• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jun 18, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

NWK behaal rekordwinste

Mediaverklaring

5 Oct 2022
in Dinamiese vennoot
NWK behaal rekordwinste
Share on Facebook

S
uid-Afrika se oudste landboumaatskappy het die afgelope finansiële jaar sy grootste wins óóít behaal en dit is boonop bykans 60% hoër as dié van die vorige finansiële jaar.

NWK het in die finansiële jaar wat op 30 April 2022 geëindig het, ‘n voorbelaste wins van R346 miljoen verdien. Die belaste wins vir die jaar is R267 miljoen – 59% oftewel R100 miljoen meer as die vorige jaar.

Heinrich Krüger

Volgens Heinrich Krüger, voorsitter van NWK se direksie, kan dié besonderse prestasie grootliks toegeskryf word aan gunstige weerstoestande en die suksesvolle implementering van die maatskappy se sogenaamde omdraaistrategie.

Die groep se omset het met 25,1% verhoog. ‘n Opbrengs op ekwiteit van 16,9% vergelyk uitstekend met die doelwit van 12,5% teen 2024 wat die direksie aan die groep gestel het. ‘n Tussentydse dividend van 25 sent is reeds uitbetaal en ‘n finale dividend van 25 sent is goedgekeur. Daar is voorts R14 miljoen vir die aankoop van aandele vir NWK se Lojaliteitsprogram vir die 2022 finansiële jaar goedgekeur.

NWK se handelsegment het ‘n wins van R182 miljoen behaal, wat ‘n verhoging van 36,8% in vergelyking met die vorige jaar behels. Dit kan toegeskryf word aan verhoogde verkope van landboukundige produkte, veral chemikalieë, omheiningsmateriaal en veevoere.

Pieter Kleingeld

“Die landbouklimaat was baie gunstig danksy goeie reën. Klante het dus meer spandeer om grondregstellings te doen, die nodige bemesting toe te dien en die regte bewerkingspraktyke te volg,” het Pieter Kleingeld, groephoof- finansiële beampte van NWK, gesê.

“Goeie oeste en kommoditeitspryse laat klante met meer kontant in hulle sakke wat hulle in staat stel om meer kapitaalspanderings aan te gaan. NWK fokus die afgelope paar jaar daarop om sy klantediens te verbeter en ook dit word in die baie aankope wat gedoen is, weerspieël,” het hy bygevoeg. .

Theo Rabe, groephoof- uitvoerende beampte van NWK, het gesê dat die groep se doelwit is om volhoubaar 12,5% te behaal. “Die landbou-omgewing is uitgelewer aan weersomstandighede. Ons beleef tans goeie jare, maar moet voorsiening maak vir moontlik toekomstige uitdagende jare en wil oor die langtermyn volhoubaar wees.”

Theo Rabe

Hy het bygevoeg dat NWK in die volgende jaar sal fokus op die opknapping van infrastruktuur en dat die maatskappy wil belê in alternatiewe kragbronne. “Die huidige gebrekkige elektrisiteitsvoorsiening is kommerwekkend en ons sien nie dat die situasie binne die volgende tien jaar noemenswaardig gaan verbeter nie.”

NWK het onlangs sowat 550 km se grondpaaie in sy bedieningsgebied laat skraap nadat dit ‘n memorandum van verstandhouding met die provinsiale regering onderteken het. “Ons wil voorts, in samewerking met die gemeenskap, op langtermyn ‘n groter netwerk van paaie onderhou, sonder om die verantwoordelikheid van die regering weg te vat,” het hy afgesluit.[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]

Tags: Jul/Aug 2022
Previous Post

Pantser jou boerdery teen die ondenkbare

Next Post

Amazone ZA-TS 3200-strooier sorg vir wenresep


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In