• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Eerste Nampo Oesdag ná pandemie skitter

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

13 Jul 2022
in Dinamiese vennoot
Nicolene Smalman
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Tydens Graan SA se jaarlikse kongres op 2 Maart vanjaar, het dié organisasie nog asem opgehou oor of hulle die nodige toestemming by die regering sou kry om NAMPO aan te bied, en teen watter kapasiteit.

Op 5 Mei, minder as twee weke voordat die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond op 16 Mei sou afskop, is daar uiteindelik bekendgemaak dat NAMPO volstoom kon voortgaan en 20 000 besoekers daagliks by Nampo Park ontvang. Op één voorwaarde: NAMPO-besoekers moet óf teen COVID-19 ingeënt wees óf ‘n negatiewe toetsresultaat toon.

Kommentare wat in reaksie hierop op sosiale media geopper is, het my aan my groentee laat stik. Ene Maurice Barker skryf op Graan SA se Facebook-blad: “Sal die regering se g** nog steeds gelek word by en deur NAMPO met die inentings en negatiewe toets voor mens mag ingaan?” André Hartley laat hoor: “Julle kan maar NAMPO druk naby die ANC se vaccination.” Alex Vorster beaam dit: “Druk julle NAMPO!!! Klomp knie buigers (sic), staan op aandag vir julle anc regime (sic)”. Oproepe om NAMPO te boikot, het die een ná die ander opgeklink. Sug.

Ek wil eerstens ‘n eier lê oor die inhoud van hierdie tipe kommentare. Lees hierdie Facebook-gebruikers dan nie die nuus nie? Of is dit eerder ‘n gebrek aan begrip en interpretasie? Dit is immers die regering wat bepaalde regulasies vir die aanbieding van skoue van hierdie omgang vasgestel het, nié Graan SA nie.

Dis boonop dieselfde ANC-regering wat vereis dat jou kinders teen masels, pokke, polio en witseerkeel ingeënt moet word. Hoekom het jy nie hiermee ‘n probleem nie? Hoekom nie ook dít beskou as ‘n poging om “jou te laat beheer nie”?

Ek wonder hoeveel van hierdie Facebook-gebruikers het self swaar getrek tydens die pandemie en gevolglike inperking. Hoeveel van hulle besit gastehuise wat moes leeg staan in hierdie tyd? Die Bothaville-omgewing kry immers elke jaar ‘n welkome geldelike inspuiting danksy NAMPO. Het hierdie Facebook-gebruikers ooit bydraes tot kerke en skole tydens die inperking gemaak? Dieselfde kerke en skole wat snoepgoed by Nampo verkoop en só broodnodige fondse kry?

Hoeveel van hulle is lede van Graan SA, waarvan die voorsitter, Derek Mathews, hom al jare lank beywer vir meer bekostigbare insetmiddels sodat hulle, die graanboere, meer volhoubaar kan boer? Was een van hulle bereid om met die minister van landbou, Thoko Didiza, samesprekings te hou oor kwelpunte in die bedryf?

Gelukkig getuig die afgelope NAMPO se bywoningsyfer dat logika geseëvier het en bykans 73 000 Oesdaggangers het hierdie klomp Facebook-bitterbekke ‘n groot, vet toffie gewys. Daar was meer as 800 uitstallers – 180 van hulle nuwes. Die jongste tegnologie is spoggerig ten toon gestel, daar is gesmul aan Nampo-gunstelinge soos aarbeie en room, gevulde pannekoek en daardie watertandlekker klein oliebolle met die sjokolade- en karamelsouse bo-oor.

Letterlike elke tweede NAMPO-ganger het geloop met die sogenaamde bakkiehakkie, wat ek glo boervroue ook inspan om hul inkopies agterop ‘n bakkie nader te haak.

Sommige boere met wie ek skouers geskuur het, meen dat die afgelope streng inperking hulle geleer het om hul marknavorsing eerder aanlyn te doen en dat hulle met meer gemak op hierdie wyse van nuwe tegnologie leer. Hulle kán dus klaarkom sonder ‘n NAMPO.

Daar is egter ‘n groot groep vir wie vanjaar se 54ste NAMPO weer ‘n welkome platform vir netwerking geskep het. Soos een produsent opmerk: “Ek wil die ware Jakob kan síén en hóé dit gebruik word. Ek soek daardie oogkontak met die persoon met wie ek sake doen. Dit bied meer waarde vir geld.”

‘n Landbouskou van dié kaliber is ‘n vertoonvenster van die vooruitgang wat die bedryf oor dekades gemaak het, ondanks talle uitdagings. Daar gaan nog baie soortgelyke geleenthede aangebied word – plaaslik en internasionaal – wat dieselfde toelatingsvereistes sal hê.

As jy dit daarom nie wil bywoon nie, is dit jou goeie reg. Moet liefs net nie jou oningeligte opmerkings, wat grens aan propaganda, op sosiale media plaas nie. Jy is ‘n verleentheid vir jou hoërskoolonderwysers.

Tags: Jul/Aug 2022
Previous Post

Eskom: Aksie is nóú nodig

Next Post

Moet nooit moed opgee nie


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In