Hierdie graanverpakker (grain bagger) is ’n robuuste mobiele stasie vir die berging van graan of kunsmis, en jy kan dit neem waar jy dit ook al nodig het. Dit laat jou toe om jou graan in ’n sak in ’n anaërobiese en stabiele temperatuuromgewing te berg. Kortom maak dit berging makliker en goedkoper. Dit maak voorsiening vir die verkoop van graan op die beste tyd van die mark.
Voordele
- Die graankeuse maak voorsiening vir die afsonderlike berging van verskillende graangroepe.
- Dit bied ’n lae beleggingsuitset, aangesien dit ’n baie goedkoper alternatief as ’n vaste stooreenheid bied.
- Die masjien se mobiliteit verseker ’n maklike opstelling op strategiese plekke, wat logistieke besparings in die bergings-operasie tot gevolg het.
- Winsgewendheid neem toe, aangesien die stelsel dit moontlik maak om die oes op die beste oomblik van die mark te verkoop.
- Verskillende soorte graan kan geberg word – mielies, bone, koring, hawer, sorghum, sojabone en selfs ook kunsmis.
- Dit dra by tot ’n kostevermindering danksy ‘n besparing op die elektriese energiekoste van ‘n silo, terwyl terwyl goedkoper vragte buite die oesseisoen ook moontlik is.
- ’n Gevorderde remstelsel vir ’n presiese remaksie en die een-vormige vulling van sakke.
- Maklike werking en instandhouding.
- Hyser met draadlose beheer.
- Sakbak met hoogteverstelling deur kruk en awegaar.
- Groot band vir verbeterde greep en stabiliteit.
- Bak met nuwe ontwerp vir makliker laai.
- Maklike sluitstelsel vir bak.
Meer oor JF Máquinas
JF Máquinas is ’n Brasiliaanse maatskappy wat in 1981 gestig is, met die doel om masjiene vir vee en landbou te vervaardig. Hul produkreeks sluit in kuilvoerkerwers en -koppe, kuilvoerkappers, voerverwerkers, hamermeulens en voerwaens, wat na meer as 40 lande regoor die wêreld versprei word.
Vir meer inligting, besoek www.staalmeester.co.za.