou, met ‘n totaal van 148 inskrywings.

Paul Maree van South African Meat Industry (SAMIC) het Dinsdag by Ottosdal Skougronde op die hoef beoordeel.

“Gewigte is goed en die vetverspreiding is goed. Van die lammers moes dalk langer in die krale gestaan het, maar die gemiddeld is baie goed,” was sy kommentaar.

Sy raad aan deelnemers was om die onderskeie rasse wat hulle inskryf, in gedagte te hou. “Rasse verskil. Vleismerino’s byvoorbeeld moet later bemark word. Die gewig mag dalk goed wees, maar nie noodwendig die vet nie.

Wikus was die enkelwenner op hoef, terwyl Boytjie Crispin as die groepwenner aangewys is.

Dirk Zandberg en Albertus du Toit van SAMIC het aan die hak geklassifiseer en beoordeel by Schweizer Reneke se abattoir. Wikus was die enkelwenner met ‘n persentasie van 99,68%, wat Albertus as fantasties beskryf het. Hy was ook die groepwenner met ‘n persentasie van 96,28%.

Wikus, wat reeds twaalf jaar lank aan slaglamskoue deelneem, het sy geheim gedeel: “Ek gee kruippille van dag een af. Ná twee weke gaan die ooie uit, die lammers bly agter en kry kruipvoeding. Hulle word op sowat twee en ‘n half maande gespeen en ontvang dan vol voeding.”

Hy het bygevoeg dat hy uit die staanspoor die gehalte van sy karkasse met beoordelaars bespreek het. “Hulle het my verduidelik waar ek tekort geskiet het en dan het ek ramme gekoop en gekies wat daardie foute sou uitskakel.”

Omdat dorpers geneig is om vinnig te vet te raak, is Wickus se doelwit om ‘n swaarder karkas met die regte vetverhouding aan die mark te lewer. “Ons deel van dié wêreld verkies ‘n swaarder karkas en op die ou end van die dag gaan dit oor rand en sent. Dus, hoe meer vleis, hoe meer wins.”

Hier is die uitslae

ENKEL OP HOEF

  1. Wikus Bouwer
  2. Boytjie Crispin
  3. Wikus Bouwer
  4. Frans Hugo
  5. Jannes Schikerling
Henk Greef, bestuurder van NWK Retail Sannieshof en Theo Rabe, groephoof- uitvoerende beampte van NWK by Wikus (middel) wat ook met die louere weggestap het in die lamkampioen op hoef-kategorie.

GROEP OP HOEF

  1. Boytjie Crispin
  2. Wikus Bouwer
  3. Wikus Bouwer
Henk en Theo saam met Boytjie Crispin (middel), die kampioen groep op hoef.

ENKEL AAN HAAK

  • Wikus Bouwer
  • Jannes Schikerling
  • Cobus Erasmus
Henk wens vir Victor Kruger wat die derde plek behaal het in die enkel aan haak-afdeling geluk.

GROEP AAN HAAK

  • Wikus Bouwer
  • Jannes Schikerling
  • Victor Kruger
Henk en Wikus Bouwer (kampioen groep aan hak) saam met Albertus du Toit van SAMIC.
Tags: Sept/Okt 2021
Previous Post

Beginnerboere ervaar weer ’n uitsonderlike jaar

Next Post

Only those who reimagine the future, will thrive


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In