• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

NWK Lojaliteitsprogram se erkenning strek nou nóg wyer

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

21 Apr 2022
in Dinamiese vennoot
NWK Lojaliteitsprogram se erkenning strek nou nóg wyer

Die toppunteverdieners van 2020/2021 saam met Heinrich Krüger (voorsitter van NWK se direksie, links) en Theo Rabe is: Pieter van Zyl van PGL Boerdery (Edms) Bpk; Dawie Mare van D.A. Mare; Cois Maré van I.F. Maré; Richard Hobson van Botselo Farming (Edms) Bpk; Louis Meyer van Tommiesrus (Edms) Bpk; Kobus du Preez van Vlakpan Trust; Roland Liebenberg, sakevennoot van Rupert Richter van Shomene (Emds) Bpk; Fanie Nel, seun van Marius Nel van M. Nel Boerdery.
* Afwesig: Frans van der Linden van F.J. van der Linden en Lourens van Wyk van L. van Wyk.

Share on Facebook

Die jaarlikse erkenningsgeleentheid van NWK se Lojaliteitsprogram is nou meer inklusief deurdat die toppunteverdieners in verskillende produkkategorieë ook nou vir hul lojaliteit beloon word. Nóg ʼn toevoeging tot die geleentheid, is die erkenning van klante wat die meeste punte uit aankope verdien het, asook die beste persentasie groei in punte jaar op jaar getoon het.

Voorheen is slegs die algehele toptien-punteverdieners tydens NWK se jaarlikse erkenningsgeleentheid uitgesonder, maar nou word ook die toppunteverdieners in dieregesondheid en veevoer, landbouchemikalieë, landbousaad, kunsmis, brandstof en smeermiddels, boumateriaal, besproeiing asook meganisasie, vereer.

Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy kon Vrydagaand uiteindelik ná ʼn pandemie en streng inperking van twee jaar weer hierdie topklante se toekennings tydens ʼn spoggeleentheid by NWK se opleidingsentrum in Lichtenburg aan hulle oorhandig.

“Die bestuur en direksie het dit goedgedink om die erkennings meer inklusief te maak deur die kategorieë waarin erkenning vir prestasie gegee word, uit te brei sodat daar ʼn groter poel kliënte by hierdie geleentheid betrek kon word,” het Jacques de Wet, bemarkingsbestuurder van NWK, verduidelik.

Theo Rabe, groephoof- uitvoerende beampte van NWK, het sy toespraak begin deur vir Elsa Strydom, die weduwee van Johan Strydom, in die besonder welkom te heet. Johan, een van die toppunteverdieners, is verlede jaar aan COVID-19 oorlede.

“Hy was lank een van ons lojale klante en het ook nie geskroom om kritiek te gee as dit nodig was nie,” het Theo hom onthou.

Klante is vir NWK belangrik

“Ons as NWK is geseën met ʼn groot groep lojale klante. Dit word deur NWK se sake en groei die afgelope paar jaar weerspieël.

“Ons het die afgelope paar jaar baie aandag daaraan (klanteverhoudings) gegee. Julle is uiteindelik die eienaars van NWK. Die bestuur en direksie van NWK bestuur die maatskappy namens julle. Dis vir ons ʼn riem onder die hart dat julle ons besigheid ondersteun. Julle as die eienaars van NWK moet trots wees op hierdie besigheid.”

Theo het voortgegaan deur te sê dat die Lojaliteitsprogram die aandeleprys stu deur die fondse wat NWK teruggee aan die program en dat die maatskappy daarna streef om sy produsente te behou en hulle groei in hul aandeelhouding te bied.

“Daar is ook aandeelhouers wat ouer word en wil uittree, so hierdie program is die ideale middel om daardie aandele terug te koop. Jou belegging kan verder in kapitaal groei en jy kan boonop dividende op daardie aandele ontvang.”

NWK se Lojaliteitsprogram is in 2017 van stapel gestuur en daar is reeds R49,5 miljoen se waarde in hoofsaaklik aandele aan lede toegeken. Die Omnia-toekenning beloop ʼn verdere R3,1 miljoen en die waarde van die totale toekenning is dus R52,6 miljoen.

“ʼn Totaal van 9 111 006 NWK Beherend aandele is reeds toegeken. Dit kom neer op sowat 7% van die totale uitgereikte aandele van NWK Beherend wat net die afgelope vyf jaar deur die Lojaliteitsprogram verhandel is,” het Theo afgesluit.

