NWK Meganisasie het ’n reeks hommeltuigpakkette by sy produkreeks gevoeg waarmee produsente nóg meer akkurate toedienings kan doen. Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy wou voortbou op die sukses van die presisieboerderyspan by NWK Meganisasie/MechXpert en Landboubestuursdienste, en die DJI Agricultural Drone-reeks pas perfek by hul visie.
Met stygende insetkoste en die druk om doeltreffender en meer produktief te wees, het NWK gekyk hoe hulle die reeds diverse heelgoedere- en produksiereeks wat aangebied word, selfs meer uniek kon maak.
Met die besonderse nat vorige en huidige seisoen was dit regtig moeilik vir talle van NWK se produsente om in die lande te kom met spuite. Hommeltuie kan produsente toerus om self lugbespuitings met hulle toerusting te doen.
Die T30-hommeltuig
- Die T30-hommeltuig kom kompleet met ’n 30 liter-spuittenk en opsioneel met ’n 40 liter-strooitenk. Die 30 liter-spuittenk dek tipies 1 hektaar en kan realisties 8 tot 10 hektaar per uur spuit.
- Die spoed en hoogte waarteen die hommeltuig ’n produk spuit, bepaal grootliks die hoeveelheid hektaar wat per uur gedek kan word.
- Daar kan ook soveel as vyf hommeltuie op een afstandbeheerder gekoppel word, elkeen op sy eie roete.
- Die hommeltuig word met drie batterye voorsien, wat elk vir 1 000 siklusse gewaarborg word. Die vinnige herlaaier wat deel van die pakket vorm, kan ’n battery binne slegs tien minute vol laai. Die herlaaier gebruik egter baie krag binne ’n kort tyd en moet verkieslik saam met ’n geskikte kragopwekker ingespan word.
Beskikbare pakkette
Daar is tans drie pakkette binne die DJI T30 Agras Agricultural Drone-reeks by NWK Meganisasie beskikbaar:
PAKKET 1
Pakket 1 bestaan uit die basiese pakket, wat drie batterye, ’n vinnige herlaaier, strooier-apparaat, die hommeltuig self, asook ’n bykomende afstandbeheerbattery, aluminiumbattery en hommeltuigkaste, insluit.
PAKKET 2
Hierdie pakket bevat alles van pakket 1, asook ’n dieselkragopwekker waarmee die vinnige laaivermoë van die laaier benut kan word.
PAKKET 3
Bykomend bevat pakket 3 ’n RTK-basisstasie en driepootstaander. Dit is ideaal vir enige tipe boombespuitings, soos pekanneute of sitrusbome, waar dit uiters belangrik is om tussen die boorde te kan vlieg of om bo elke boom te stop en in die kroon van die boom te spuit.
Betrokke wetgewing
Eerstens moet ’n onderskeid getref word tussen privaat en kommersiële gebruik.
’n Boerdery funksioneer as ’n kommersiële entiteit en moet volgens wet die nodige registrasies ondergaan. Dit behels dat die hommeltuig-operateur ’n afstandbeheerder-sertifikaat moet bekom.
Verder moet die boerdery ook ’n operateursertifikaat bekom óf deur ’n maatskappy werk wat reeds een het. Hou in gedagte dat jy slegs kwalifiseer vir professionele en derdeparty-aanspreeklikheidsdekking indien jy ’n wettige operateursertifikaat besit.
Hommeltuigbespuitings moet volgens die gifstowwe se etiket vir lugbespuitings gedoen word, wat normaalweg 30 liter mengsel per hektaar aanbeveel.
Gaan só te werk
Daar is verskeie betalings en finansieringspakkette beskikbaar vir produsente wat ’n hommeltuig wil aanskaf. Klante kan by enige van NWK se agt Meganisasie-bedryfspunte in Noordwes en ook dié in die Vrystaat navraag doen.
NAVRAE
Skakel NWK Meganisasie by 018 633 1271 of stuur ’n e-pos aan johanjvr@nwk.co.za.