• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Sy pluk die vrugte van harde werk

25 Jul 2023
in Dinamiese vennoot
Sy pluk die vrugte van harde werk

Marthina Wessels

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Jaag jou drome na deur elke dag die beste in jou werk en vir jou kliënte te doen. Wees altyd opreg en eerlik, en hanteer hulle met respek sodat jy onmisbaar vir hulle word. Dit is die raad van Marthina Wessels (53), wat onlangs tot finansieringskonsultant by NWK se Finansie­ringsdepartement bevorder is. Sy is slegs die tweede vrou ooit om hierdie posisie by NWK te beklee en die eerste een in bykans twaalf jaar.

Pas klaar met matriek, het Marthina in 1989 by die Departement van Gesondheid se verkrygingsadministrasie in Pretoria begin werk. Sy het in 1992 teruggekeer na Lichtenburg, waar sy by verskeie prokureursfirmas as invorderingstikster gewerk het.

Marthina het op 4 Februarie 2008 by NWK se versekeringsafdeling begin werk en het in 2009 by Finansiering as assistent-kredietkontroleur aangesluit. Haar werk het behels dat sy kliënte se limiete moes bestuur en alle administrasie en navrae moes hanteer. Sy het ook opdrag gegee vir die registrasie van verbande, opstel van borgdokumente, en dit later op die stelsels ingelees en sekuriteitskaste bygehou.

In 2013 het Hans Rothman, ’n finansieringskonsultant wat meer as drie dekades by NWK werksaam was, Marthina onder sy vlerk geneem. Sy het nog altyd meer gedoen as wat haar posbeskrywing van haar vereis. Hoewel sy toe net ’n finansieringsanalis was, het sy reeds die werk van finansierings­konsultant ook begin verrig, wat behels het dat sy moes bepaal of ’n kliënt meer sekuriteit benodig en of sy surplus voldoende is. “Ek hou daarvan om meer te leer en nie net te doen wat ek weet nie,” verduidelik sy.

Met Hans se aftrede is sy pos geadverteer en Marthina se aansoek was suksesvol. Sy geniet dit om nou op ’n daaglikse basis met kliënte op ’n persoonlike vlak te kan skakel. “Jy leer ’n ander kant van hulle ken as net die professionele…”

Sy weet nie waarom so min vroue tot dusver hierdie posisie by NWK beklee het nie. “Dalk het hulle bloot nie die ambisie gehad nie.” Sy vind nie dat haar manlike kollegas of produsente dit ’n moeilike omgewing maak om in te werk nie.

Marthina is ’n gesoute rolbalspeler. Die gogga het haar in 2012 gebyt en as lid van Lafarge se rolbalklub, neem sy gereeld aan toernooie deel. Sy is ook “verslaaf” aan hekel en lief vir tuinmaak.

Heinrich Krüger, voorsitter van NWK se direksie en ’n kliënt van Marthina, beskryf haar as baie lojaal en pligsgetrou. “Sy ken haar werk en vat nie kortpaaie nie. Sy doen die regte ding. Sy bly binne die beleid wat neergelê is, ongeag die kliënt se status of posisie.”

Hy het bygevoeg dat sy haar werk vinnig en met groot presisie doen. “Sy gee altyd spoedige terugvoer ná enige navrae ontvang is. Haar handel, wandel en werkswyse verdien respek en sy hoef dit nie af te dwing nie.”

Nóg ’n direksielid en kliënt van Marthina, Christo van Niekerk, praat met groot lof van haar. “Dit wat jy haar vra, word onmiddellik gedoen of is rééds gedoen. Wat haar geskik maak vir dié pos, is die feit dat sy deeglik en toegewyd is en take tydig afhandel.”

Christo sê sy het ’n baie gemaklike verhouding met produsente. “Sy respek­teer elkeen en word gerespekteer.” Hy meen dat die dissipline wat sy as sportvrou openbaar, haar ook in die werksplek help. “Niks is ooit vir haar te veel moeite nie.

Tags: Jul/Aug 2023
Previous Post

Tegnologiese ontwikkeling moet versigtig hanteer word

Next Post

NWK Beherend-groep verbeter eie winsrekord


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In