• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jun 18, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Tegnologiese ontwikkeling moet versigtig hanteer word

Arno Janse van Vuuren

25 Jul 2023
in Tegniek
Arno Janse van Vuuren
Share on Facebook

Bestaande tegnologie ontwikkel deesdae teen ’n blitsvinnige pas. Die omvang van hierdie uitbreiding van kennis is verstommend en dit is bykans ondenkbaar waar ons vlak van kennis oor ’n paar jaar gaan wees – byvoorbeeld van slegs enkele jare gelede se opspraakwekkende maanlandings tot die beoogde vestiging van menslike bevolkings op Mars.

In die landbousektor het die vordering wat met geneties-gemanipuleerde organismes (GMO’s) gemaak is vir groot treë in die kostedoeltreffende produksie van verskeie gewasse gesorg. Dis ook in die mediese wêreld doeltreffend geïmplementeer. Uiteraard was en is daar steeds weerstand teen hierdie nou gevestigde praktyk, en dit spruit hoofsaaklik voort uit die feit dat die man op straat nie noodwendig veel sê het oor hoe die tegnologie in die praktyk aanvaar is nie.

’n Effens nuwer tegnologiese ontwikkeling in genetiese navorsing is Crispr. Hierdie tegniek maak die permanente redigering van genome met die hulp van die Crispr/Cas9-stelsel moontlik. Daar is uiteraard heelwat kommer oor hoe hierdie kragtige stuk gereedskap gebruik kan/moet word. Navorsers in Amerika het reeds hierdie metode gebruik om menslike embrio’s te redigeer. Mense se eerste reaksie is dat die navorsers hulle besig hou met dinge waaraan die mens nie moet karring nie.

Wat dit egter opwindend maak, is dat die DNS van lewende selle gewysig kan word om ’n organisme te skep waarvan die DNS-samestelling gedeeltelik of heeltemal ver­ander is sodat die organisme se nageslag die “nuwe” genetika permanent sal besit.

’n Navorsingspan onder leiding van Junjiu Huang van die Sun Yat-sen Universiteit in Guangzhou, China, het onlangs daarin geslaag om basis DNS-pare te redigeer sonder om die DNS-string te sny. Die tegniek kan guanien (“G”) na adenien (“A”), en sitosien (“C”) na tiamien (“T”) omskakel.

Die Chinese het ’n redelik algemene resessiewe bloeddefek (ß-talassemie), wat met ernstige of fatale bloedarmoede geassosieer word. Deur guanien om te skakel na adenien, kan die siekte moontlik permanent verwyder word. Die deurbraak hou heelwat opwindende toepassings in, maar die morele vraag bly steeds staan: Gaan dit nou moontlik wees om “ontwerperbabas” op voorskrif van die ouers te verwek? In hierdie stadium is die meeste lande se wetgewing redelik streng oor hoe die tegnologie aangewend mag word en navorsings­projekte word streng gekontroleer – veral waar die mens ter sprake is.

Na beraming beland soveel as 40% van alle vars voedsel­produkte, soos groente en vrugte, op die ashoop. Daar is ’n aantal redes hiervoor, maar die vernaamste oorsaak is dat dit sleg word weens oksidasie wat ’n verbruining van die produk veroorsaak. In die geval van avokado’s is die verbruining relatief vinnig en gee dit aanleiding tot ’n produk wat nie meer aantreklik vertoon nie – ná slegs enkele ure se blootstelling aan suurstof.

’n Groep biotegnoloë van die maatskappy GreenVenus het onlangs daarin geslaag om die geen wat tot hierdie verbrui­ningsproses in avokado’s aanleiding gee, “af te skakel” deur die Crispr-tegniek te gebruik. Die vrugte se rakleeftyd word hierdeur heelwat verleng en verskeie nuwe teellyne, wat weerstand teen verbruining bied, is nou in die vooruitsig.

’n Soortgelyke deurbraak is nou ook deur ChileBio gemaak, waar die rakleeftyd van piesangs, wat ’n soortgelyke verbruiningsprobleem as avokado’s het, merkbaar verleng kan word. Die voordele hiervan is voor die hand liggend vir beide die produsent en die verbruiker.

Crispr-tegnologie is reeds ’n groot bedryf en dit geniet wêreldwyd aandag, met groot bedrae wat belê word om die onderskeie ontwikkelings te ondersteun. Daar is met reg ’n aantal morele kwessies wat die meeste mense bekommer, maar net soos wat almal mettertyd meer gemaklik geraak het met die GMO-kwessie, kan hierdie tegnologie ook ’n groot bydrae lewer om voedselsekerheid en moontlik ook die hantering van sekere ernstige siektes aan te spreek. Kan ons dit met die nodige verantwoordelikheid hanteer? Die tyd sal leer.

Tags: Jul/Aug 2023
Previous Post

Landbou vandag

Next Post

Sy pluk die vrugte van harde werk


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In