WENNERS

  • Richard Hobson van Botselo Farming (Edms) Bpk was 2019/2020 se toppunteverdiener en het reeds verlede jaar ʼn LekkeSlaap-koopbewys van R25 000 ontvang. Die ander nege was M. Nel Boerdery (Marius Nel), F.P. van Rooyen Boerdery (Frik van Rooyen), Shomene (Edms) Bpk (Rupert Richter & Roland Liebenberg), J.H.A. Nieuwoudt (Johan Nieuwoudt), J.J. Steyn (Johan Steyn), Tommiesrus (Edms) Bpk (Louis Meyer), L. Van Wyk (Lourens van Wyk), J.P. Strydom (Johan Strydom) en Vlakpan Trust (Kobus du Preez).
  • Shomene (Edms) Bpk van Rupert Richter en Roland Liebenberg het die meeste punte uit aankope verdien terwyl Bestcor Products van Raubé Malan die beste groei in punte jaar op jaar gedurende 2019/2020 getoon het. Hulle het elk ʼn NWK Retail-koopbewys ter waarde van R5 000 ontvang.
  • In die onderskeie produkkategorieë, was die wenners van 2019/2020 Kallie Peters van F.K. Peters (landbouchemikalieë), Kobus du Preez van Vlakpan Trust (landbousaad), Harry du Preez van Herculette Boerdery (dieregesondheid en veevoer), Gerhard Swanepoel van Dura-Flex Dam Linings (boumateriaal), Louis Meyer van Tommiesrus (Edms) Bpk (kunsmis), Carel Carrol van Carrol Family Enterprises (brandstof en smeermiddels), Marco Duister van High Point Trading 609 CC (besproeiing) en Danie Reichel van D.J. Reichel (meganisasie). Ook hulle is elkeen met ʼn NWK Retail-koopbewys van R5 000 beloon.
  • Richard Hobson van Botselo Farming (Edms) Bpk was wéér die toppunteverdiener in 2020/2021 en het weer met ʼn LekkeSlaap-koopbewys van R25 000 weggestap. Die ander nege was PGL Boerdery (Edms) Bpk (Pieter van Zyl), M. Nel Boerdery (Marius Nel), D.A. Mare (Dawie Mare), Shomene (Edms) Bpk (Rupert Richter & Roland Liebenberg), Vlakpan Trust (Kobus du Preez), Tommiesrus (Edms) Bpk (Louis Meyer), F.J. van der Linden (Frans van der Linden), I.F. Maré (Cois Maré) en L. Van Wyk (Lourens van Wyk).
  • In die onderskeie produkkategorieë, was die wenners Kallie Peters van F.K. Peters (landbouchemikalieë), Frans van der Linden van F.J. van der Linden (landbousaad), Harry du Preez van Herculette Boerdery (dieregesondheid en veevoer), Jan Haasbroek van SJR Staalwerke BK (boumateriaal), Tiaan Boshoff van C.C. Boshoff (kunsmis), André Wessels van Vrywes Boerdery (brandstof en smeermiddels), Rassie Jacobs van J-Cat Plant Hire (besproeiing) en Dawie Mare van D. A. Mare (meganisasie).
  • Rupert Richter en Roland Liebenberg se Shomene (Edms) Bpk het die meeste punte verdien uit aankope terwyl Fanie Hartman se SJB Hartman Trust die beste groei in punte jaar op jaar gedurende 2020/2021 getoon het. Bogenoemde wenners het elk ʼn NWK Retail-koopbewys ter waarde van R5 000 losgeslaan.

Om vir NWK se Lojaliteitsprogram te registreer, besoek www.nwklojaliteit.co.za

Heinrich en Theo saam met die wenners van 2020/2021 in die onderskeie produkkategorieë: Jan Haasbroek van SJR Staalwerke BK (boumateriaal), Rupert Richter van Shomene (Edms) Bpk (meeste punte uit aankope verdien), Kallie Peters van F.K. Peters (landbouchemikalieë), Harry du Preez van Herculette Boerdery (dieregesondheid en veevoer), André Wessels van Vrywes Boerdery (brandstof en smeermiddels), Rassie Jacobs van J-Cat Plant Hire (besproeiing), Dawie Mare van D. A. Mare (meganisasie), Fanie Hartman van SJB Hartman Trust (het die beste groei in punte jaar op jaar gedurende 2020/2021 getoon).
* Afwesig: Tiaan Boshoff van C.C. Boshoff (kunsmis).
Die toppunteverdieners van 2019/2020 saam met Heinrich en Theo: Richard Hobson van Botselo Farming (Edms) Bpk; Hannes van Rooyen het sy pa, Frik van Rooyen van F.P. van Rooyen Boerdery se prys ontvang; Kobus du Preez van Vlakpan Trust; Elsa Strydom, weduwee van Johan Strydom (J.P Strydom); Louis Meyer van Tommiesrus (Edms) Bpk; Johan Steyn (J.J. Steyn); Roland Liebenberg, sakevennoot van Rupert Richter van Shomene (Emds) Bpk; Fanie Nel, seun van Marius Nel van M. Nel Boerdery en Theo Rabe (groephoof- uitvoerende beampte van NWK).
* Afwesig: Johan Nieuwoudt van J.H.A. Nieuwoudt en Lourens van Wyk van L. van Wyk.
Heinrich en Theo saam met die wenners van 2019/2020 in die onderskeie produkkategorieë: Carel Carrol van Carrol Family Enterprises (brandstof en smeermiddels), Gerhard Swanepoel van Dura-Flex Dam Linings (boumateriaal), Kobus du Preez van Vlakpan Trust (landbousaad), Rupert Richter van Shomene (Edms) Bpk (meeste punte uit aankope verdien), Kallie Peters van F.K. Peters (landbouchemikalieë), Harry du Preez van Herculette Boerdery (dieregesondheid en veevoer), Louis Meyer van Tommiesrus (Edms) Bpk (kunsmis), Danie Reichel van D.J. Reichel (meganisasie).
* Afwesig: Marco Duister van High Point Trading 609 CC (besproeiing) en Raubé Malan van Bestcor Products van Raubé Malan die beste groei in punte jaar op jaar gedurende 2019/2020 getoon het.
Tags: Jan/Feb 2022
Previous Post

’n Kompakte dekseisoen sorg vir groter vrugbaarheid

Next Post

February 2022: Agricultural economic report


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In