• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Afrika-aasvoëls keer terug na eie bodem

31 Jan 2022
in Buitelewe
Afrika-aasvoëls keer terug na eie bodem

Die swart aasvoël wat van Amerika (in ’n vliegtuig) gevlieg het na sy nuwe tuiste by VulPro.

Share on Facebook


VulPro, die aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, het sedert 2007 leiding geneem om bewustheid oor aasvoëlbewaring in Afrika te vestig en regoor die wêreld aan belangrike aasvoëlnavorsingsprojekte deelgeneem.

Detroit Zoo, gebaseer in Michigan, Amerika, staan al vir jare aan die voorpunt van die bewaring en opvoeding van aasvoëls deur Afrika-aasvoëls in hul versameling aan te hou. Ná etlike jare se beplanning het een swart aasvoël (lappet-faced vulture) en vier monnikaasvoëls (hooded vultures) van dié dieretuin nou by die VulPro-familie aangesluit.

Ná ’n trans-Atlantiese vlug en meer as 60 dae in kwarantyn, het hierdie voëls teruggekeer huis toe en het hulle nou die geleentheid om by te dra tot hul spesie se voortbestaan. Hulle sal kan paar en teel, en hul nageslag sal dan in die natuur vrygelaat word.

Raak betrokke en red ’n uil (of iets anders)

  • Indien jy ’n voertuig besit en ’n goeie sin vir humor én ’n passie vir die natuurlewe het, raak betrokke by die Owl Rescue Centre se vrywillige koeriergroep. Vrywilligers word een of twee keer per maand ingespan om ’n “pasiënt” iewers te gaan oplaai en na hul naaste diere-rehabilitasiesentrum of veearts te neem – of selfs na die Owl Rescue Centre in Hartbees­poort. Indien jy belangstel om deel te word van dié unieke groep, stuur ’n WhatsApp-boodskap aan Danelle Murray by 082 579 3017.
  • As jy hierdie jaar vir iemand spesiaal ’n spesiale geskenk vir hul verjaarsdag of Kersfees wil gee, dink daaraan om een van die Owl Rescue Centre se pasiënte (wat alle vorme van wild insluit) aan te neem. Die aannemingsfooi is R600 elk en dié fondse word gebruik vir die reddings- en rehabilitasiekoste. Alle aangenome pasiënte bly by die sentrum gedurende hul rehabilitasieproses totdat hulle weer in die natuur vrygelaat kan word. Stuur gerus ’n e-pos aan info@owlrescuecentre.org.za of besoek hul Facebook-blad.

Tags: Jan/Feb 2022
Previous Post

NWK se integriteit val dié regsman op

Next Post

Sojabone is ’n goeie alternatief vir sonneblom


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In