• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Promosie

Amazone ZA-TS 3200-strooier sorg vir wenresep

Hennie le Roux, SABBF en Wessel Vosloo, Falcon Agricultural Equipment

2 Aug 2022
in Promosie
Amazone ZA-TS 3200-strooier sorg vir wenresep

Die Amazone ZA-TS 3200 Super Profis Hydro met WindControl en ArgusTwin.

Share on Facebook

Die prys van kunsmis laat ’n mens kopkrap oor hoë insetkoste. Hennie le Roux, plaasbestuurder van South African Breweries Barley Farm (SABBF) vereenvoudig dié uitdaging vir homself deur dit met rugby te vergelyk. “Dit word dan vir my duidelik dat sekere sleutelfasette uiters belangrik is om ’n wenspan saam te stel. Vir ons as AB-Inbev se modelplaas is dit uiters belangrik om ’n volhoubare wenspan te hê. Om dié doel te bereik, moes ons sekere fasette opgradeer.”

Een van die belangrikste plekke waar hulle tekortgeskiet het, is die manier hoe kunsmis toegedien is. “Kunsmis is die grootse enkele insetkoste van boerdery en hoewel ons hiervan bewus was, het ons voortgegaan met ’n strooier sonder seksiebeheer. As deel van ons spelplan moes ons intensief begin kyk na presisietoerusting, wat ons gelei het na ons eerste aankoop: ’n ZA-TS 3200 Super Profis Hydro-strooier.”

Hennie brei verder uit: “Met sy 128 seksies is ek seker dat ek nie kunsmis mors deur dit dubbel te plaas nie, en daar word nie ’n enkele plek op my land oorgeslaan nie.”

Met grensverspreiding (border spreading) baat die buurman se graan aan die ander kant van die draad ook nie vanweë die oortollige kunsmis nie. “Ons taktiek vir kostebesparing is as jy nie daar plant nie, strooi jy nie daar nie. Met die druk van ’n knoppie kan ek tot aan die einde van my land strooi, met feitlik geen kunsmis wat oor die draad val nie.”

Vir die eerste paar jaar het SABBF koste bespaar en gestrooi met die masjien sonder enige byvoegings, en dit het perfek vir hulle gewerk. Hennie sê hy was oortuig daarvan dat daar nie iets beter is as waarmee hulle gestrooi het nie. Die span van Amazone is egter heeltyd besig met nuwe dinge om die werk vir produsente makliker te maak. “En laat ek julle ’n ding vertel, die Caledon-area het nie van die gelykste landbougrond nie,” sê Hennie.

“Ons het in 2020 toetse saam met die Falcon-span gedoen met die ArgusTwin-stelsel en dadelik die bomb squad aangeskaf. Daardie 14 radar-oë maak seker dat daar konstante monite-­ring van die kunsmis is, dwarsdeur die dag. Dit help om die lande meer gelyk te maak, terwyl die radars seker maak dat die strooipatroon steeds dieselfde bly.”

Ná die toevoeging tot die strooier het hulle die “Rolls-Royce” van strooiers op die plaas gehad. Vir die bekende Kaapse wind, het Amazone ook ’n antwoord gehad – WindControl (of waterboy), wat op die ZA-TS gemonteer kan word.

Hennie vertel meer: “Dit kan die windspoed tot en met 10 m/sek uitskakel, met ander woorde 36 km/h. Dit laat ons toe om nou die meeste van die dae voluit te kan strooi. Ons moes voorheen baie dae die handdoek ingooi as gevolg van die wind, en het daarvoor ingeboet met ons opbrengs.”

Die Isobus-stelsel van die Amazone-strooier het 100% op Hennie se trekker gepas, sonder enige probleme, en alles het 100% gewerk. “Ek kon ook vir my operateur ’n profiel opstel sodat ons net die funksies wat ons op ons plaas gebruik, op die skerm ver-toon. Daar is ’n paar dinge op dié strooier wat dit vir my as boer én vir my operateur baie gemaklik maak,” vertel Hennie.

Hierdie handige ekstras is:

  • Die strooier kom standaard uit met twee lere langs die kant sodat die massasakke van albei kante maklik oopgemaak kan word om die strooier vol te maak.
  • Wiele wat uitwip as jy van die kant af op hulle trap.
  • Die strooier kan gerieflik afgehaak en rondgestoot word – som-mer met ’n vol vrag as dit nodig is. Dit vou ook weer net so maklik uit die pad uit vir wanneer jy besig is om te strooi.
  • ’n Baie slim ontwerpte seiltjie wat hidroulies oprol sodat die hele strooier oop is vir volmaak en weer baie netjies toemaak vir daardie reënbuitjie wat onverwags uitsak.

Hierdie toevoeging op die plaas het vir Hennie ’n wenspan verseker. “Danksy die regte gereedskap soos die Amazone ZA-TS 3200 Super Profis Hydro met ArgusTwin en WindControl is ons besparings in kunsmis aansienlik meer en hul doeltreffendheid ook.”

Tags: Jul/Aug 2022
Previous Post

NWK behaal rekordwinste

Next Post

Spaar tyd en geld met die JF Kanguru 270

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In